Kuier

Marokkaans­e pizza

Lewer 2 groot of 4 kleiner pizzas

-

BESTANDDEL­E Vir die pizzabasis­se

2 koppies broodmeel 1 x 10 g kitssuurde­eg 1 teelepel sout 1 teelepel strooisuik­er 1 eetlepel olyfolie 200 ml warm water

Vir die basiese tamatiesou­s

1 x 400 g blik geskilde en gekapte tamaties 1 opgehoopte teelepel gedroogde origanum 1 teelepel sout 2 eetlepels olyfolie

Vir die bolaag

2 eetlepels olie 2 koppies gaar hoender ½ teelepel fyn komyn ¼ teelepel fyn kaneel sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak ½ koppie grofgerasp­erde wortels ongeveer 10 groen olywe, ontpit 1 koppie gerasperde mozzarella-kaas 2 stingeluie, in dun ringetjies gesny (opsioneel)

METHODE Maak eers die pizzabasis­se:

Sif die koekmeelbl­om in ‘ n groot mengbak. Roer die sout, strooisuik­er en suurdeeg by. Maak ‘ n klein dammetjie in die middel, meng die olyfolie met die warm water en voeg by. Meng met ‘ n houtlepel of jou hande en keer die deeg uit op ‘ n meelbestro­oide oppervlak. Knie vir 5 minute of totdat die deeg mooi elasties is. Smeer ‘n skoon bak liggies met olyfolie, plaas die deeg daarin en bedek met kleefplast­iek en ‘ n skoon doek. Laat staan op ‘ n warm plek vir ‘n uur lank totdat dit dubbel in grootte gerys het. Voorverhit die oond tot 240°C. Knie die deeg af en verdeel in 2 (of 4) ewegroot balle. Rol elkeen uit tot jy twee (of vier) baie dun basisse het. Plaas op ‘n meelbestro­oide bakplaat.

Vir die tamatiesou­s: Gooi al die bestanddel­e saam in ‘ n voedselver­werker of verpulp met ‘ n handmenger. Hou in die yskas tot benodig. Plaas die hoender in ‘ n mengbak saam met die komyn, kaneel, sout en peper en skep net genoeg van die tamatiesou­s by om die mengsel bymekaar te bring. Gebruik die res van die tamatiemen­gsel om ‘ n dun lagie op elke pizzabasis te smeer. Verdeel die hoendermen­gsel tussen die pizzabasis­se en versprei mooi egalig. Sprinkel die wortel, olywe en mozzarella bo-op. Plaas in ‘ n voorverhit­te oond van 230⁰C en bak vir 10 – 15 minute. Garneer met die skyfie stingelui.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa