Kuier

KAASKOEK MET SKOP!

Maak hierdie #lipleklekk­er nagereg saam met jou gunsteling-drankie.

- DEUR karen hart

Die somer is gemaak vir lekker kuier en dekadente nagereg en dis presies wat jy kry met Tant’ Sannie se Melktert. Dit is ’n trots Suid-Afrikaanse drankie wat gemaak word van Tant’Sannie se tradisione­le melktertre­sep – dis ’n ou gunsteling in ’n bottel!

Geniet Tant’Sannie se Melktert sommer net so as ’n drankie met ’n bietjie kaneel oorgesprin­kel, drink dit met ’n bietjie ys of gebruik dit om ’n watertand nagereg op te tower.

Tant’Sannie se Melktert is beskikbaar by groot drankwinke­ls landwyd. Besoek www. tantsannie.co.za vir meer inligting of lekker resepte.

TANT’ SANNIE SE MELKTERT-KAASKOEK Genoeg vir 10 – 12 BESTANDDEL­E Kors

1 x 200 g-pakkie tennisbesk­uitjies, fyngemaak 1 eetlepel suiker ¼ teelepel fyn kaneel 6 eetlepels botter, gesmelt

Vulsel

3 x 230 g-houers roomkaas 2 eetlepels Tant’ Sannie se Melktert ½ koppie versiersui­ker (icing sugar) Gerasperde skil van 1 lemoen 300 ml room, styfgeklit­s

Bolaag

200 ml room 1 eetlepel Tant’ Sannie se Melktert Fyn kaneel om oor te strooi

METODE

Spuit ’n 18 cm-losboomkoe­kpan liggies met ’n oliesproei en voer die bodem met bakpapier.

Kors: Meng al die bestanddel­e vir die kors en druk dit vas op die bodem. Plaas dit in die yskas en laat staan vir 1 uur om te set.

Vulsel: Klits die roomkaas liggies tot glad en klits Tant’Sannie se Melktert by voordat jy die versiersui­ker byklits. Voeg die lemoen-skil by en meng goed. Vou die styfgeklit­ste room by en skep op die verkilde kors in die koekpan. Bedek met kleefplast­iek en laat vir minstens 4 uur (oornag is nog beter) in die yskas set. Haal die kaaskoek versigtig uit die koekpan en plaas op ’n mooi opdienbord.

Bolaag: Klits die room styf totdat sagte punte vorm. Voeg Tant’Sannie se Melktert by en klits totdat stywe punte vorm. Skep die room op die kaaskoek en smeer eweredig. Sprinkel fyn kaneel bo-oor. Wen!

Deel jou Tant’Sannie-resep en jy kan SMEG appliances wen ter waarde van R30 000! Jou resep sal ook in Tant’Sannie se digitale resepteboe­k verskyn. Gaan na www.tantsannie.co.za/recipechal­lenge vir meer besonderhe­de en om in te skryf. Die sluitingsd­atum is 31 Desember 2018. Bepalings en voorwaarde­s geld.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa