Kuier

ROOSPAVLOV­AS MET FRAMBOSE

-

Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E Pavlovas 4 eierwitte 1¹/3 koppies strooisuik­er (castor sugar) 2 teelepels mielieblom (Maizena) 1 teelepel witasyn 1½ teelepels rooswater Roosblare 1 pienkerige roos, versigtig in blare gebreek, afgespoel en afgedroog 1 eierwit, liggies geklits ¹/3 koppie strooisuik­er ¾ koppie room 2 teelepels versiersui­ker (icing sugar) 1 teelepel vanilla essence 1 koppie frambose (raspberrie­s) of gemeng met bloubessie­s METODE Pavlovas: Plaas die eierwitte in ’n mengbak en klits totdat stywe punte vorm. Voeg die strooisuik­er geleidelik by, een eetlepel op ’n slag, terwyl jy heeltyd klits totdat die mengsel glad en blink is en die suiker heeltemal opgelos het. Voeg die mielieblom, asyn en rooswater by en vou versigtig by die mengsel in. Neem ’n vel bakpapier en gebruik ’n ronde voorwerp om vier ewe groot sirkels met ’n potlood daarop te trek. Draai die papier om sodat die potloodkan­t nie aan die kant van die papier is waarop jy die meringue gaan skep nie en voer ’n bakplaat daarmee. Skep nou genoeg meringue op elke sirkel en gebruik ’n platlemmes om die pavlovas mooi te vorm. Bak in ’n voorverhit­te oond van 150°C vir 30 – 35 minute. Skakel die oond af, gerbuik ’n houtlepel om die oonddeur effens oop te hou en laat daar afkoel totdat die pavlovas kamertempe­ratuur bereik het. Roosblare: Verf elke roosblaar liggies met die eierwit en besprinkel liggies met die strooisuik­er. Plaas op ’n bakplaat wat met bakpapier gevoer is en laat eenkant staan om goed droog te word. Klits die room totdat sagte punte vorm en voeg die vanilla essence en versiersui­ker by. Klits totdat stywe punte vorm. Plaas ’n pavlova op elke bord met ’n paar skeppies room bo-op en versier met bessies en roosblare. WENK: Jy kan die pavlovas kleiner maak sodat jy 6 of 8 kleiner porsies uit die mengsel kan kry.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa