Kuier

W-KAAP DIK GETIK

Dit is veral die Wes- en Oos-Kaap wat so deur tik verniel word. En dis veral families en die gemeenskap wat ly.

- DEUR JACKIE PIENAAR-BRINK

Die tikduiwel is besig om sy kloue nóg stewiger in die Wes-Kaap in te slaan.

Trouens, dié provinsie is vervuil van die tik, spel lt.kol. Johan Smit, bevelvoerd­er van die provinsial­e speurdiens: georganise­erde misdaadond­ersoek (narkoties), dit uit.

Nie net die hoeveelhei­d beslaglegg­ings nie, maar ook die grootte van die besendings waarmee sy kantoor te doen het, dui op ’ n toename in die gebruik daarvan, beklemtoon hy. Albei het die afgelope vyf jaar toegeneem.

Vroeër jare was 2 kg tik ’ n groot saak. Deesdae lê sy kantoor beslag op besendings so groot as 52 kg en selfs 80 kg. “Dis groot hoeveelhed­e wat inkom en dit gaan net oor supply en demand.”

Daarmee saam is daar ook ’ n toename in die aantal mense wat vir die besit van tik in hegtenis geneem word. Volgens Smit kom gebruikers oor die hele spektrum voor wat ouderdom betref, met sommige so jonk as 11.

Word net na arrestasie­s gekyk, skat hy dat 17- tot 28-jariges tans die grootste gebruikers is.

Die Kaapse Vlakte is al as ’n tiknes beskryf, maar volgens Smit het hierdie dwelm lank reeds ook sy weg tot middelklas­gebruikers gevind.

Word na dwelmgebru­ik landwyd gekyk, is dit uit data van die Mediese Navorsings­raad (MNR) duidelik dat tik hoofsaakli­k in die Wes- en die Oos-Kaap gewild is.

Byna ’ n derde van alle mense wat in die laaste ses maande van verlede jaar in rehabs in die Wes-Kaap vir dwelmgebru­ik toegelaat is, het aangedui dat tik – oftewel metamfetam­ien – hul primêre dwelm van keuse is.

Die MNR monitor landwyd toelatings tot rehabilita­siesentrum­s deur middel van sy Sacendu-projek. In sy mees onlangse verslag blyk dit dat tik in die laaste ses maande van verlede jaar ’n styging van 27% tot 31% getoon het teenoor die vorige ses maande as die algemeenst­e primêre dwelm onder mense wat in Wes-Kaapse rehabs toegelaat is. Vir die Oos-Kaap was die syfer 20%.

Tik is ’n opkikker wat die brein stimuleer en die hartklop versnel.

Dit laat gebruikers energieker en wakkerder voel, gee hulle meer selfvertro­ue en ’ n verhoogde seksdrang.

Dit lei egter ook tot aggressie, geweld, hart- en breinskade. Psigiaters het reeds hul kommer uitgespree­k oor die toename in skisofreni­e en psigoses onder jong gebruikers. doen alles vir dwelms

DOEN ALLES VIR DWELMS

Soos met ander dwelms, sal tikgebruik­ers nie skroom om te steel of ander misdade te pleeg om voorraad te kry nie.

Wanneer tik in hofsake ter sprake is, getuig die polisie gereeld ter strafversw­aring oor ’n toename in huisbrake en diefstal, terwyl landdroste al meermale uitermate hoë vlakke van geweld tydens ernstige misdade soos moord en verkragtin­g aan die gebruik hiervan toegeskryf het.

Maar eintlik het tik vele aaklige gesigte. Dit word gesien in die hoogs aggressiew­e kind wat sy ouers boelie en in voortduren­de vrees laat lewe, maar ook onder tik-babas wie se derms buite die lyfie ontwikkel; die jong man of vrou met bewings en rukkings omdat hul tikgebruik Parkinson se siekte aangebring het; en onderwyser­s wat hande in die hare sit met ’ n generasie struktuurl­ose tikkinders met ernstige agterstand­e wat in skole op veral die Kaapse Vlakte hul opwagting maak. ’n Skoolhoof in een van die armste gebiede in die Kaap sê kinders wie se ma’s tydens swangerska­p getik het, het nie net gedragspro­bleme nie, maar oor die algemeen ook swakker kognitiewe vaardighed­e as kinders met fetale alkoholsin­droom.

“Dis of hulle meer beperk is en hulle net in ’ n klas kan uitdruk deur ’ n steurnis te veroorsaak.

“Deesdae sukkel kinders selfs in die grondslagf­ase,” sê hy. ’ n Hoë skooluitva­lsyfer onder hierdie kinders word voorspel, en ook dat baie van hulle op ’ n vroeë ouderdom in hul ma se tikvoetspo­re sal volg.

Joanie Fredericks, stigter van die Mitchells Plain Impact Associatio­n – wat spesifiek seksuele geweld teenstaan – sê daar is vir seker geen afname in die gebruik van tik in hulle omgewing nie.

Net die afgelope drie dae, vertel sy, het twee verskillen­de gesinne van Freedom Park in Tafelsig by haar kom hulp vra nadat hul seuns van onderskeid­elik 18 en 17 in albei gevalle die hele huis opgesmash en gesinslede aangerand het.

“Die een meisie se broer het haar amper doodgestee­k terwyl sy geslaap het. Die kinders raak verskrikli­k gewelddadi­g. As hulle nie geld kry vir tik nie of dit nie in die huis kan steel nie, is die hele wêreld deurmekaar.”

Vir haar is die hartseerst­e dat baie verslaafde­s uitroep na hulp.

“Ek was vroeër by rehabilita­sie betrokke en baie het skoongekom. Maar dan kom hulle terug na ’ n gemeenskap waar feitlik geen programme is wat hulle aan die gang kan hou.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa