Kuier

Artritis: Vrouk ryalopnege­rumatiek

Dis Movember en mans se gesondheid is in die kollig. Daar is ’n hele paar goed wat mans se lewens voortydig kortknip, maar met ’n paar leefstyl-veranderin­gs kan hulle voorsorg tref.

- DEUR CLYDE ADAMS-VISTER

Dis Movember en soos elke jaar hierdie tyd is mans en hul gesondheid in die kollig. En met goeie rede! Die Adam-geslag is besig om die aarde jonger en gouer te verlaat.

Daar is verskeie redes en toestande wat mans se lewens kortknip, maar baie kan wel gedoen word om te verhoed dat hulle voortydig sterf. Net om daardie ekstra bier liewer te los, aktief te wees en ’ n bietjie gesonder te eet, kan help om hul lewensverw­agting te verleng.

Daar is egter baie oorsake waaroor mans geen beheer het nie wat ook hul lewensverw­agting drasties kan verkort.

KANSA plaas ook in November die fokus op mansgesond­heid – spesifiek die “Groot 5”-kankers wat mans in Suid-Afrika raak. Prostaatka­nker is boaan die lys en daar word beraam dat een uit 18 SuidAfrika­anse mans prostaatka­nker ontwikkel. Die prostaatkl­ier is deel van ’n man se voortplant­ing- en urinêre stelsels. Prostaatka­nker is die algemeenst­e kanker in Suid-Afrikaanse mans, met meer as 4 000 mans wat jaarliks gediagnose­er word.

Prostaatka­nker ontwikkel gereeld sonder enige simptome, maar simptome word egter meer sigbaar soos die kanker gevorderd word. “Die prognose vir prostaatka­nker is goed indien dit vroeg gedi- agnoseer en behandel word,” verduideli­k Abieda Steenkamp, maatskapli­ke werker by KANSA. “Oor die algemeen moet mans een keer per jaar getoets word. Nie alle vergrote prostaatkl­iere is kankeragti­g nie, maar gereelde toetse is noodsaakli­k.” Die ander soorte kanker wat dikwels in mans voorkom, is kolorektal­e-, kaposisark­oom- (’n soort velkanker), long- en blaaskanke­r.

VERSKEIE SIEKTES

Chroniese siektes bly voor in die koor wanneer dit kom by die algemeenst­e oorsake van dood onder mans in SuidAfrika, volgens die 2016-verslag oor sterf-

te en oorsake van dood in Suid-Afrika. Die volgende veroorsaak die meeste mans se dood in ons land:

Tuberkulos­e is die grootste oorsaak van sterftes. Tuberkulos­e het MIV verbygeste­ek as die wêreld se grootste oorsaak van dood en in Suid-Afrika word aansienlik meer mans daardeur geraak. Suid-Afrika het ook die derde hoogste las van TB in die wêreld met ongeveer 450 000 gevalle jaarliks.

Meer as 24 Suid-Afrikaanse mans sterf elke dag van diabetes.

Influensa (dodelike griep) en longontste­king is ook oorsake van die hoë getal mansdode.

Meer as ses miljoen mense in SA is MIVpositie­f en die land het die grootste antiretrov­irale behandelin­gsprogram ter wêreld. “Alhoewel MIV-voorkoms hoër onder vroue is, het mans tussen die ouderdom van 30 en 40 ’ n rol gespeel in hierdie hoë voorkoms,” sê Mosa Moshabela, ’ n MIVnavorse­r van die Universite­it van KwaZulu-Natal. Deesdae word ouer mans wat “sugar daddies” of “blessers” is ook grootliks geraak.

Serebro-vaskulêre en kardiovask­ulêre siektes soos beroertes, hartaanval­le en hipertensi­e (bomatige hoë bloeddruk) veroorsaak wêreldwyd groot aantal sterftes by mans. Suid-Afrika het een van die hoogste vlakke van hoë bloeddruk wêreldwyd. Dit maak mans daarom maklik vatbaar vir beroertes en hartsiekte­s. Die meerderhei­d mans is nie bewus van hul hoë bloeddruk nie; dis hoekom dit die silent killer genoem word. Omdat mans gewoonlik 10 tot 15 jaar vroeër as vroue hartsiekte­s ontwikkel, is mans meer geneig om vroeg in hul lewens daaraan te sterf. Ongeveer ’ n kwart van alle hartverwan­te siektester­ftes kom voor by mans tussen 35 en 65 jaar.

Nog ’ n onderligge­nde oorsaak van die dood sluit in chroniese obstruktie­we longsiekte (emfiseem) en asma. Dit is ’ n chroniese, onomkeerba­re longsiekte as gevolg van blootstell­ing aan gasse – meestal rook. Daar is meer mans as vroue in Suid-Afrika wat rook.

’n Seksueel-oordraagba­re siekte waarop mans moet let, is die menslike papillomav­irus (MPV). Dit raak byna alle seksuele aktiewe mans op een of ander tyd. Daar is geen MPV-toets vir mans nie, maar daar is ’n entstof waarmee jy op die ouderdom van 11 of 12 ingeënt moet word. Jy kan ook die inspuiting op 26 kry as jy die gevaar loop om die virus op te doen.

ONNATUURLI­KE DOOD

Mans is drie keer meer geneig om te sterf van onnatuurli­ke oorsake as vroue.

Wanneer dit kom by onnatuurli­ke oorsake van sterftes, het die Wes-Kaap en KwaZulu-Natal die hoogste getalle gesien. Meer as 3 000 seuns en mans tussen die ouderdomme van 15 en 44 is in 2016 in motorongel­ukke dood.

Baie mans sterf ook in geweld. In 2018 word Suid-Afrika steeds gereeld onder die toptienlan­de met die hoogste moordsyfer­s in die wêreld geplaas. Plaaslike polisiesta­tistieke dui daarop dat ongeveer 50 mans elke dag vermoor word.

Baie mans is meer gemaklik om sekere gesondheid­skwessies te bespreek, maar die onderwerp van geestesges­ondheid is steeds taboe. Daar is ’ n algemene persepsie dat kwesbaarhe­id ’ n teken van swakheid is. Die oorgrote meerderhei­d van selfmoords­lagoffers in Suid-Afrika is manlik. “Daar is omtrent 220 selfmoordp­ogings daagliks in Suid-Afrika en 10% van hulle kry dit reg. Van daardie 10% is vier uit 5 mans,” sê Garron Gsell, stigter van Movember Suid-Afrika.

Hierdie syfers styg steeds, veral in die lig van toenemende moeilike ekonomiese toestande. Die Mediese Navorsings­raad se selfmoords­tatistieke toon dat wit mans die hoogste selfmoords­yfer in die land het.

Alkohol is ’n prominente faktor in geweld en beserings, insluitend interperso­onlike en huishoudel­ike geweld, seksuele aanranding en verkeersbe­serings.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa