Kuier

Boodskap: Vindvreugd­eenvredein­Kerst yd

om hoop op te gee in tye waar almal rondom jou feesvier terwyl jou omstandigh­ede donker lyk, maar onthou in die Here is daar altyd hoop. DEUR EERW. MOSELENE DAVIDS

-

Een van my geliefkoos­de Kerslieder­e is: “O die vrolike, O die salige vredebring­ende Kersfeesty­d. Diep was ons verlore, Christus is gebore. Juig nou, juig verblyd, O Christenhe­id.” Dis weer daardie tyd van die jaar wanneer ’ n opgewonden­heid heers, want dis Kersfeesty­d. Kersfees is immers ’n vreugdefee­s, want Jesus is gebore, die een wat hoop na die wêreld bring.

Tog ervaar almal nie vreugde of hoop tydens die feestyd nie. Mense sukkel finansieel, misdaad vat oor, geliefdes sterf en siektes verniel hulle. Dit is alles dinge wat ons van ons vrede beroof.

Te midde van hierdie donker toestande het ’ n lig in ons wêreld gekom wat helder skyn. Jesus Christus is gebore! Hy word genoem Immanuel, wat beteken “God met ons” (Matt. 1:23). Hierin vind ons die versekerin­g dat ons nie alleen is nie. God se lig skyn helder in die donker van gebroke harte. Ons kan enige tyd, in alle omstandigh­ede met Hom praat. Hy is by ons in ons pyn, vrese, eensaamhei­d, verwerping of betekenisl­oosheid. Jesus het Hom kom vereenselw­ig met ons menswees en weet wat ons voel.

Jesaja 9:5 verklaar: “Want ’n Kind is vir ons gebore, ’ n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op Sy skouer, en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige Vader, Vredevors”.

Jesus heers oor al ons omstandigh­ede, selfs die swaarkry van ons lewe. Hy doen steeds wonderwerk­e, dit wat onmoontlik is vir mense. As ons radeloos voel, is Hy die beste raadgewer. Hy is ons sterkte in tye van fisiese swakheid. Hy dra ons wanneer ons nie ’ n tree verder kan nie.

Mense het verskillen­d gereageer op

die geboorte van Jesus. Maria was eers verskrik toe die engel aankondig dat sy die moeder van Jesus sou word. Hierdie onbekende, ongeletter­de jong dame was deur God uitverkies. Sy het haar toe gewillig oorgegee aan God (Luk. 1:38).

Josef, die timmerman was eers angstig vir wat die gevolge kon wees, maar word gehoorsaam en ondersteun Maria (Matt. 1:19 en 20). Die herbergier het nie plek vir Hom gehad nie (Luk. 2:7). Die herders het in die veld gewoon en hard gewerk onder uitdagende omstandigh­ede. Hulle het eerste die boodskap ontvang dat die Verlosser van die wêreld gebore is en daarvan getuig (Luk. 2:8 – 11). Herodus was ontsteld en wou Jesus laat vermoor, maar God se plan met Sy boodskap van hoop, kan nie vernietig word nie. Die wyse manne het Hom aanbid (Matt. 2:11) en geskenke gebring. Hulle was geleerde sterrekund­iges wat nederig buig om naby Hom te wees.

Só reageer jy dalk ook verskillen­d op die boodskap van hoop. Kersfees bring egter hoop vir almal. Hierdie boodskap is vir die eenvoudige, ongeletter­de, onbekende mense met min aansien soos Maria, Josef en die herders. Dis ook vir besigheids­mense, diegene in gesagsposi­sie, invloedryk­e leiers en geleerdes soos die herbergier, koning Herodus en die wyse manne. Johannes 3:16 verklaar tereg “Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy Sy enigebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore sal

gaan nie, maar die ewige lewe kan hê”.

’n Bybelverkl­aring gee drie omskrywing­s van hoop: ”’n Glorieryke verwagting van toekomstig­e seën”, “die versekerin­g alles sal die moeite werd wees” en “die oortuiging dat die eindstreep werklik bestaan”. God se Woord verkondig ’ n lewende hoop (1 Pet. 1:3-4). Wanneer ons Jesus aanvaar deur wedergeboo­rte word die vlam van hoop aangesteek, wat deur ons geloof lewend gehou word. Ons erf die ewige lewe as ons in Hom glo en tot Sy eer lewe. Dit moet ons fokus wees in ons moeilikhed­e. Ons kan hoopvol uitsien na Sy wederkoms waar Hy glorieryk sal heers as Koning. Alle pyn en ellende sal weggeneem word en ons sal ongekende vreugde ervaar.

Romeine 15:13 verklaar: “Mag God, die bron van hoop, julle deur julle geloof met alle vreugde en vrede vervul, sodat julle hoop al hoe sterker kan wees deur die krag van die Heilige Gees!”

Maria het nagedink oor die boodskap van die engel, dat Sy die moeder van die Verlosser sou word. Ons moet midde-in die opgewonden­heid oor geskenke, feesvier en vakansiety­d, ook stil word en oor die boodskap van Kersfees nadink. Jesus is die kosbaarste geskenk wat ons ooit kan ontvang. Mag ons Kersfees opnuut hoop vind, want die Kind wat vir ons gebore is, is Immanuel. Hy is ons hoop.

Hy is by ons in ons pyn, vrese, eensaamhei­d, verwerping of betekenisl­oosheid.

*Eerwaarde Moselene Davids is verbonde aan die Morawiese Kerk SuidAfrika, Pella-gemeente.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa