Kuier

Dr. Genine

Soek jy raad oor ’n mediese probleem?

-

BLOED IN STOELGANG My man pou bloed. Wat kan dit wees, asseblief. BEKOMMERD BESTE BEKOMMERD Wanneer ’ n mens bloed met jou stoelgang passeer, kan die bloeding van enige gedeelte van die spysverter­ingskanaal ontstaan. Die kleur van die bloed kan min of meer aandui waar dit ontstaan, en sodoende ook na die moontlike oorsaak. Helderrooi of maroen gekleurde bloed in die stoelgang kom gewoonlik van die onderste gedeelte van die spysverter­ingskanaal (die anus, rektum, dikderm (kolon) of dunderm). Swart of teeragtige stoelgang is gewoonlik afkomstig van die boonste gedeelte van die spysverter­ingskanaal (slukderm, maag of dunderm).

LET WEL: Sekere groente soos beet of tamaties kan tydelike rooi stoelgang veroorsaak, en ysterpille, bismuth medisyne of bloubessie­s tydelike swart stoelgange veroorsaak.

Dis ook belangrik om te weet hoe lank en hoeveel bloed in die stoelgang is, en of dit gepaard gaan met ander simptome soos: maagpyn, sooibrand, braking (opgooi), hardlywigh­eid, diarree (los maagwerk), swakheid, kortasem, gewigsverl­ies en slym in die stoelgang. Wanneer u baie bloed in n kort tydperk verloor, kan dit n mediese noodgeval word wanneer u simptome van skok en bloedarm (anemie) ontwikkel – so raadpleeg dadelik u dokter of gaan na n hospitaal vir onmiddelik­e ondersoek en behandelin­g.

OORSAKE: Aambeie, ’ n skeur in die anale area, ’ n vreemde voorwerp in die anus / rektum, divertikul­itis, inflammato­riese siektes (Chron’s en Ulseratiew­e Kolitis), poliepe en kanker van die dikderm (kolon). Bloedvate in die anus/rektum is deel van die normale anatomie van die liggaam. Wanneer dit problemati­es raak deur te swel, jeuk of bloei, word dit aambeie genoem. Die swelling word veroorsaak deur drukking in die bloedvate en verskillen­de redes soos bv. hardlywigh­eid of diarree, swangerska­p, oorgewigth­eid, vorige operasies aan die rektum/anus, in ouer mense verswak die weefsels wat die bloedvate ondersteun, anale seksuele omgang, ruggraat beserings of kanker van die dikderm. Aambeie kan ekstern (buite), intern (binne) of afgesak (prolapsed) wees wat self terug in die anus kan gaan of sagkens teruggedru­k kan word.

Divertikul­itis: Divertikul­ose is klein, ballonagti­ge uitstulpin­gs (pouches) in die dikderm, en wanneer dit onsteek, noem ons dit Divertikul­itis. Die simptome sluit in abdominale pyn, koors, diarree of hardlywigh­eid en bloed in die stoelgang. Die gevaar is dat dit ’n abses kan vorm en wanneer dit perforeer kan dit lewensgeva­arlik wees.

Chron’s se siekte is inflammasi­e van die spyverteri­ngskanaal en kan enige plek tussen die mond en anus voorkom. Simptome is abdominale pyn met slymerige diarree, koors, gewigsverl­ies, anamia (bloedare), veluitslag, artritis, inflammasi­e van die oe. Die risiko bestaan van obstruksie of kanker in die dun- of dikderm.

Ulseratiew­e Kolitis: dis inflammasi­e van die voering (lining) van die dikderm (kolon), en kan seertjies / ulkusse vorm. Simptome sluit in; slymerige diarree met rektale bloeding, geen eetlus, koors en moegheid. Soos jy kan aflei, is dit raadsaam om jou dokter of verpleegku­ndige te besoek vir ’ n deeglike gesondheid­sgeskieden­is en ondersoek. Daar is n paar spesiale toetse wat aangevra mag word om die diagnose te bevestig: bloedtoets­e om bv. te bepaal of jy bloedarm is. ’n Gastroskop­ie kan ook gedoen word: dit behels die “sluk” van ’ n baie klein kameratjie wat aan n dun buigbare instrument is – sodoende kan die slukderm, maagwand en eerste gedeelte van die dunderm van nader gesien word. Dis n pynlose prosedure en word met ligte verdowing deur n spesialis gedoen. n Rektale ondersoek kan gedoen ( om aambeie te ondersoek) word en u mag miskien verwys word vir ’ n kolonoskop­ie. Dit behels dieselfde metode as n gastroskop­ie, maar dit word natuurlik vanaf die anus gedoen: dit kan help om die oorsaak van helderrooi bloeding te bepaal, wat in die rektum of dikderm ontstaan.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa