Kuier

Antie Val

Sukkel jy met jou liefdeslew­e? Hier is raad.

-

Bang vir ma Vraag

SEWENTIEN EN SWANGER Ek is 17 en ek weet glad nie hoe om my ma te se dat ek swanger is nie, want sy het gesê sy sal my uitsit. Ek is so bang daarvoor. ANGSTIG

Antwoord BESTE ANGSTIG

My liefie, dit is die einste dinge wat jy moes gedink het voordat jy swanger geword het.Jy trap nou in dieselfde slaggat waarin so baie van ons land se tiener meisiekind­ers trap. Ek hoop en vertrou jy het al by die tyd jou mammie ingelig oor jou swangerska­p, sodat julle die pad kan begin stap. Daar is niks wat niemand nou kan doen nie.

Die koeël is alreeds deur die kerk en jou mammie sal moet aanvaar en jou moet bystaan. As jy nog nie jou mammie gesê het jy is swanger nie, beter jy gou maak en met haar praat.

Daarna sal julle na die kêrel se familie moet gaan om die nuus aan hulle oor te dra. Die kindjie gaan nie net jou en jou families e verantwoor­delikheid wees nie maar ook die

daddy s’n. Ja, jy het ’ n fout gemaak, maak, maar miskien sal jou ogies nou oopgaan om te sien wat jou ma eintlik bedoel het. Partykeer raak die oumas tog so lief vir die kinders, so ek hoop jou familie sal jou bystaan, n, maar jy sal moet jou kant bring. Dis jou kind. Gebruik hierdie situasie as ‘ n leerskool en wees die beste mammie mie vir die kindjie. Hy of sy verdien nie e dit nie net alles van die beste.

Vraag KÊREL IS BAIE ONBESKOF

Antie Val, ek is nou al ’n jaar en 2 maande in ’n ernstige verhouding. My kêrel beledig my om elke hoek en draai en hy sê vir my die lelikste woorde wat my baie diep seermaak. Ek vergewe hom elke keer, maar dit hou net nie op nie. Eks baie lief vir hom en wil hom nie los nie. SEERGEMAAK

Antwoord BESTE SEERGEMAAK

Geen mens kan so loop en beledig word op elke hoek en draai nie. Wat het dan die afgelope tyd verander? Het hy miskien nuwe vriende of wat. Daar is ernstig iets nie pluis nie. Ek weet nou nie hoelank die verbale mishandeli­ng nou al plaasvind nie, maar jy sal hom moet konfrontee­r of daar nie iemand anders in die prentjie is nie. Anders sal julle paadjies moet skei. Verbale mishandeli­ng (deur iemand woordeliks telkens te beledig en te verneder), kan ook lei tot geestelike mishandeli­ng wat jou hele selfbeeld skade gaan berokken. Stop dit voordat dit na fisiese mishandeli­ng oorgaan. Antie weet dit is baie moeilik veral as ‘n mens baie lief is vir iemand. Jy as vrou is so kosbaar om deur ’n mansmens so verneder te word. Sou hy nie wil besef hy het ‘n probleem en is bereid om te wil verander nie, moet jy hom los! Daar is ‘n Engelse spreekwoor­d wat lui: ’’You have to be cruel to be kind’’.

Vraag HOU NIE VAN OU NIE

Hello Antie, daar is ‘n ou en hy bly my foto’s like op Instagram en hy bly my stories kyk en wanneer ek hom sien dan bly hy bloos. Maar die ding is ek hou nie van hom nie. NIE VERLIEF NIE

Antwoord BESTE NIE VERLIEF NIE

Dit kom vir antie amper voor asof jy gestalk word. Jy alleen sal dit kan stopsit skattebol. Anders lyk dit netnou asof jy hou van die aandag. Sommige mense doen net aan ‘ n mens wat ‘ n mens hulle toelaat om te doen.

Daar is sekere ander stappe wat jy ook kan volg, kyk na jou sekuriteit­funksies op die social media platforms en probeer hom blok sodat hy nie jou goed kan sien nie en kommentaar lewer nie.

As jy sy vriende ken, blok hulle ook en maak hulle verstaan jy is nie die maklike soort meisie nie. Hulle moet jou privaathei­d respekteer. Jy sal moet gou en mooi besluit watter kant toe jy gaan met die saak anders gaan dit hand uit ruk. Daar gebeur te veel lelike goed deesdae in ons land, jy sal moet wakker wees.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa