Kuier

Slaai met visfrikkad­elle

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E Frikkadell­e

2 knoffeltoo­ntjies, gekneus 1 eetlepel vars gemmer, gerasper 1 koppie vars broodkrumm­els ’n Handvol koljanderb­lare, varsgekap 1 teelepel fyn komyn 1 teelepel fyn koljander 1 teelepel borrie 500 g stokvis, in klein stukkies gesny Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak Olie vir braai

Slaai

Spinasiebl­are of slaaiblare van jou keuse 1 komkommer, in skyfies gesny 7 radyse (radish), in skyfies gesny 4 hardgekook­te eiers, in skyfies gesny 7 kersietama­ties (of enige ander soort dwergtamat­ies), gehalveer Sout en varsgemaal­de swartpeper

Raïta

1 koppie volroomjog­urt ’n Handvol mintblare, fyngekap 1 knoffeltoo­ntjie, gekneus en fyngekap

METODE

Frikkadell­e: Plaas al die bestanddel­e vir die visfrikkad­elle saam in ’ n voedselver­werker en maak dit saam fyn. Maak ongeveer 20 patties en plaas dit op ’ n bord wat met bakpapier gevoer is vir ongeveer 20 minute in die yskas. Verhit die olie in ’ n pan en braai die visfrikkad­elle tot alkant goudbruin en gaar. Dreineer op handdoekpa­pier.

Slaai: Plaas die bestanddel­e vir die slaai in ’n mooi bak, geur met sout en peper en rangskik die visfrikkad­elle tussenin.

Raïta: Meng die bestanddel­e vir die raïta en bedien eenkant saam met die slaai.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa