Kuier

Koffieroom­poffertjie­s

Genoeg vir 6

-

BESTANDDEL­E Vir die sous

¼ koppie suiker ½ koppie water 2 x 80g blokke wit sjokolade, in stukkies gebreek 2 eetlepels botter 3 eetlepels room 2 eetlepels sterk koffie

Vir die poffertjie­s

9 eetlepels koekmeelbl­om ‘n knippie sout 4 eetlepels botter koppie sterk koffie 2 eiers, effens geklits

Vir die vulsel

1 koppie room ekstra wit sjokolade, gesmelt

METHODE

Maak eers die sous: Plaas die suiker en water in ‘n kastrol en verhit oor matige hitte totdat die suiker gesmelt is. Bring tot kookpunt en laat vir 3 minute prut. Haal die kastrol van die hitte af en roer die sjokolade en botter by totdat jy ‘n gladde mengsel het. Roer die room en koffie by. Laat afkoel tot kamertempe­ratuur. Maak die poffertjie­s: Sif die koekmeelbl­om en sout saam op ‘n vel bakpapier en hou eenkant. Plaas die botter en koffie saam in ‘n kastrol en bring tot kookpunt. Haal die kastrol van die hitte af en giet die meelmengse­l by. Klop met ‘n houtlepel totdat die mengsel ‘n bal vorm en van die kante van die kastrol loskom. Laat staan vir ongeveer 2 minute om effens af te koel. Voeg die geklitse eiers bietjie vir bietjie by en klop goed na elke byvoeging totdat jy ‘n lekker gladde mengsel het. Skep die mengsel in ‘n spuitsak met ‘n tuit van ongeveer 1 cm en spuit ongeveer 24 poffertjie op ‘n bakplaat wat effens klam gemaak is. Bak vir 20 minute in ‘n voorverhit­te oond van 220⁰C. Gebruik ‘n skerp mes om ‘n snytjie in die kante van elk van die poffertjie­s te maak sodat die stoom kan ontsnap. Plaas op ‘n draadrak en laat afkoel. Klits die room styf en skep in ‘n spuitsak, Spuit die room in elke poffertjie deur die snytjie wat jy in die kante gemaak het. Stapel die poffertjie op mekaar op ‘n mooi bord en bedruip met die sous en die gesmelte sjokolade. Hou ‘n bietjie sous oor en skep in ‘n mooi bakkie vir opdiening.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa