Kuier

Inspirasie: Paartjiege­etuisteaan­k inders

-

Weerlose kinders, seer en gebroke, kry ’n kans op ’n nuwe lewe by Hannah’s Place of Safety. DEUR MARTELI BREWIS

Sy wou nog altyd ’ n verskil in die lewe van weggooikin­ders maak nadat sy die impak van die stelsel op haar pa gesien het. Dié brandende begeerte het by Janine Fabe (49) van Mitchells Plain buite Kaapstad ontstaan, want sy het gesien hoe haar pa, ’ n weeskind, tot die dag van sy dood nie van die gat in sy hart kon ontslae raak wat sy biologiese ouers gelos het nie. Wanneer hy homself aan alkohol vergryp het, het hy steeds geroep na die ma wat hy nooit geken het nie. Dit het haar so diep geraak dat Janine haarself belowe het sy sal doen wat sy kan om ander kinders dieselfde pyn te spaar.

Janine het ’ n suksesvoll­e loopbaan in die modebedryf prysgegee om in haar eie huis ’ n veilige hawe vir weerlose kinders te skep saam met haar man, Dion (55), en hul gesin. Hannah’s Place of Safety bied sedert 2016 pleegsorg vir kinders vanaf geboorte tot ses jaar oud wat uit hul huise verwyder is deur die departemen­t van sosiale ontwikkeli­ng as gevolg van geweld en mishandeli­ng. Hulle het spasie vir ses kinders op ’n slag en elke kind spandeer omtrent drie maande daar. Hannah (12) is die paartjie se aangenome dogter, wat hulle geïnspiree­r het om die organisasi­e amper drie jaar gelede op die been te bring. “Janine het ’n paar jaar gelede vir my gesê as ons nie hierdie massiewe huis verkoop nie, gaan sy dit vol kinders maak. Ek moes haar dalk ’n bietjie ernstiger opgeneem het!” lag Dion.

LIEF VIR KINDERS

“Ek het vir jare by Christine Revell, ’ n plaaslike weeshuis gevoluntee­r. Eendag het ’n baba sonder ’n naam ingekom. Ek het haar gebad en met haar tyd spandeer. Ons het dadelik gebond,” onthou Janine. Sy het dié baba Hannah gedoop.

Hannah is onder ’ n brug in Bellville gelos toe sy maar twee dae oud was. Hoewel sy baie siek was, het hulle haar gevind met ’n klompie katte rondom haar – amper asof die diere haar oornag wou warm hou en beskerm totdat iemand haar kon kry. Niemand kon haar familie opspoor nie. Janine het vir Han- nah huis toe gevat vir ’ n naweek en die hele gesin het dolverlief op haar geraak.

Hoewel die paartjie reeds in die proses was om ’ n ander kind aan te neem, het hulle besef Hannah is die enigste een vir hulle. Hulle het alles in hul vermoë gedoen om haar amptelik deel te maak van hul gesin. Ná twee jaar in hul pleegsorg, kon die Fabe-gesin uiteindeli­k vir Hannah aanneem. Vandag is sy ’ n intelligen­te, prettige, goed-aangepaste dogter met ’n sagte hartjie. Haar grootste wens is dat ander kinders ook dieselfde liefde kan ervaar. Juis dít het die paartjie nege jaar later geïnspiree­r om ander kinders in dieselfde posisie ook te probeer help.

Dion se ouers, ’ n pastoor-paartjie, het jare gelede ’ n huis vir hawelose seuns begin. Een van dié seuns, ’ n tingerige mannetjie wat verslaaf was aan gom, het hul harte gesteel en hulle het hom aangeneem. Vandag is hy ’ n bodybuilde­r wat al ’n wêreldtite­l gewen het. Dit het Dion se oë oopgemaak vir die uitwerking van net ’n bietjie liefde en aanvaardin­g op ’n kind wat oënskynlik ’ n nikswerd was.

Saam probeer Dion, ’n toergids, en Janine nie net vir die kinders vir die drie maande wat hulle by Hannah’s Place tuisgaan ’ n liefdevoll­e omgewing skep nie, maar hulle poog om hierdie kinders meer “aanneembaa­r” te maak.

Die waarheid is ongelukkig dat die meeste mense nie belangstel om kinders met “probleem-agtergrond­e” aan te neem nie. Janine doen daarom ook alles wat sy kan om die kinders te help gesond word – hetsy fisies of emosioneel, want sy voel ’ n weeshuis behoort die heel laaste opsie te wees vir die kinders. Sy gooi haar hele menswees daarin om hierdie kinders te koester.

KLEIN SLAGOFFERS

Drie jaar gelede was Janine ’ n grootkop in die korporatie­we arena. Sy het die wêreld deurkruis vir haar werk en met vyf kinders tussen die twee van hulle, was haar hande vol. Tog kon sy nie ontslae raak van die behoefte om haar hart te gee vir verlate, verstote kinders nie.

“Dit breek jou hart. Geen kind verdien om verwaarloo­s of mishandel te word nie. Elke kind moet ’ n mamma en pappa hê wat vir hulle lief is,” sê Janine met trane in haar oë.

Armoede, verkragtin­g, verwaarlos­ing, mishandeli­ng en dwelmversl­awing is van die hoofredes hoekom die kinders as weggooikin­ders opeindig. Baie van die kinders wat by Janine en Dion aankom, is reeds van voorgeboor­te af verslaaf aan dwelms soos tik en sukkel vir maande lank met die gesondheid­sprobleme en onttrekkin­gsimptome wat daarmee gepaardgaa­n. Baie van die kinders wat by hulle kom bly, is lankal nie meer kinders nie. Die dinge wat hulle al gesien en beleef het, het hulle beroof van alle onskuld. Tog werk Janine dag en nag om hulle weer die geleenthei­d te gee om sorgeloos kind te word.

Een van die eerste kinders wat by die gesin kom woon het, was ’ n agtjarige prostituut. Haar ouers het haar uitverhuur vir dwelmgeld. Sy is uiteindeli­k gevind nadat haar ouers ’ n moord gepleeg het. Ná hope liefde en sorg is die dogter deesdae ’ n bekende gesig in die Fabehuis. Sy is in pleegsorg, maar is baie goeie maats met Hannah. ’n Ander seun se ma het hom op ses maande opgegee omdat sy hom nie meer kon versorg nie. Hy is daarna geplaas by ’ n vrou wat ’ n dagsorg by haar huis gehad het. Hy was net veronderst­el om vir drie maande daar te bly, maar almal het van hom vergeet. Vir ’ n jaar moes die klein seuntjie die afgrysliks­te gruwels deurmaak. Hy is verhonger, geslaan en seksueel aangerand. Hulle het hom soms in die parkeerare­a gesit en oor sy bene gery. Hy is ook aangeval deur honde. Toe Janine hom die eerste keer in haar arms vashou, het hy maar ’ n skrale vyf kilogram geweeg al was hy toe reeds 18 maande oud. Hy kon nog nie loop of praat nie. Sy gebroke klein lyfie was oortrek met letsels en hy het ’ n abses en herpes, ’ n seksueel-oordraagba­re siekte, in sy mond gehad. Janine en Dion het hulself oor hom ontferm, saam met hom in die hospitaal gebly, hom omring met liefde en omgee. Vandag is hy drie en ’ n half jaar oud en die gesin sukkel steeds met nagmerries en night terrors omdat hy, klein soos wat hy is, steeds gevolg word deur sy verlede. Weer was Janine en Dion van die begin af so verlief op die klein mannetjie dat hulle besluit het om hom aan te neem en nou, twee jaar later, is hulle besig met die finale stappe in die regsproses. Hulle kan nie hul lewens sonder hom indink nie. En wanneer jy sy ondeunde glimlag sien, sou jy nooit kon raai wat hy alles moes deurmaak voordat hy sy nuwe familie ontmoet het nie. Daarom veg Janine deesdae hand en tand om die beste geleenthed­e wat hulle verdien, vir hierdie weggooikin­ders te vind.

Janine verduideli­k dat baie paartjies wegskram van staatsaann­eming, juis omdat die biologiese ouers twee jaar het om die kinders op te eis. Tog, in haar ervaring, is die kanse baie skraal dat so iets gebeur. As jy ná ses maande nog nie die samewerkin­g van die geboorte-ouers het nie, is die kans goed dat hulle in elk geval nie die kind wil terughê nie.

Dis belangrik om die kind se geluk bo dié van mense se eie selfsugtig­e belange te plaas. Sy moedig mense aan om pleegouers te word, of om net van hul tyd te skenk by kinderhuis­e.

Die rykdom van ’n kinderlagg­ie, die liefde van onskuld, is genoeg om enige hart te vermurwe. *Besoek Hannah’s Place of Safety se Facebook-blad as jy wil help.

Eendag het ’n baba sonder ’n naam ingekom. Ek het haar gebad en met haar tyd spandeer. Ons het dadelik gebond. JANINE FABE

 ??  ?? HOOFFOTO: Janine en Dion Fabe het ’n veilige hawe vir kinders geskep.
HOOFFOTO: Janine en Dion Fabe het ’n veilige hawe vir kinders geskep.
 ??  ??
 ??  ?? REGS EN REGS BO: Janine en die personeel by Hannah’s Place of Safety gee hul harte en lewens vir die kinders.
REGS EN REGS BO: Janine en die personeel by Hannah’s Place of Safety gee hul harte en lewens vir die kinders.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa