Kuier

Gesondheid: Hulp vir grootmense wa t die bed natmaak

Bewaar jy ook die geheim dat jy in die kooi piepie? Tot hier toe en nie verder nie. DEUR MARTELI BREWIS

-

Baie mense dink dis net klein kinders of bejaardes wat die bed natmaak, maar jy kan op enige ouderdom met die probleem sit en dan kan dit verreikend­e gevolge hê. Dis veral moeilik vir volwassene­s, want dit kan jou selfbeeld knou en tot baie ongemaklik­e sosiale situasies lei. Dis egter iets waaroor niemand wil praat nie en só sukkel derduisend­e mense in sopnat stilte omdat hulle te skaam is om hulp te kry.

Maar dis nie jou skuld nie. Onwillekeu­rige urinering tydens slaap of nagtelike enurese kan veroorsaak word deur ’n mediese toestand, estand, medisyne of ’ n probleem met jou blaas. Ongeveer 1- 2% van die bevolking sukkel hiermee, sê dr. Margaret Fockema, president van Continence Associatio­n of South Africa (CASA) en werksaam by die Pelvic and Urotherapy Institute in Johannesbu­rg. Dit klink dalk nie soos baie nie, maar dit beteken een uit elke 50 mense!

En Jodene Vermaak* (55) van Parow buite Kaapstad is een van hulle. “Ek het ’ n geheim. Ek is onlangs eers gepotty-train,” vertel sy. JodJodene het van kleins af met bednatmabe­dnatmaak gesukkel, maar nooit vir iemiemand vertel nie, selfs nie eens haar man nnie. Sy het saans haar alarm gestel en nadat hy gaan slaap het, het sy vir haar ’n volwasse doek aangetrek, wat sy weer vroeg soggens uitgetrek het. Sy was so skaam en oor haar toestand dat sy te bang was om weg te gaan met vakansie of by mense oor te slaap. Sy was altyd bang sy ruik na uriene of dat iemand gaan uitvind van haar geheim. Dit het haar hele lewe beïnvloed.

“Bedags het ek sommer uit die bloute begin bloos net vir die wete dat ek nog in die kooi piepie,” erken sy. Vir jare het sy die vrymoedigh­eid probeer opbou om met haar huisdokter daaroor te gesels, maar kon nooit die guts kry nie. Uiteindeli­k, op haar 40ste verjaardag het sy besluit tot hier toe en nie verder nie. Die dokter het vir Jodene verduideli­k daar is probleme met haar anti-diuretiese hormoonafs­keiding en daarom maak sy saans te veel uriene.

MEDIKASIE HELP

Jodene gebruik nou medikasie vir haar toestand en is uiteindeli­k, in haar eie woorde, “gepotty-train.”

Daar is verskeie oorsake van bednatmaak wanneer dit kom by volwassene­s. Eerstens is dit belangrik om vas te stel of die probleem al in jou kinderdae ontstaan het en of dit ’n nuwe verskynsel is. As dit jou al van kindsbeen af pla (primêre enurese), kan dit ’n ooraktiewe blaas wees, oorproduks­ie van urien snags, of jy word w nie wakker van die sensasie van ’n vol blaas nie. Baie gevalle van volwasse vo bednatmaak, val in hierdie kategorie. ka

Ongeveer 20% van vroue en 50% mans man het al sedert kinderdae die probleem. prob Dit is ook oorerflik. As beide jou ouers daarmee sukkel, is

daar 77% kans dat jy dit by hulle gaan erf. As net een ouer die probleem het, is jou kanse 44% en as geen ouer dit het nie, is jou kanse 15% om dit te kry. Afhangende van die oorsaak, is dit moontlik om dit te ontgroei.

Om ’ n bednatmaak-probleem te diagnoseer, kyk dokters na die pasiënt se algehele gesondheid en of daar niks anders fout is nie, verduideli­k Margaret. As daar geen ander probleme is nie, word jy geklassifi­seer met primêre enurese. Dit is wanneer jy lewenslank nog nooit vir ses maande of langer “droog” geslaap het nie. Daar is gewoonlik drie hoofoorsak­e hiervoor.

Eerstens kan dit ’ n ooraktiewe blaas wees. Jou blaas is soos ’n ballon wat opblaas. Soos wat hy rek, kry jy ’ n gevoel van ’ n voller en voller blaas, totdat jy dringend toilet toe moet gaan. Op die toilet skakel jou brein jou blaas aan, jou blaas trek saam, jou knypspiere ontspan en jy piepie. As jy ’n ooraktiewe blaas het, trek jou blaas saam terwyl dit nog in die volwordpro­ses is, in plaas van om net te ontspan en te rek. Dis nie meer ’ n opdrag van jou brein nie, maar jou blaas wat sommer net vanself (en onnodig) saamtrek. As jou knypspiere nie sterk genoeg is nie, sal jy dalk jouself natmaak. Dis tipies daardie mense wat kort-kort moet gaan piepie omdat hulle ’ n ooraktiewe blaas met ’n klein kapasiteit het.

’n Tweede oorsaak is probleme met jou anti-diuretiese hormoonafs­keiding. Hierdie hormoon word gewoonlik snags afgeskei deur jou brein en stimuleer jou niere om vog terug te hou. Volgens Margaret is jy veronderst­el om ’ n kwart van jou uriene snags te maak, die res in die dag. As jy nie genoeg van hierdie hormoon afskei nie of jou niere is nie gevoelig genoeg daarvoor nie, kan dit probleme veroorsaak. As jy nie genoeg van die hormoon produseer nie gaan jy te veel urien in die nag maak. Dit is veral ’ n oorsaak van bednatmaak by kinders en meeste ontgroei hierdie probleem. Met ouer pasiënte kan hierdie weereens ’ n probleem begin raak. As jou blaas te veel urien snags maak en jy nie wakker word van daardie dringende sensasie om te pee nie, gaan jy ’ n glipsie hê.

Derdens is daar ’ n funksie of sentrum in jou brein wat veronderst­el is om jou wakker te maak wanneer jou blaas vol is. As dit nie werk nie en jy nie daardie impuls van jou brein ontvang nie, kan jy ook onbewustel­ik natmaak. Weereens is dit iets wat kinders gewoonlik uiteindeli­k ontgroei.

As dit jou eers onlangs begin teister het (sekondêre enurese), is dit baie belangrik om jou dokter te besoek om die oorsaak vas te stel, veral as dit een of meer keer per maand gebeur. Dit kan moontlik ’n urienweg-infeksie, blaasstene, veranderin­g in medikasie (veral angstighei­d en depressie), diabetes, slaapapnee of ’ n ander onderligge­nde toestand wees. By ouer mans kan prostaatpr­obleme lei tot ’ n probleem. Meeste van hierdie oorsake kan egter maklik behandel word, so daar is regtig nie meer ’ n rede om alleen en vir ewig met nattigheid te sukkel nie, meen Margaret.

STAPPE OM JOU BLAAS SNAGS TE HELP

Dit gaan nie noodwendig heeltemal genees word of weggaan nie, maar daar is beslis maniere om dit te behandel, beter te maak en nagtelike natheid geheel en al te vermy.

Oor die algemeen moet kinders op ongeveer die ouderdom van vyf droog deur die nag te slaap, meen Margaret. As jou kind steeds gereelde glipsies het, is dit beter dat hulle behandel word deur dieet-veranderin­ge, blaasoefen­inge vir beter blaasbehee­r, genoegsame vloeistofi­nname te verseker (as jy bedags te min vloeistof inneem, maak dit jou anti-diuretiese hormone deurmekaar), medikasie vir ’n ooraktiewe blaas. Meeste oorsake kan baie doeltreffe­nd behandel word en hoe gouer hoe beter.

Besoek jou dokter as jy sukkel met jou blaas. Volgens Sebrena Sodalay, konsultant van Tena (vervaardig­er van produkte en dienste wat die impak van inkontinen­sie verminder), is daar ’n paar dinge wat jy self kan doen:

1.Sommige vloeistoww­e soos alkohol, gaskoeldra­nk, kafeïen-drankies en enigiets met baie suiker irriteer jou blaas. Water is altyd die beste.

2.Dit is moontlik om jou blaas te leer om minder ooraktief te wees. Dit is om langer te knyp voordat jy toilet toe gaan. Dit kan jou blaas versterk en die kapasiteit daarvan vergroot. Moet egter nie vir ure lank knyp nie.

3.Spanning kan ook tot blaasswakh­eid saans lei. Vind maniere om te ontspan en die spanning in jou lewe te verminder.

4.Moenie enige vloeistoww­e inneem twee ure voor bedtyd nie. Moenie minder vloeistoww­e inneem nie, versprei dit net meer egalig deur die dag.

5.Jy hoef nie meer met ’ n groot, ongemaklik­e, onooglike doek te gaan slaap nie. Daar is deesdae produkte vir dag en nag om jou te ondersteun en droog te hou.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa