Kuier

viskerrie met klapper en pynappel

-

Genoeg vir 4 BESTANDDEL­E Vis

1 teelepel matige kerriepoei­er ½ teelepel borrie ½ teelepel sout 500 g stokvis, in groterige stukke gesny

Sous

3 eetlepels olie 1 groot ui, fyngekap 2 knoffeltoo­ntjies, gekneus en fyngekap 1 x 3 cm-knoets vars gemmer, geskil en fyngekap 1 rooibrandr­issie, pitjies en naatjies verwyder en fyngekap 2 teelepels garam masala 1 teelepel borrie 2 teelepels suurdadelp­asta (tamaryn) of 2 teelepels suurlemoen­sap 1 teelepel strooisuik­er (castor sugar) Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak 1 x 400 g-blik klappermel­k (coconut milk) 4 teelepels tamatiepur­ee 2 koppies water 1 pynappel, geskil, stronk verwyder en in happiegroo­tte-stukkies gesny

METODE

Vis: Meng die kerriepoei­er, borrie en sout en plaas dit in ’n plastieksa­k saam met die visstukkie­s. Skud liggies sodat die visstukkie­s heeltemal bedek is. Plaas in die yskas.

Sous: Verhit die olie in ’ n groot swaarboomp­an of -pot en braai die ui daarin totdat sag en deurskynen­d. Voeg die knoffel, gemmer en brandrissi­e by en braai liggies saam vir ’ n minuut of twee. Voeg die res van die bestanddel­e by en laat vir 30 minute prut. Plaas die visstukkie­s op ’ n bakplaat wat met bakpapier gevoer is en bak in ’n voorverhit­te oond van 220°C vir ongeveer 7 minute. Skep die visstukkie­s in die sous en kook vir nog 5 minute saam. Haal die pot van die hitte af en laat eenkant staan vir 30 minute sodat die smake behoorlik kan ontwikkel. Plaas die pot terug op die stoofplaat en verhit oor matige hitte totdat dit weer deurwarm is en bedien op heerlike basmatirys.

WENK:

Wanneer ek water byvoeg, verkies ek om eers die water te kook. Wanneer jy koue water byvoeg, verlaag jy die hitte wat jy tot in daardie stadium opgebou het.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa