Kuier

FACEBOOK

-

’n Man het onlangs sy werk verloor weens die treine wat hom altyd laat gemaak het. Maak jy gebruik van die treine en hoeveel keer was jy al laat, of moet ons vra betyds?

Die regering doen niks aan die groot probleem nie. My broer ry elke dag trein, soggens en saans. Elke maand raak sy salary al hoe minder, want hy kom laat oor die treine laat is of gecancel word of wat staan tussen stasies en nie weer beweeg nie. Die werkgewers deduct elke keer van die mense se salarisse en wil niks verstaan nie. Sommige mense moes al warnings teken en dan verloor hulle hul werk. CAROL VAN HUFFEL, KAAPSTAD

Ek is elke dag laat, maar ek het gelukkig ’n dierbare superior wat verstaan. Wat van die mense wat nie so gelukkig is nie? DEIDRE FAVIERS, PRETORIA

My skoen is aan die ander voet. Ek ry nie trein nie, sien net wat gebeur op TV. Dit is vir my so hartseer dat die waens so aan die brand gesteek word, mense beroof word, kabels gesteel word en mense wat aangerand en vermoor word. As daar meer wet en orde in alle opsigte was, behoort treine betyds te wees. Wat egter gebeur is dat al hierdie euwels kop uitsteek en dan word daar verwag dat treine betyds moet wees. Ons is soms verantwoor­delik vir ons eie ondergang. CHAMAGNE CLOETE, OKIEP

Baie treine is oorvol, passasiers wil nie wag vir ’n volgende trein nie. Hulle klim op die motorwa by die bestuurder en dan moet hy probeer sien waar hy ry omdat hulle voor hom hang. Baie bestuurder­s word ook gedreig. HEILIE HOOD, JOHANNESBU­RG

Dis nie reg nie. Sommige werkgewers is onredelik. Hulle kan mos transport aan hul werknemers voorsien met die huidige treinsitua­sie. Politician­s moet ’n slag meer doen vir mense en ophou dink aan hul eie sakke en ego’s. ZELDA FAGAN, KAAPSTAD Drie laaities is uit die skool gesit omdat hul hare na onnies se sin onnet is. Volgens die laaities het hulle ouers nie die geld gehad sodat hulle hare geskeer kan word nie. Hoe belangrik is netheid nog?

Wat is meer belangrik – hare of dat die seuns ywerig is om in die skool te wees om te leer? Grootmense moet ook nie in die pad staan van kinders wat iets wil bereik nie. Dis nie hul skuld dat hul ouers nie haregeld het nie. MARIETA VAN ZYL, MALMESBURY

In vandag se lewe moet ons bly wees dat daar nog kinders is wat wil skool toe gaan om vir hulself ’n toekoms te skep. ADONIA BLANKENBER­G, ATLANTIS

Dis reg. Maar almal se omstandigh­ede is nie dieselfde nie. Wat as hulle besluit hulle gaan daarom nie meer skool nie Wie se skuld gaan dit dan wees? MICHELLE MOSES, KAAPSTAD

My ouma het gesê dis oukei om anders te wees. Ek was nog altyd anders en is steeds. Ons almal is uniek en dis niks om oor skaam te wees nie. Sy het ook gesê jy moet die Here jou God liefhê en respek hê vir bejaardes. ANNEEDA SACCO-PEKEUR, MONTAGU

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa