Kuier

KuierCoach

Jy hoef nie jouself af te sloof om jou familie aan die lewe te hou nie. Kry só die regte balans en hou almal gelukkig. DEUR MICHELLE BLOEM

-

Balans gebeur nie sonder goeie beplanning nie.

Voue voel soms dat ons soos magicians te veel balle in die lug moet hou. En as daar een val, word ons soms hewig gekritisee­r, dikwels juis deur ander vroue. Niemand is perfek nie. Die klem is op balans, aangesien ons lewens slegs vlot kan verloop op alle gebiede wanneer daar ewewig tussen die verskillen­de lewensarea­s is. Dit gebeur ook nie vanself sonder goeie beplanning – die wenresep vir sukses – nie.

’n Goeie voorbeeld van ’ n vrou wie se lewe totaal ongebalans­eerd is, is die oorwerkte besigheids­vrou en ma, wat dikwels tussen die twee rolle moes kies en dan noodwendig een van die twee afskeep. Sy beklee ’ n uitdagende hoë pos en het twee klein kindertjie­s by die huis wat baie aandag verg. Die tuisblyma’s van die ander kindertjie­s kritiseer haar en by die werk is daar hewige mededingin­g en onbegrip van die manlike kollegas. Haar verhouding met haar man ly onder haar werklas en dit veroorsaak spanning in die huis. Op die ou end moet sy tussen haar werk en haar gesin kies, en kies sy natuurlik haar man en kinders. Vandag is dit gewoonlik nie ’ n opsie of ’ n ma kan werk of nie omdat gesinne weens die ekonomie twee salarisse en selfs meer deur ekstra werke benodig om kop bo water te hou.

Baie van my kliënte kla oor tydsbestuu­r, want in vandag se gejaagde lewe blyk daar net nie genoeg tyd vir alles te wees wat in ’ n gesonde huishoudin­g moet gebeur nie.

Onaktiwite­ite op ’ n groot kalender aangeteken word vir almal in die gesin om te sien. ’ n Werkende ma kan ook nie alleen al die huiswerk behartig nie.

Selfs klein kindertjie­s kan al geleer word hoe om sekere pligte uit te voer, deur byvoorbeel­d hul kamers netjies te hou, vuil klere in die wasgoedman­djie te gooi en die troeteldie­re te versorg. Al hierdie pligte van alle gesinslede kan ook op hierdie kalender geskryf word, selfs tot op die uur wanneer dinge moet gebeur. Bespreek die regverdige toedeling van huistake tydens die gesinsverg­adering. Daar kan byvoorbeel­d ook ’ n skottelgoe­dwasrooste­r wees, waar elkeen ’n beurt kry om op ’ n sekere dag daarvoor verantwoor­delik te wees.

Leer ook kinders van so vroeg as moontlik om in die kombuis met sekere take te help en te leer kosmaak. Hulle kan ook verantwoor­delikheid aanvaar om hul eie kosblikke elke aand te maak en in te pak. Kos kan ook in groot hoeveelhed­e deur al die gesinslede op ’n naweekdag voorberei en gevries word en laat so meer tyd vir ontspannin­g op weeksaande toe.

’n Groot en onnodige tydvreter is die televisie. Dek eerder gereeld ’ n mooi tafel en eet almal saam. Só word bande gevorm en kan almal saam rustig tyd spandeer en kommunikee­r oor wat die dag gebeur het en wat in hul lewens aangaan. Daar kan ná ete dan ook na die volgende dag se gebeure en take gekyk word op die gesinskale­nder en veranderin­ge kan aangebring word soos nodig.

Prent dit van kleins af by jou kinders in dat huiswerk nie net hul ma se verantwoor­delikheid is nie, maar dat almal as ’ n gesin moet saamwerk sodat ma ook tyd het om ná werk te ontspan en kwaliteitt­yd met haar gesin kan deurbring. Dit is baie belangrik dat ouers ook nie perfeksion­isties moet wees wat die huistake aanbetref nie. Laat kinders hul ouderdomsv­erwante huistake voltooi tot die beste van hul vermoë en laat dit daar.

Dit is belangrike­r om ’ n ontspanne huislike atmosfeer te hê waar almal lekker voel om tyd te spandeer as om ’n blink huis te hê waar almal ongemaklik voel.

Laat jou perfeksion­isme by die werk wat vir jou oorlewing verantwoor­delik is. Ek het ’n plakkaat in my pophuis gehad toe ek klein was wat gelees het:

Wanneer almal in die gesin bydra tot die huishoudin­g, en die tyd vir huistake gestruktur­eerd en geroetinee­rd is met behulp van n beplanning­skalender, is dit merkwaardi­g hoeveel meer tyd saam geniet kan word sonder spanning. Michelle Bloem is ‘n lewensafri­gter. Stuur gerus vir haar ‘n e-pos na michelle@salifecoac­hing.co.za of besoek www.salifecoac­hing.co.za vir meer inligting of om hulp te kry.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa