Kuier

Mening

Dis daai tyd van die jaar wanneer baie mense in die winkels se vibe opgesweep raak, maar hy voel ons moet eerder nadink oor hoe hulle met ons breine smokkel.

- Brenden Ruiter is ’n voormalige Kuierjoern­alis. Hy is tans joernalis by TygerBurge­r in Kaapstad.

My elfjarige klong was klein toe hy eendag sy nefies en niggies se bubble bars deur vol bravade te verklaar dat Kersvader nie bestaan nie. “Dis julle ma en pa wat die geskenke koop,” het hy gesê. Met hierdie woorde het hy daardie kindertjie­s se onskuld vir ewig verwoes, maar ook een van die groot leuens van ons tyd nek omgedraai: Die leuen dat Kersvader ’ n belangrike rol te speel het in die viering van Kersfees. Die waarheid is Kersvader het sy ontstaan gehad in ’ n koeldrank-advertensi­e om ’ n gewilde gaskoeldra­nk te bemark, maar vandag kry hy meer aandag as Jesus Christus, oor wie se geboorte Kersfees eintlik gaan. Iemand in ’ n ver land, het dit goed gedink dat ’ n vet kêrel met ’ n grys baard die simbool moet wees vir alles waaroor Kersfees gaan. En ons het ingekoop in hierdie klugspel. Net vir interessan­theidshalw­e lees ek iewers op die internet dat sou Kersvader werklik bestaan het, hy op Oukersaand ten minste 500 miljoen kilometers moes aflê om by alle kinders uit te kom wat hulle deur die jaar goed gedra het. Dit sal hy teen ’ n ongeloofli­ke spoed van 10 703 437 kilometer per uur moes aflê. Ek sê bogenoemde net om te illustreer hoe ver ons, miljoene mense die wêreld DEUR BRENDEN RUITER oor, meegesleur is deur die verbruiker­sduiwel wat die Kersseisoe­n oorgeneem het.

Ons is al so gebreinspo­el dat ons nie eens meer besef dat ons onbewustel­ik deur groot ondernemin­gs aan die neus rondgelei word nie. Hulle laat ons glo ons het goed nodig wat ons nie regtig nodig het nie en laat spandeer ons geld wat ons nie regtig het nie.

Gaan kyk net na wat die rekenaar-en selfoonreu­s, Apple, op bemarking spandeer. Apple spandeer meer as $2 miljard per jaar aan bemarking.

Groot dele van hierdie geld word gebruik om navorsing te doen oor hoe om mense se denkpatron­e só te beïnvloed dat hulle keuses maak wat hulle dink hul eie is, maar eintlik word hulle onderbewus­telik beïnvloed om daardie keuse te maak. In gewone taal beteken dit daar word met ons breine gesmokkel.

Wanneer laas het jy stilgestaa­n om te dink oor die ware rol van Kersfees? Wanneer laas het jy gewonder hoekom jy jouself in geldelike knyp gaan sit omdat jy konsuis duur klere en geskenke moet koop? Hoeveel keer het jy al hier in Januarie besef dit wat jy in Desember gekoop het, is nie meer so oulik nie?

Soek jou familie liefde eerder as duur geskenke? Wil jou kinders op Kersaand in jou arms lê eerder as om te sien hoe dronk volwassene­s tekere gaan?

As jy net vir ’n oomblik stilstaan, sal jy besef jy word rondgeslin­ger in die dwaalkolk van kunsmatige opgewekthe­id, feesvierin­ge en kamstige blymoedigh­eid. Jy is hoog op die opgewonden­heid wat die groot winkels wil hê jy moet ervaar sodat jy jou geld aan hulle kan oorhandig. Ek lees onlangs die uitdrukkin­g: “Jy koop goed met geld wat jy nie het nie omdat jy mense wil beïndruk wat nie eens vir jou omgee nie.” Hoe waar is dit nie?

Barack Obama het onlangs in ’n toespraak oor Nelson Mandela gevra: “Hoeveel kos kan een mens nou eintlik eet?” Wat hy daarmee bedoel het, is hoekom moet ons alles probeer koop omdat ons dit kan bekostig? Verlede Kersfees was dit die gunsteling­produk op die mark, maar vanjaar is dit net nóg ’n ding wat plek volmaak. Hierdie jaar soek jy die nuwe ding wat die winkels jou oortuig het jy kan nie sonder klaarkom nie. En só gaan die bose kringloop net aan en aan.

Wat is die waarheid? Die waarheid is dat ons Kersfees moet terugvat by die winkels en dit moet maak soos wat dit veronderst­el is om te wees. Kom ons herinner onsself daaraan dat Jesus gebore is om ons van die wêreld se dinge te verlos. Kom ons herinner onsself daaraan dat ons nie ons kinders benadeel as ons hulle vertel Kersvader is ’n klug nie. Jy kan vir jou kind ’n geskenk koop sonder om te jok dat ’n vet man dit gegee het. Jy mag lekker eet omdat jy Jesus se verjaardag vier. Die waarheid is egter dat net Jesus Christus geskenke gee wat regtig waardevol is en dit is liefde en vrede.

Soek jou familie liefde eerder as duur geskenke?

 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa