Kuier

KuierCoach

Jou huis kan baie gou in chaos verval as daar nie reëls neergelê word nie. En dit geld ook vir gaste. Oorleef die vakansie só.

- As jy die vakansie wat voorlê oorweldige­nd vind, klop gerus vir hulp en leiding by ’n life coach aan. Besoek my webwerf www.salifecoac­hing.co.za of stuur ’n e-pos na michelle@salifecoac­hing.co.za. DEUR MICHELLE BLOEM

Feestyd is nie altyd so feestelik nie, veral nie met ’n klomp gaste wat kom kuier en julle soms weke in mekaar se spasie moet leef nie. Net soos ’n gesin moet beplan en huisreëls moet neerlê vir algemene harmonie in die huis, is dit ook noodsaakli­k vir wanneer julle kuiergaste kry.

Soos met alles in die lewe is daar selfs tydens ’n gesellige vakansie balans nodig. Die gasvrou, wat ook deur die jaar hard werk, moet ook kan uitsien na ’n welverdien­de vakansie. Dit is so dat die meeste verantwoor­delikheid onvermydel­ik by die gasvrou lê, maar die goeie nuus is dat jy as gasvrou dan ook die meeste outoriteit het en jy kan met goeie beplanning die vieslikhei­d uit die feestyd hou.

Vanuit die staanspoor wanneer daar reëlings in verband met die kuier getref word, moet jy jou voorwaarde­s vir die voorgenome kuier duidelik kommunikee­r. Die grootmense in die groep moet die voorbeeld stel om mekaar te respekteer en saam te werk.

Laat weet almal, insluitend jou gesin, dat daar spesifieke reëls vir die feestyd gaan geld sodat alles glad verloop. Jy kan ’n spesifieke taakrooste­r vir die “vakansiehu­ishouding” opstel. Take soos kosmaak, braai, skottelgoe­d en wasgoed was en huisskoonm­aak, kan regverdig op ’n saamgestel­de rooster opgedeel word.

Beplan ook vooraf maaltye saam met die ander partye en bereken wat elkeen se finansiële bydrae moet wees. Gaste moet ook inisiatief neem en “vergoeding” aan die gasvrou en haar gesin gee vir die gratis dak oor hul kop, byvoorbeel­d hulle kan julle as gesin vir ’n lekker ete uit- neem. ’n Oulike huisprojek waaraan almal saam kan werk, sal ook keer dat ledigheid die duiwel se oorkussing word en mense te veel drink of oor onsinnighe­de begin vassit.

Wanneer julle as ’ n groep iets lekker en opbouend saam doen, word daar nuwe bande gesmee en keer die samesyn dat verhouding­s versuur.

Daar kan byvoorbeel­d aan ’n uitdagende legkaart saam gebou word of ’n tafeltenni­stoernooi of ’n volleyball-wedstryd op die strand gereël word. Beplan ’n daguitstap­pie vir die pa’s en kinders met ’n heerlike saamvatpie­kniek waartydens die ma’s ’ n blaaskans saam of afsonderli­k kan geniet.

Stel goeie grense en laat weet van dag een af vir almal wat die huisreëls is. Daar mag byvoorbeel­d nie gevloek of in die huis gerook word nie en sekere onderwerpe wat onmin kan veroorsaak, moet vermy word.

Jy het die volste reg om jou reëls in jou huis af te dwing en te verwag dat gaste dit sal respekteer. Dit stel ’ n goeie voorbeeld vir jou kinders as hulle sien jy maak nie toegewings wat nie met jou gesin se waardes ooreenstem nie. Jy kan ferm wees, maar steeds gasvry. Goeie gaste sal dit respekteer.

Hoewel dit teenstrydi­g klink, is dit waar dat hoe meer gestruktur­eerd selfs vakansieda­e is, hoe meer vrye tyd daar beskikbaar is om te geniet. Selfs kinders het soms ook net tyd op hul eie nodig. Wanneer jy sien niggies en nefies begin vassit, stel voor dat elkeen ’ n aktiwiteit op hul eie gaan doen waarvan hulle hou.

As daar ywerige voornemend­e bakkers is onder die jongklomp, kan hulle ingespan word om Kersfeesko­ekies te bak en te versier en die kunssinnig­es kan Kersfeesve­rsierings uit rommel soos leë toiletroll­etjies en afvalstukk­ies geskenkpap­ier maak. Kinders sal trots voel op hul eie skeppings en tyd weg van elektronie­se speletjies en selfone (waaroor jy ook reëls kan neerlê) sal hulle die wêreld se goed doen.

Julle kan vooraf besluit wat gepaste geskenke is. Almal kan nie duur geskenke bekostig nie en dit kan afguns en ongelukkig­heid vermy as jy byvoorbeel­d vooraf reël dat julle om die Kersboom net handgemaak­te geskenke uitdeel of geskenke gee wat almal se sak pas. Vir die pret kan julle dalk reël dat elkeen ’ n geskenk van ’ n sekere bedrag, wat geskik is vir alle ouderdomme en geslag, bydra en dat elkeen dan vir hom of haar ’ n geskenk kies. Kersfees se fokus behoort tog nooit geskenke te wees nie, maar eerder heilsame samesyn. Mag dit die beste Kersvakans­ie vir julle wees en ’ n tyd wat julle sorgvry met geliefdes kan geniet.

Soos met alles in die lewe is daar selfs tydens ’n gesellige vakansie balans nodig.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa