Kuier

BOODSKAPPE

-

Dis ’n baie sad storie as dit kom by jou gesig ( Acid in my gesig, 31 Oktober). Ek is bly dat Tracey-Lee so positief en gelukkig is. Ek kan nie dink wat daardie persoon gedink het om dit aan ’n ander persoon te doen nie. ANONIEM Wow, Miladys Tygervalle­i! Welgedaan dat julle nie vir een oomblik daaraan gedink het om vir Tracey-Lee ( Acid in my gesig, 31 Oktober) af te dank nie. Wat ’n hartseer, maar tog so ’n mooi artikel. MARILYN JANTJIES, KAAPSTAD

Ek is geskok om te lees dat 26% bruin vroue is ( Versigtig vir vetsug, 17 Oktober)! Ek is 63 en is nou vegan vir 6 maande. Ek gebruik geen suiker, eet meer vrugte en groente en voel gesond. Jammer om dit so te stel, maar ek dink die meerderhei­d vroue wat aan vetsug ly, is lui! Hulle het ’n lae selfbeeld. As Ma nie die voorbeeld stel deur reg te kook nie, hoe kan die kinders reg eet? Jy kan met min ’n gesonde ete maak. Oefening is gratis. MAC ARENDSE-WILLIAMS, JOHANNESBU­RG

Ek wil net vir Tracey ( Acid in my gesig, 31 Oktober) sê ek werk ook al jare vir PnP in Tygervalle­i en sien haar gereeld. Ek het altyd nooit die letsels raakgesien nie, maar net die mooi persoonlik­heid wat sy het. Daar gaan nie ’n dag verby wat sy nie daai mooi glimlag op het nie en dit laat jou sommer ook met ’n lied in jou hart loop as jy haar sien. ANONIEM Goeie genugtig! Wat ’ n fantasties­e getuienis en inspirasie vir ons ( Kanker, sy kruis, 31 Oktober)! Baie, baie dankie, Trevor dat jy jou verhaal met ons gedeel het. BRENDA CARELSEN, KAAPSTAD Sjoe waar begin ’n mens. Hartseer ( Pa bly held ná dood, 17 Oktober). Dis so ongeloofli­k hartseer dat so ’n pragtige jong man sy dood op hierdie manier moes kry. Ons by die Wes-Kaap Verpleegko­llege sal nog lank oor hierdie jong man praat. Ek ken hom nie lank nie, maar ons was smoking buddies. Ai, hy het altyd so eenkant gesit, altyd ’n pragtige smile op sy gesig, ogies op skrefies en sy pragtige lippies. Toe ek hoor van sy ongeluk het ek onmiddelli­k op my knieë gegaan en gebid dat God hierdie kind se lewe moet spaar. Maar weet u, God het hom nodiger gehad in Sy woning. Ek voel dit saam met sy families. Ek het ook twee boys vir wie ek baie baie lief is. Dit kon my kind ook gewees het. Weet dat God ’n plan met ons almal het. Baie liefde. ANONIEM

Sjoe, ek het koue rillings gekry toe ek die verhaal van Tracey-Lee lees ( Acid in

my gesig, 31 Oktober). Ek wil haar in my boesem toevou. Met jou deursettin­gsvermoë sal jy dit ver bring. Wat ’n inspirasie vir ander! Saluut, sterk vrou. ANONIEM

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa