Voorblad: Jill Levenberg sp eel Ellen Pakkies in fliek
Die fliek wat gegrond is op die lewe van Ellen Pakkies, ‘n ma van die Kaapse Vlakte wat haar tienerseun vermoor het, maak internasionaal opslae. Dit word op 7 September landwyd in Suid-Afrika uitgereik en Jill Levenberg, wat die titelrol vertolk, hoop dat
Toe die bom in 2007 bars – dat ’n desperate ma van Lavender Hill haar tikverslaafde seun met haar eie hande verwurg het – het die aktrise Jill Levenberg die hartseer verhaal nes vele ander SuidAfrikaners met aandag gevolg.
Sy onthou dat sy onmiddellik met Ellen gesimpatiseer het. “Ek het by haar aanklank gevind want tikverslaafdes, die hele tikstorie, is nie vreemd as jy in die Kaap bly soos ek nie. Tik was nog altyd na aan my.”
Dat sy elf jaar later die rol van Ellen Pakkies in ’ n fliek oor hierdie tragiese gebeure sou speel, kon Jill egter nie in haar wildste drome voorsien nie. Uiteindelik was daar egter soveel toevallighede dat sowel sy as Ellen begin glo het dat sy vir hierdie rol gebore is.
Jill het reeds ’ n paar jaar gelede, toe daar die eerste keer sprake was van ’ n fliek oor Ellen Pakkies se lewe, vir ’ n oudisie gegaan. Groot was haar teleurstelling toe sy hoor dat sy nie ’n rol gekry het nie, maar uiteindelik het daardie fliek nooit nie gerealiseer nie.
HOOFROL HARE
Toe Jill dus twee jaar gelede hoor daar is weer ’ n kans dat dit verfilm gaan word, het sy besluit om weer ’n kans te waag. Hierdie keer was die regisseur Daryne Joshua, in wie se debuutfilm, Noem My Skollie, sy ’n rol vertolk het.
In ’n e-pos aan Daryne het sy verduidelik dat die storie haar baie na aan die hart lê omdat die land so ’n groot dwelmprobleem het. Veral in terme van wat mense op die Kaapse Vlakte deurmaak, sou sy graag deel wou wees van die vertelling daarvan, selfs al is dit net in ’n klein rolletjie.
Toe sy weke later hoor dat sy die rol van Ellen gaan vertolk, het sy huilend op haar knieë dankie gesê. “Ek het nooit gedink dat ek die lead sou speel nie. Daar is soveel wonderlike aktrises in hierdie land,” sê sy asof steeds verwonderd hieroor.
Eers later het dit tot haar deurgedring dat dit deel van ’n groter plan en geen toeval was nie.
“Ek weet dit klink esoteries en hippie-agtig,” sê Jill met haar hande wat op kenmerkende wyse saampraat, “maar nadat ek oor die skok en vreugde gekom en begin navorsing doen het oor Ellen, was ek totaal verbaas oor wat ek uitgevind het.”
Eerstens: Ellen is op 6 Desember gebore, op dieselfde dag as Jill se ouma aan moederskant.
Tweedens: Abie, haar vermoorde seun, is op 27 Augustus gebore. Dis op dieselfde dag as Jill se ma.
“Ek het hoendervleis gekry,” sê Jill sag.
Jill het daarna probeer om vir Ellen in die hande te kry, want die een ding wat sy nie kon uitvind nie, was waar Ellen die eerste jare van haar lewe deurgebring het. Sy het ’ n paar keer gebel, maar daar was geen antwoord nie.
Nadat sy ’ n voice note gestuur het, het hulle kontak gemaak en uit die staanspoor ’ n hond uit ’n bos uit gesels.
Jill het Ellen vertel van die toevallighede met die geboortedatums. “Dit is God,” was Ellen se reaksie hierop.
Toe Jill daarna hoor dat Ellen haar formative years – nes sy – in Kensington deurgebring het, het sy amper omgeval van skok. “Ek het net gesê: ‘Nee, antie Ellen, nee!’”
Boonop het hulle albei in 12de straat gewoon.
ELLEN& SY SOOS SUSTER
“Dit was asof ons susters was,” sê Jill. “Alles het net in plek geval.”
En nie net lyk hulle na mekaar nie, hulle kon ook oor soveel dinge praat.
“Ek kry al weer hoendervleis,” sê Jill en slaan haar arms om haar lyf. “Ons verskil, maar ons het ook soveel in gemeen, soos dat ons albei as kinders gemolesteer is.”
Ellen se kinderdae kom in die fliek uit, maar dis nou die eerste keer wat Jill in ’ n onderhoud daaroor praat. “In die gees van Vrouemaand en van Ellen Pakkies wil ek almal wat gemolesteer is en nog nooit daaroor gepraat het nie, aanmoedig om dit asseblief tog te doen, maak nie saak hoe oud hulle is nie,” smeek sy amper.
“Dis nie jou skuld nie. Jy kán bo dit uitstyg,” benadruk sy. “Jy is nié wat met jou gebeur het nie. Jy is nié jou
storie nie. Jy is nié vuil of ‘ n stukkende mens nie. Jy is heel soos jy is. Dis genesend om daaroor te praat. Ek wil jou bemoedig om genesing te ervaar deur oop te maak.” Terug na die fliek. Hoe was dit om Ellen te speel? “Nerve-wracking. Exciting. Sad. Beautiful,” spel dié gesoute aktrise dit woord vir woord uit. “Daar was só baie emosies.” Sy het in daardie stadium al vele rolprentrolle agter die rug gehad, maar hierdie was haar eerste hoofrol. “Dit was die exciting en beautiful deel. Dit was ook challenging, want ek speel ’ n ouer vrou en iemand wat nog lewe.” Het die feit dat sy self nie getroud is nie en nie kinders het nie, sake bemoeilik? “Nee, wat, ek het al so baie die rol van ’ n ma gespeel,” kom die antwoord sonder huiwering. “In Suidooster speel ek elke dag Mymoena Samsodien, wat drie kinders het. En almal ken my as ’n nurturing person. Mense sê altyd ek sal ’n goeie ma uitmaak.” Jill se vrees dat sy nie aan Ellen justice sou doen nie, het laasgenoemde besweer met: “Jy moenie bang wees nie. Jy kan duidelik sien God is besig hierso. Jy is gebore vir die rol.” Instinktief het Jill geweet dat sy vir die Ellen Pakkies storie nodig het om afstand te kry om haar op die rol voor te berei, dat sy haar van haar vriende en familie moes isoleer. “Die rol het daardie respek verdien. Ek het daai stilte nodig gehad en moes van alle distractions wegkom.”
’n Maand voordat begin 2017 met die skiet van die fliek begin is, het sy Kensington verlaat en in ’n gehuurde tuinwoonstel in Bloubergstrand ingetrek. “Ek moes myself leegmaak van myself sodat ek na Ellen kon begin luister en haar kon begin voel.”
Die meeste mense na aan haar het verstaan. Daar wás diegene wat gedink het sy oordryf, dat sy miskien selfs te dramaties is, vertel Jill. Maar sy het geweet dat hierdie ikoniese storielyn iets groots was wat besig was om met haar te gebeur.
GEE HAARSELF OOR
“Dit was amper asof ek myself in daardie tyd oorgegee het aan die see en die lug,” sê die 40-jarige wat haar hele lewe lank nog op water en die natuur versot is.
Elke dag het sy op die strand gaan hardloop, iets wat sy van kleins af saam met pa Joshua – ‘n bricklayer – gedoen het. “Hy het vir my uithouvermoë geleer deur my baie oggende halfvyf wakker te maak en op die pad te vat om saam met hom te gaan draf.”
Ma Carol het haar weer geleer van menswees en groot droom.
Die verfilming het in Ellen se werklike huis in Lavender Hill plaasgevind. En vir Jill het dit gevoel of die gees van haar seun, Abie, heeltyd teenwoordig was. Sy onthou onverklaarbare gebeure. Een Sondag vroeg het sy en Jarrid
Dwelms is oral erg, maar die Kaapse Vlakte is ’n oorlogsone wat dringend aandag nodig het. Tog is dit asof dit ’n vergete plek op die kaart is. JILL LEVENBERG