Kuier

Dr.Genine

Soek jy raad oor ’n mediese probleem?

-

Derms pla Vraag IS BEHANDELIN­G NODIG?

Ek het seker so twee jaar gelede uitgevind ek het ulseratiew­e kolitis, maar ek het nog nooit op behandelin­g gegaan daarvoor nie. Kan dit gevaarlik wees om dit nie te behandel nie? BEKOMMERD

Antwoord BESTE BEKOMMERD

Ulseratiew­e Kolitis (UK) is deel van ’ n groep siektetoes­tande wat bekend staan as inflammato­riese dermkanaal­siektes. In Engels is dit “inflammato­ry bowel disease” (IBD). Moet dit nie verwar met “irritable bowel syndrome” (IBS) nie.

UK is ’n siektestoe­stand waar die voering (lining) van die dikderm inflammasi­e ontwikkel met ulcers wat bloedige ontlasting met slym, die dringende behoefte om ’n stoelgang te hê, abdominale pyn, moegheid, gas (winderighe­id deur die anus) en gewigsverl­ies veroorsaak. Die inflammasi­e kan die hele dikderm aantas of net die onderste gedeelte. UK kan beheer word sodat die persoon ’n normale lewe lei, maar dit kan nie genees word nie. Sommige mense kan ook soms inflammasi­e buite die dikderm ontwikkel – veral swelling en pyn van groot gewrigte soos die knie, rug en heup, maar ook ander dele soos oë, vel, lewer en longe.

OORSAKE: Dis nie bekend nie. Die teorie is dat jou immuunstel­sel die voering van die dikderm vir vreemde weefsel aansien en dit aanval. Dit veroorsaak ulcers en bloeding. Dit kan ook oorerflik wees. Omtrent 10% tot 30% van mense met UK het ’ n ouer, suster of broer wat UK het. Infeksies kan ook ’ n oorsaak wees.

DIAGNOSE: Dit word bevestig deur middel van ’ n kolonoskop­ie. Monsters van die dikderm se voering word ontleed.

BEHANDELIN­G: Die doel van behandelin­g is om die simptome te beheer en te verhoed dat die simptome weer terugkeer. Ongeveer 15% van mense met UK het net een episode gehad.

Die dieet wat jy volg, is baie belangrik en jy sal self later agterkom watter tipe kosse die simptome veroorsaak. Die volgende kosse (daar is nog meer) word nie aanbeveel as jy UK het nie: rooivleis, speserye, vrugte, vrugtesap, koffie, tee, produkte met alkohol in, gebraaide en kitskosse, stirfry, tamatiesou­s, mosterdsou­s, mayonnaise, volgraanbr­ood, slaaisous, bone, ertjies, kool, sop, blomkool, lensies, vleissous, mielies en springmiel­ies. Dis ’ n lang lys, maar elkeensal volgens sy of haar simptome handel.

Moenie anti-inflammato­riese pille (sonder steroïede) wat veral vir artritis gebruik word, gebruik nie. Dit kan die simptome vererger en ’ n relapse veroorsaak. Ystermedik­asie kan ’ n relapse en lactose intoleranc­e veroorsaak, want dit kan diarree, krampe en winderighe­id meebring.

Vir matige simptome word ’ n lokale enema (inspuiting), setpil of skuim gebruik wat rektaal (in die rektum) ingesit kan word. Dit bevat kortisoon wat die inflammasi­e verbeter. Die simptome verbeter gewoonlik binne drie weke.

Erge simptome benodig kortisoon wat mondeliks geneem word. Dit kan neweeffekt­e meebring soos gewigstoen­ame, aknee, bewerighei­d en gemoedsteu­ring. Wanneer die behandelin­g nie effektief is nie, word immuunonde­rdrukkers gebruik en dit kan tot ses maande neem om te werk.

Die laaste oplossing is ’ n pankolekto­mie (chirurgies­e verwyderin­g van die hele dikderm). Daar is twee opsies nadat die dikderm uitgehaal is: ’ n permanente ileostomie (dermknoop) en jy dra ’n kolostomie-sakkie (stoma). Die tweede opsie is waar die dunderm aan die anus geheg word sodat kontrole oor dermledigi­ng behoue bly. Hierdie tweede metode het die risiko dat die UK weer in die laaste gedeelte van die rektum kan begin.

Mense met UK het ’n groter risiko vir kolonkanke­r. Die risiko is groter as meer van die dikderm aangetas is en reeds vir ’n lang tydperk teenwoordi­g is. Dit word sterk aanbeveel dat gereelde kolonoskop­ies gedoen word en dat jy weet wat die simptome van kolonkanke­r is.

Om by jou vraag uit te kom, dis nie gevaarlik om nie op behandelin­g te wees as jy geen simptome het nie. WhatsApp die woorde KUIER DOKTER en jou vraag na 0607840589, of stuur ’n e-pos na kuier@kuier.co.za met DR. GENINE in die onderwerpl­yn. Die mediese advies is net van toepassing op die briewe en boodskappe wat ontvang is en moenie as ’n mediese ondersoek gesien word nie. Dr. Genine Josias (MB. ChB; M. Fam. Med; Dipl. Klin Forens) en Kuier is nie verantwoor­delik vir enige aksies of mediese probleme wat voortsprui­t uit die advies nie. Raadpleeg jou geneesheer vir enige mediese konsultasi­es en ondersoeke.

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa