Kuier

AntieVal

Sukkel jy met jou liefdeslew­e? Hier is raad.

-

Ou wil kind hê Vraag HY SOEK NOG ’N KANS

Antie Val, ek het ’n verhouding gehad met ’ n man wat desperaat was om kinders met my te hê. Ek het eers ’ n miskraam gehad, maar toe ek weer swanger word, toe propose hy. Maar toe kry ek weer ’n miskraam en hy het gesê hy wil nie met ’ n vrou wees wat hom nie kinders kan gee nie. Hy het ’n ander vrou swanger gemaak, maar toe los hy haar. Nou wil hy my terughê. Wat moet ek doen? VERRAAI

Antwoord BESTE VERRAAI

Dink hy nou regtig ná alles wat hy jou laat deurgaan het, hy verdien ’n regverdige kans om weer jou lewe om te krap? Wat maak dinge hierdie keer anders, hartjie? Watter beloftes nou weer? Voorheen was ’n verloofrin­g nie eens genoeg om hom lojaal te hou nie. Ek weet almal verdien ’ n tweede kans, maar wat as hy weer oor ’ n jaar anders besluit of jou verwyt oor kinders? Ek wil nie voorskryf wat jy moet doen nie, maar moet dit nie so maklik vir hom maak nie. Sê jy het tyd nodig om te besluit. As hy nie bereid is om te wag nie, is hy nie ernstig nie. Onthou, hy is nie die enigste man nie.

Vraag DOGTER LUISTER NIE

Antie, hoe moet ek maak met ’n kind wat nie wil luister nie? My dogter is in graad 11 en sy het ’ n outjie. Sy gee nie meer aandag aan haar boeke nie en die mannetjie is nie ’ n goeie invloed nie. Ek is ’ n enkelma en ek het haar al goed geslaan, maar sy maak net wat sy wil. Ek wil nie hê sy moet op haar ouderdom met ’n baba sit nie. Ek wil hê sy moet gelerenthe­id kry. Wat moet ek doen? BEKOMMERD

Antwoord BESTE BEKOMMERD

Ai, as ons jong mense, veral ons kosbare meisiekind­ers, net weet wat hulle aan hulself en hul toekoms doen. Die meisiekind moet dan nog die grootmensl­ewe betree. Weet ons kinders dan nie van ‘’vroeg ryp, vroeg vrot’’ nie? Ek is dankbaar vir ’n ma soos jy wat aanhou probeer. Mammie, bly op jou knieë vir jou kind sodat daardie skille van haar oë kan afval. Die feit dat sy ’n kêrel het, maak dit meer complicate­d. Slaan gaan nie help nie, want die kinderwet beskerm ons kinders daarteen en die kinders weet dit. Laat sy met iemand praat wat al dieselfde foute gemaak en die gevolge gedra het – iemand wat haar sal afskrik. Miskien sal dit haar ways verander. Mammie, wees sterk en doen alles in jou vermoë om jou meisiekind terug te kry op die regte pad.

Vraag MAN SOEK SEKS

Ek is in my vyftigs en my man is al afgetree. Ek werk nog en is baie moeg saans, maar hy verwag ek moet amper elke aand perform met hom in die bed en hy wil hê ek moet snaakse goed doen. Hy sê as ek dit nie doen nie, gaan hy dit maar by iemand anders soek. Ek kan nie meer nie. MOEGGEPLOE­G

Antwoord BESTE MOEGGEPLOE­G

Dink hy omdat hy nou afgetree is, hy kan maak en doen soos wat dit hom pas? Hy sal hom wat verbeel! Kommunikas­ie speel ’n baie belangrike rol in enige verhouding. Jy sal jou man moet sit maak en vir hom verduideli­k jy is mos nie vandag se kind of ’n masjien nie. Om so te loop en springtout­jie speel of wipplank ry, is mos nie reg nie. Seks is deel van enige huwelik en ’n manier om te connect, maar jy moet gemaklik wees.

Stel ’n program op wat julle albei pas soos vir wanneer jy miskien af is. Werk ook aan jou moegheid en kry ’n natuurlike energie-aanvulling. Jy sal ook jou deel moet doen. Julle kan mekaar explore, maar laat hom eers verstaan jy is nie sy sekspop nie.

Antie Val is nie ’n mediese dokter of kliniese sielkundig­e nie. Sy en Kuier is nie verantwoor­delik vir probleme wat kan voortsprui­t uit die raad nie.

WhatsApp die woorde KUIER ANTIE VAL gevolg deur jou vraag na 0607840589, of e-pos kuier@kuier.co.za met ANTIE VAL in die onderwerpl­yn.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa