Kuier

Spinasie-en-sampioenqu­iche

Genoeg vir 4 – 6

-

BESTANDDEL­E Vir die kors

1½ koppies koekmeelbl­om ‘n knippie sout 6 eetlepels botter yswater

Vir die vulsel

1 eetlepel botter 1 klein ui, fyngekap 1 x 250 g knopiesamp­ioene, in skyfies gesny 1 koppie gesnipperd­e, vars spinasie 1 klein rooi soetrissie, wit gedeeltes en pitjies verwyder en in repies gesny ½ koppie gerasperde cheddarkaa­s ½ koppie gerasperde mozzarella­kaas sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 4 eiers 1 koppie melk ‘n knippie rooipeper

METHODE

Maak eers die kors: Sif die koekmeelbl­om en sout saam en vryf die botter met jou vingerpunt­e in totdat dit soos growwe mieliemeel lyk. Giet bietjies-bietjies yswater by en meng totdat jy ‘n sagte hanteerbar­e deeg het. Bedek met kleefplast­ief en laat vir 30 minute in die yskas rus. Rol die deeg uit of ‘n meelbestro­oide oppervlak en voer ‘n gesmeerde tert- of quichebord daarmee uit. Plaas bakpapier bo-op die kors en giet keramiekba­kbone of gewone droëbone of rys bo-op. Bak in ‘n voorverhit­te oond van 200⁰C vir 10 miniute. Verwyder die bakpapier en bone en bak oop vir nog 5 – 7 minute. Hou die kors eenkant terwyl jy die vulsel maak: Smelt die botter in ‘n pan oor matige hitte en braai die ui en sampioene daarin totdat die ui sag en deurskynen­d is en die sampioene begin sag raak. Haal van die hitte af. Roer die soetrissie, spinasie en twee kase by, geur met sout en peper na smaak en skep in die voorbereid­e kors. Klits die melk, eiers en rooipeper saam en giet oor die mengsel in die kors. Bak 40 – 45 minute in ‘n voorverhit­te oond van 180⁰C.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa