Kuier

’n Suidooster- Krismis: Akteursdee­lhultradis­ies

Die mense van Ruiterbosc­h is al soos ons eie. En nou deel hulle al hul Kersfees-tradisies en -ervaringe met ons!

- Deur Tarren-Lee Habelgaarn

Kersfees is ’n spesiale tyd wat ons herinner aan wat regtig saak maak in die lewe en om terug te kyk op die afgelope jaar en dankbaar te wees vir seëninge en selfs uitdagings, want dit beteken ons het ’n lewensles bygekry.

Dis ook amptelik daardie tyd van die jaar wanneer ons liggame begin afskakel van die werk en oorskakel in festive mode – alles voel sommer ligter en mense lag meer en makliker. En dís juis die atmosfeer wat in die studio geheers het toe ons dié glansryke Kersvoorbl­ad saam met sterre van die gewilde kykNET-sepie Suidooster skiet.

Dis altyd interessan­t om te hoor hoe bekendes Kersfees vier, want omdat hulle bekend is, neem ’n mens soms aan hulle doen dit anders as“gewone”mense. Maar vir Denise Newman (Bridgette October), Portia Joel (Lee-Ann Jacobs), Irshaad Ally (Rhafiek Samsodien), Desiré Gardner (Carmen Samsodien), Maurice Paige (Tyron Daniels), Marco Spaumer (Tim du Plooy) en Jill Levenberg (Mymoena Samsodien) is dit juis die dinge in die lewe wat geld nie kan koop nie wat die feestyd so spesiaal maak. Vir hierdie groep mense gaan dit nie oor hoe groot geskenke is wat hulle kry nie, maar hoe kosbaar die herinnerin­ge is wat hulle saam met hul geliefdes maak.

Op ’n somber noot, is die hartseer in die akteurs se oë duidelik wanneer hulle oor geliefdes vertel wat nie meer met hulle is nie. Die vermisting is groot, veral hierdie tyd van die jaar, maar juis dít maak dat hulle geliefdes wat nog hier is, selfs meer waardeer.

Hoe vier julle Kersfees en waar hou julle dit?

Denise Newman: In die Newman-huis is Oukersaand die groot feesvierin­g. Ons het dit altyd by my ma se familie deurgebrin­g en dan het ons Kersdag saam my pa se kant van die familie gevier. Toe my ma afsterf, het ek die tradisie oorgevat en nou kom almal Oukersaand na my huis toe.

Maurice Paige: Dis belangrik dat die familie saam kom vir Kersfees. Ek glo dat ek elke jaar saam my ouma moet wees, so ek en my ma-hulle sal altyd saam met my ouma eet. Verlede jaar was almal in Riviersond­erend (in die Wes-Kaap) en dié jaar gaan ons almal weer saam wees by my ouma se huis in Heidelberg (in die WesKaap).

Van vorige bladsy

Desiré Gardner: Ons hou daarvan om die 24ste se aand regtig fancy aan te trek en dan eet ons saam. Dis altyd mooi gedekte tafels met al die tradisione­le kosse en ons maak geskenke oop saam met die kinders. My ma doen dit al vandat ons klein is en nou doen ons dit ook met ons kinders. Ons gaan soms Carols by Candleligh­t toe, maar sodra ons by die huis kom, trek ons mooi aan. Dis gewoonlik by my ma-hulle se huis in Hersham naby George (in die Wes-Kaap) en dan kom al vyf kinders saam met hul eggenote en kinders.

Marco Spaumer: Vir jare het ons elke jaar sedert my kleintyd elke jaar Kersfees saam my pa en ouma-hulle op die plaas in Limpopo gevier. Ek was nog jonk toe my ouers geskei is, maar ons het altyd Kerstyd saam my pa-hulle op die plaas spandeer en dan was dit ’n regte plaas-Kersfees. Ons het gebraai en onder die bome fees gevier.

Irshaad Ally: In my (Moslem-)geloof vier ons natuurlik nie Kersfees nie, maar snaaks genoeg het ek altyd saam met Christenme­isies uitgegaan voordat ek my vrou ontmoet het. So, ek het al saam ’n vorige meisie en haar familie op ’n Kersdag geëet en dan het hulle moeite gemaak om vir my

’n Halaal-tafel te maak. Een ding waarvan ek altyd gehou het, is wanneer ek by my Christen-vriende op ’n Kersdag kuier, is dit een groot party, almal eet, daar is ’n dronk antie wat jou wil soen en daar is net ’n ander gees.

Hoekom is Kersfees so belangrik vir families?

Portia Joel: Dis die tyd om saam met mense te spandeer en as jy nie iemand het nie en jy hoor daar is parties aan die gang in jou straat, kan dit nogal terrible wees. Dis ’n tyd wanneer mense na geliefdes verlang en ná ’n lang jaar kan rus. Jy is bly om saam met familie en vriende te kan wees en jy voel dankbaar vir dit wat julle het. Ek dink ons as ’n samelewing moet ook meer doen en uitreik na mense wat hartseer of alleen is oor die feestyd.

Jill Levenberg: Kersfees is nie Kersfees sonder mense wat vir jou omgee en vir wie jy lief is nie. Vir my is daardie mense my familie. Daar was al baie tye toe ek oorsee was en ek nie saam met my familie kon wees nie. Ek haat dit dat mense voel asof hulle baie geld moet spandeer om by te hou met ander, want dit sit mense in die skuld. Mense vergeet die regte betekenis

van die feesgety en jy hoef regtig nie baie geld te spandeer om ’n spesiale Kersfees te hê nie, want aan die einde van die dag gaan dit oor liefde, samesyn en vrede.

Wat moet op en rondom elke kerstafel wees?

Portia: Familie en lekker kos is definitief vir my belangrik!

Marco: Ek dink as daar een ding is wat elke Kerstafel nodig het, is dit liefde. Nie almal het altyd die geld of hulpbronne om ’n beautiful of skatryk Kersfees te kan hê nie, maar iets wat onskatbaar is, is liefde. En dit maak nie saak wat jou omstandigh­ede is nie, as daar liefde rondom jou tafel is, gaan dit ’n spesiale Kersfees wees.

Watter Krismis is vir jou spesiaal of snaaks?

Jill: Toe ek 10 of 11 was, was ons nie altyd seker of ons enige Kersgesken­ke sal kry nie. Ons het geweet my ouers moet hard werk en dat daar nie altyd geld was nie. Maar die een jaar het hulle vir my en my suster wakker gemaak en ons in die sitkamer laat staan. Toe bring hulle twee pienk fietse in van buite af met twee Pink Panthers bo-op. Myne het nog ’n wit >>

Ekdinkasda­areendingi­s watelkeKer­stafelnodi­ghet, isditliefd­e. MARCO SPAUMER

 ??  ?? Die akteurs klink ’n glasie.
Die akteurs klink ’n glasie.
 ??  ?? . Jill Levenberg is in die regte luim.
. Jill Levenberg is in die regte luim.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa