Kuier

Wat die hart va n vol is

Ons voete dra ons deur so baie dinge, maar ons staan nie altyd stil om dit te waardeer nie. Kom ons begin vandag om ons voete te waardeer. DEUR MELONEY YOUD

-

Ek sit nou en pamperlang my voetjies en dink by myself hoe kosbaar dit vir my is. (Het nie fondse vir pedi’s en mani’s) nie.

So vir my is dit ‘ n groot plesier om my ou voetjies van amper 55 jaar te skrop, skuur, toon naels vyl en lekker te bederf met ‘ n lekker roompie. Naels word geknip, mooi naellak aan , maar ek dink tog hoe hulle my deurgedra het en nog steeds. Van my eerste treetjies, van tone stamp, hakke wat in glase getrap het, bol skop, in bollie trap en net lekker in die klei speel. Vergeet ek ook nog van in dorings trap (oe eina).

Die hele skool jare het hulle my gedra. Die lekker gespeel pouses, en nie op groen grasperke nie, dis harde klippe grond. Weghardloo­p vir gevare of net hol op die atletiek baan of gou hardloop na antie Katy toe vir als blare want pappa is weer vol pyne. Die groot toon nael was al af, want geen respek het vir my voete nie, oral loop en skop.

Haai maar hul hou my nog altyd staande. Wat ‘ n lekker gevoel en somtyds ‘ n skuld gevoel omdat hul soms so afgeskeep word. Hul moet somtyds tevrede wees met sokkies vol aartappels (gate in die sokkies), onpaar sokkies as jy nie gou genoeg die sokkie se maat kan kry nie. Die klein toontjie se nael lyk of iemand dit oornag gesteel het, want daar is net ‘ n stukkie oor (lag my klaar). Hul het jou deur gedra, kerk toe, danse toe, op jou eerste “date”. Lekker gelag as iemand jou voete kielie. Wat ‘ n lekker gevoel. Die voetjies wat saggies insluip as jy te laat in die huis kom. Op die ateliek baan doen hul hul ding, op die netbal veld, soms met tekkies wat druk, maar hulle druk deur.

Moenie praat van die stiletto’s nie, die voete kry seer maar ons hou uit want dis “fashion”. Oe! Die pyn wat hul nie moes verduur nie, veral as jy solank op die hakke moet loop, maar jy wil want dit is die “in ding”.

Hoe waardeer ek nou nie my ou voete nie. Ma het altyd seker gemaak dat jy tussen daai tone was en skrop, want jy weet mos hoe kan som mense se voetjies ruik. Toe jy nog ‘ n baba was, was die mense lief om jou voete te soen, want dit was so sag, maar nou moet som voete maar tevrede wees met daai gebarste hakke, (ag siestog).

Al gedink dat daar voete is wat nooit skoene gedra het nie, maar hulle hou. Maar wag terug by my voete, hul het my tot by die altaar gedra. Hul was ten alle tye teenwoordi­g, as ek nou daaraan dink het hulle niks gemis nie, van kinders se doop, eerste skooldag, katkisasie klasse, sport byeenkomst­e, so kan ek op noem. Alles man alles – hul was daar. Wintervoet­e was erg. Bome klim, afspring soos superman, dan is daar nog die “Big Walks”. Mense wat op jou tone trap.

Dink net hoeveel keer skop ‘ n sokkerspel­er ‘ n bal – daai arme voete hou. So ek waardeer my ou voetjies en pamperlang hulle soveel moontlik. Gesels sommer met hulle en wys jou waardering. Dankie Voete. Ek dink nou net hoe lekker sal dit wees om by Jesus se voete te sit. Watter eer sal dit nie wees nie. Sien voete is belangrik al vat ‘n mens dit so vanselfspr­ekend.

Ek dink sommer nou aan my dierbare ouma, met haar liddorings. Daai voete word eers in ‘ n kom met warm water met sout of koeksoda (kan nie meer onthou nie) gesit. Dan word die liddorings versigtig met die minora “blade” versorg. Al is dit plat voete, lang voete, vet voete, stink voete waardeer dit. Ons vier sommer voete dag vandag.

Gee hulle sommer ‘ n lekker vet soen (lag my klaar) as jy soos ek oor die 50 is, sukkel jy so bietjie om jou voete by jou mond te kry.

Hoeveel keer het hulle by ‘ n oop graf gestaan, langs ‘ n doodskis geloop, by ‘n hospitaal bed gestaan.

Ai, hoe moet hulle die hele “Mall” plat loop van hoek tot kant net vir ons plesier.

Ma het altyd seker gemaak dat jy tussen daai tone was en skrop.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa