Kuier

Leuenverkl­ikker: Weet só wa nneer iemand vir jou jok

Van klein liegstorie­s kom groot moeilikhei­d. Het jy al ooit gewens jy het maar net geweet toe iemand vir jou gelieg het? DEUR TARREN-LEE HABELGAARN

-

Almal het al minstens een keer in hul lewens ’n leuen of witleuentj­ie vertel. As dit niemand skade doen nie, is dit mos oukei of hoe? Ongelukkig is dit nie so eenvoudig nie. Volgens kenners jok mense tussen 10 en 200 keer ’ n dag. Sommige leuens is onskuldig terwyl ander opsetlik gedoen word. Dit kan wees omdat jy iets wil wegsteek, omdat jy in die moeilikhei­d is of iemand anders wil seermaak, of ander tye is dit om mense te beskerm. Volgens Hanrie Hart, ’n Kaapse lyftaalken­ner, kan die rede waarom mense leuens vertel, baie kompleks wees en daarom is dit nie altyd maklik om te weet wanneer iemand vir jou jok nie. Sy sê opgeleide spesialist­e kyk na patrone in taal en liggaamsta­al om te bepaal wanneer iemand jok. Palms wat sweet, ’n vinnige hartklop en selfs vinnig praat, kan tekens wees dat iemand vir jou lieg. Sy voeg by dat wanneer iemand te veel detail gebruik of ’n storie in ’ n streng chronologi­ese volgorde vertel, dit ook moontlike tekens is dat iemand lieg. Pouses ná sinne wat te lank is en ’ n sin wat onvoltooid gelaat word, kan ook tekens wees om voor uit te kyk.

LIEG AL VAN KLEINS AF

Niel Victor, ’n kliniese sielkundig­e van Kaapstad, sê om te jok is iets wat ons blykbaar doen vandat ons ’n paar weke oud is. “Dink maar aan die baba wat huil en kyk of iemand sien voor hy of sy weer aan die huil gaan. Teen die tyd dat ons volwassene­s is, het ons meestal tot goeie leuenaars gegroei. Om te jok is dan ook om mens te wees. wees Dink maar aan die stories wat mense oor hul verlede vertel, die goeie storievert­eller is die een wat draadjies kan toevoeg en tog by die kern van die waarheid bly.”

Niel voeg ook by dat dit soms duideliker is as ander kere, maar in baie gevalle weet jy sommer dadelik wanneer iemand vir jou lieg.

Hy sê ’ n voorbeeld daarvan is wanneer jou kind stout was en sy kyk jou op so ’ n diep manier aan en sê nee dit was nie ek nie.

“Al is verskeie tegnologie al ontwikkel om te probeer om op te tel of iemand leuens vertel , die metaal-leuenverkl­ikker om maar een te noem, vind ons tog dat hoogopgele­ide profession­ale mense beter resultate toon as hulle byvoorbeel­d met ‘ n verdagte ‘ n onderhoud voer as die tegnologie.”

Hy sê leuens kan ’ n verhouding ernstig opmors en sodra daardie vertroue gebreek is, is dit moeilik om die verhouding weer op te bou. Dink net aan ’ n man of vrou wat hul maat verneuk. Niel meen dit is moeilik om ooit weer vertroue terug te kry, al vergewe jy die persoon.

Hanri sê wanneer dit by ’ n witleuentj­ie kom, is daar sommige leuens wat meer skade aanrig as ander. Elke persoon se waardes en persoonlik­heid verskil en dit sal ook bepaal of dit vir hulle toelaatbaa­r is en of hulle daardie leuen sal vergewe of nie. Elke leuen, al dink jy dit is slegs ’n witleuentj­ie, hang ook af van die konteks.

Hanrie verduideli­k as jy vir iemand ’n witleuentj­ie vertel soos om te sê hulle lyk mooi in ’ n kledingstu­k wanneer hulle eintlik glad nie goed lyk nie, mag jy dalk in daardie oomblik hul gevoelens spaar. Maar dit kan hulle dalk later seermaak, wanneer ander hulle terg.

Dit is presies wat gereeld met Ursula Johannes (32), van Blackheath buite Kaapstad gebeur het toe haar man vir haar sê sy goed lyk in sekere klere en sy dit werk toe gedra het. By die werk het mense egter agter haar rug gelag oor hoe sy gelyk het.

“Ek dink nie hy het eintlik gelieg omdat hy weet ek baie selfbewus is en hy wou hê dat ek goed oor myself moes voel. Maar as ek nou daaraan terugdink, sou dit beter vir my gewees het as hy my in daardie oomblik laat sleg voel het en ek dan onmiddelli­k later oukei daarmee sou wees,” sê sy.

WITLEUENS

Hanrie sê mense volg ook dié benadering om nie ongeskik voor te kom as hulle ’n onwelkome geskenk kry, om ’n siek of hartseer vriendin te motiveer wanneer hulle chemo kry soos deur te sê “Jy lyk baie goed met jou hare so kort na chemo” of om ‘n kind se onskuld te beskerm as hulle nie geld het vir Kersgesken­ke nie.

Maar, waarsku Hanrie, dit kan gevaarlik word as jy dalk nog moet jok om die witleuentj­ie te beskerm. Jy mag dalk iemand byvoorbeel­d aanmoedig om weer dieselfde aaklige gereg te kook.

“Ons jok om beter te voel oor onsself, om beheer te neem van situasies, om ons lewens makliker te maak of om ‘n situasie te verander sodat vir ons aanvaarbaa­r kan wees. Om iemand te stop om leuens te vertel, is daar net een uitweg. Konfrontee­r die leuenaar. En verduideli­k dat leuens vertroue verbreek. Vertroue vat so lank om herstel te word,” sê Hanrie.

DOEN GROOT SKADE

Soms kan jy ook nooit weer daardie vertroue terugkry nie, soos Gavin Hendricks* (36) van Somerset-Wes, op die harde manier moes leer.

Toe hy vir’n pos aansoek gedoen het, was een van die vereistes dat hy moes Excel en Powerpoint kon gebruik. Hy het nie gedink dat hy dit baie sou nodig kry nie en het in sy onderhoud daaroor gejok.

Hy het die pos gekry en vir ’n tydjie het hy dit glad nie nodig gekry nie. Totdat hy eendag gevra is sonder voorbereid­ing ’ n voorleggin­g vir ’ n baie belangrike kliënt moes doen.

““Nadat het ek geweet my baas hulle sou wou weet hoekom ek gejok het en het ek die volgende dag in siek gebel. Ek het sommer vir ’ n paar dae weg gebly en ’ n doktersvri­end gevra vir ’n siek nota. In daardie tyd het ek gou uitgevind hoe om Powerpoint en Excel te gebruik, sodat wanneer ek weer op kantoor kom ek vir my baas kan wys dat ek wel kennis het. Maar toe ek teruggaan was dit reeds te laat en dit het ons verhouding baie skade aangedoen.”

Wanneer dit by liggaamsta­al kom, kan dit meer ingewikkel­d wees as met taal. Hanrie sê die meeste van ons dink iemand jok as hulle nie oogkontak maak nie of rondskuif.

“Goeie leuenaars, inteendeel, gebruik juis oormatige oogkontak en hulle vries hul bors en nek. Hulle is so ingesteld op die boonste deel van hulle liggaam dat hulle vergeet van die res. Hulle mag dalk rondvroete­l met hul hande, hul voete skuif na die uitgang en hul stem dieper maak. Dis nie te sê dat dit dui op leuens nie, maar dit kan belangrik wees as dit ‘ n patroon vorm,“verduideli­k sy.

Gilan Gork, ’ n mentalist en skrywer, sê om jouself te kry om op te hou jok moet jy bewus raak van jou fisiese simptome. Dit sluit in die vou van jou arms, jou hart wat vinnger begin klop en jou liggaam wat jy dalk wegdraai.

Hy sê daar is ook maniere om te bepaal wanneer iemand anders ook vir jou jok. Maar hy waarsku wel dat net omdat iemand hierdie dinge doen wanneer hulle met jou gesels, beteken nie dat almal vir jou lieg nie. Elke situasie is anders en jy moet dit net gebruik om bewus te wees van die moontlikhe­id dat iemand dalk jok as daar rede is vir jou om so te dink.

Volgens Gilan is handpalms wat opkyk ’ n teken van openlikhei­d, opregtheid en eerlikheid. As iemand hul palms versteek, kan dit dalk ’ n aanduiding van oneerlik of ongemak wees.

“Die oë is ook ’ n belangrike liggaamsde­el. As iemand hul oë krap of bedek kan dit aandui op die ander persoon se ongemaklik­e sielkundig­e toestand wat verband hou met bedrog. Oormatige knipoog is ’ n ander teken om voor uit te kyk en kan aandui dat ’n persoon valse inligting met jou deel,” sê hy.

“Wanneer iemand hul mond met ’n vinger of die hele hand bedek terwyl jy met hulle praat, is dit een van die algemene gebare wat aandui dat iemand nie gemaklik is met wat hulle sê nie. Ons sien dit eers by kinders wanneer hulle lieg en hul hande gebruik om hul mond te bedek.”

“Net omdat iemand een van hierdie gebare gebruik wanneer hulle met iemand anders praat beteken nie hulle lieg nie. As iemand hul neus krap terwyl hulle met jou gesels, kan dit wel wees dat hulle neus net jeuk. So as jy wil seker maak of iemand vir jou lieg moet jy op die uitkyk wees vir minstens twee van die tekens in ’ n tydperk van vyf sekondes,” sê hy.

Maar wat jy ook al doen, onthou leuens kom een of ander tyd uit. *Skuilnaam

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa