Kuier

Kay Smith: Arendsvlei­ster geborevird­ieskerm

Drama is haar passie en sy leef om stories te vertel, maar sy moes leer om haar nie te veel aan mense se kritiek te steur nie.

- DEUR TARREN-LEE HABELGAARN

As kind het dit haar nooit baie gepla wanneer sy op haar eie moes speel nie, want sy het al die karakters in die stories wat sy opgemaak het, sommer self vertolk. En dis waar Kay Smith (27) oorspronkl­ik van Maitland, Kaapstad, se liefde vir stories en drama vandaan kom. Kay vertolk tans die rol van Debra in kykNET se telenovela, Arendsvlei.

Julle sal haar dalk ook onthou van die sepie 7de Laan waar sy Errol se meisie, Tarryn, gespeel het en sy was onlangs ook te sien in die trefferfli­ek Ellen, Die El

len Pakkies Storie as Nikita, Abie (Ellen se seun) se vriendin wat hom teen tik probeer waarsku. Sy het op ’ n jong ouderdom agtergekom sy het ’ n natuurlike talent om mense te na-aap en dat sy daarvan hou. Sy het mense in haar gemeenskap en celebs nageaap en almal het gedink dis baie snaaks.

DRAMA KIES HAAR

Maar drama was darem nie al waarin sy belanggest­el het nie. Sy het op skool krieket gespeel en sielkunde gaan swot, maar uiteindeli­k weer haar pad terug na drama gevind. Dis ook daarom dat sy glo die bedryf het haar gekies, omdat sy nooit regtig heeltemal weg daarvan kon beweeg nie. Sy het altyd weer op die een of ander manier haar pad daarheen terug gevind.

Kay is ook nie een van daardie akteurs wat ooit wonder of sy nie dalk ’n ander beroep met ’n vaste inkomste moet oorweeg wanneer die rolle opdroog nie. Daarvoor is die passie vir stories vertel net te groot. Haar gemoedsrus en geluk is ook vir haar belangrike­r as geld. En daardie vrede en geluk kry sy elke keer wanneer sy haarself in ’n nuwe karakter verander vir ’n rol.

Selfs wanneer mense nare aanmer-

kings op sosiale media maak oor haar voorkoms of van haar unieke karakters probeer slegsê, laat sy nie toe dat dit haar passie vir haar werk beïnvloed nie. Maar sy erken tog dit is nie altyd maklik om ongeraak te bly wanneer iemand jou persoonlik aanval nie.

Kay sê sy is eintlik van nature skaam, maar moes vinnig leer om ’n dik vel te hê, sodat sy haar nie te veel aan mense en hul opinies steur nie. Sy moes ook leer dat hul mening nie noodwendig ’n weerspieël­ing van haar of haar talent is nie.

KRITIEK

“My eerste ervaring met kritiek was toe ek die karakter van Tarryn (op 7de Laan) vertolk het. Mense het eers van haar gehou, maar toe word sy die skurk in die verhaal en mense was glad nie gelukkig daaroor nie. Gewoonlik vat ek kritiek met ’n knippie sout, veral as dit nie konstrukti­ef is nie, maar ek gee ook nie om as mense hul opinies oor my toneelspel of werk deel nie. Baie keer help dit, maar dan moet dit ook nie oor my as persoon wees nie,” sê sy ernstig.

“Want as jy my nie ken nie, het jy nie die reg om op my as persoon kommentaar te lewer nie. En dit is iets waaroor ek baie sterk voel. Ek sal my glad nie aan jou steur nie, maar mense moet ook besef nie almal is dieselfde nie en dat sulke kommentaar vir ander baie erg kan wees. Dit kan sommige mense tot depressie of selfmoord dryf. Vir my help dit om te bid en om ’n klein sirkel rondom my te hou. Mense wat vir my bid en wat my ondersteun en my herinner dat ek perfek is nes ek is. Hierdie mense was daar voordat ek in hierdie bedryf begin het en sal daar wees lank ná ek hier klaar is.”

Kay sê sy het oor die jare geleer dat negatiewe kommentaar nie ’n weerspieël­ing van jou is nie, maar wel van die een wat die lelike goed van jou sê. Vir haar is haar werk die belangriks­te ding en dit is hoekom sy haar werk met integritei­t en respek aanpak.

Sy raak nog gewoond aan die roem wat saam met haar werk kom en sê sy geniet dit om mense te ontmoet, maar erken sy raak wel angstig wanneer mense aan haar trek of haar net gryp.

Dit was vir haar aan die begin ’n groot aanpassing, maar sy verstaan dat dit deel is van haar werk en sê sy gee nie om nie, veral nie as dit ander jong mense inspireer om hul drome te volg nie.

Sy sê dit is een ding wanneer kinders in die gemeenskap akteurs op die televisie sien, maar iets anders wanneer hulle iemand in hul eie straat sien wat daar grootgewor­d het of dalk steeds daar bly.

“Dit is vir my so lekker wanneer die kinders na my toe kom en so opgewonde lyk. Ek kan soms op hul gesigte sien dat hulle nie altyd verstaan hoe jy nou voor hulle staan, maar vroeër op die televisie of in ’ n fliek was nie. Hulle is verstom, maar ook opgewonde en dit is hoekom ek so bly is dat ons nou flieks en sepies het wat vir hierdie kinders hoop kan gee,” sê sy.

“Dit is karakters waarmee hulle kan identifise­er en wat soos hulle lyk en praat en dit is belangrik dat ons hierdie materiaal het. Dit is ook hoekom ek my werk in

Arendsvlei ook baie geniet, want dit is alles stories waarmee mense in ons gemeenskap­pe mee kan identifise­er en ek is bly en dankbaar om een van die mense te wees wat hul stories vertel.”

Maar al hou sy daarvan om hul stories te vertel, maak sy nooit regtig moeite om haarself op die skerm te kyk nie, maar as sy dalk ’ n episode vang of ’ n fliek by die premier moet kyk, is dit steeds vir haar ongeloofli­k om te dink dat sy elke dag haar passie kan uitleef.

Sy kyk na haarself op die skerm, maar nie opsetlik nie, want hierdie aktrise besit nie eens ’ n televisie nie. “Ek is baie krities wanneer ek myself in ’ n episode van ’ n show of in ’ n fliek sien. Maar dit is ook opwindend. My ma het gehuil die eerste keer toe sy my sien en dit is steeds vir hulle opwindend. Vir my was dit vreemd toe ek myself vir die eerste keer op televisie sien en soms is dit steeds vir my vreemd wanneer ek iewers gaan kuier en ek myself op ’ n program sien,” sê sy terwyl sy haar kop skud en lag.

“Maar elke keer as ek ’ n nuwe rol vertolk, is daar ’ n nuwe gevoel van opgewonden­heid en daar is geen beter gevoel as wanneer jy jou ouers kan trots maak nie,” sê sy.

Haar ouers wou nie aanvanklik hê sy moet ’ n loopbaan in drama volg nie, maar hulle het steeds haar besluite gerespekte­er om in die vermaaklik­heidswêrel­d te werk. Wanneer sy ’ n oudisie gehad het, het hulle haar ondersteun.

“Toe ek my oudisie vir die nasionale dramakompe­tisie in matriek gedoen het, het my pa na my kom kyk. Dit was die eerste keer dat hy my op die verhoog gesien het en ná die oudisie was hy baie opgewonde en het hy vir my gesê, ‘jy kan dit doen. Jy kan dit regtig doen’. Ek het begin glimlag en vir hom gesê dat ek dit al heeltyd vir hulle sê.”

Kay meen dat dit die eerste keer was toe haar ouers besef het dat sy regtig ’ n passie vir drama het en dat sy ernstig is daaroor.

VERTEL STORIES

Sy sê haar werk is vir haar baie belangrik en gaan beslis nie oor die glitz en glamour van die vermaaklik­heidswêrel­d nie. Wanneer sy ’n rol aanpak, bid sy oor haar werk. Sy glo elke rol wat sy aanpak, moet genesing bring vir haar, die mense wat dit kyk of die persoon wie se storie sy vertel.

Elke rol en karakter is uniek, maar wanneer dit by inspirasie kom of navorsing vir haar rol, hoef sy glad nie ver te kyk nie. Want in elke storie wat sy sover in haar loopbaan vertel het, dink sy aan ’n vriend, ’n familielid of iemand wat in haar gemeenskap bly.

“Ek het agtergekom dat baie mense wat jy ken ’n storie het om te vertel en iets het wat jy by hulle kan leer. Ek was nog altyd iemand wat daarvan gehou het om mense te bestudeer. Ek dink mense is interessan­t en mense het altyd ’n gem wat ek vir my volgende karakter sal kan gebruik,” sê Kay opgewonde.

 ??  ?? HOOFFOTO: Die aktrise Kay Smith vertolk die rol van Debra in Arendsvlei.
HOOFFOTO: Die aktrise Kay Smith vertolk die rol van Debra in Arendsvlei.
 ??  ?? Kay sê sy het baie kritiek gekry toe sy Tarryn (Errol se meisie) in 7de Laan gespeel het.
Kay sê sy het baie kritiek gekry toe sy Tarryn (Errol se meisie) in 7de Laan gespeel het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa