Kuier

Inspirasie: Vrouemaakv­erskilinge­meensk appe

Net soos daar mense mekaar uitmoor en beroof, is daar ook diegene wat hul gemeenskap­pe sonder ophou probeer opbou. Dié vroue is hul mense se steunpilar­e.

- DEUR MARTELI BREWIS

Die wêreld lê aan flarde en almal ploeter selfsugtig voort. Maar hier en daar kry ’ n mens gemeenskap­sengele wat hulle lewens daaraan wy om te red wat te redde is en die wêreld ’ n beter plek te maak. Hulle sien die heel ergste van die samelewing, maar het steeds hoop en gee alles wat hulle het om dié wat seer het, te versorg.

Magda Meyer (57) van die Paarl in die Boland, se sopkombuis is soveel meer as net ’n kospakkie werd. Sy gee haar hele lewe, haar hart, om ander mense lief te hê en te versorg Z of dit nou fisies of geestelik is. Hierdie sagte, nederige vrou is ’ n kampvegter vir ander en sal selfs die klere aan haar lyf gee vir iemand wat dit nodig het. Nie net voer sy meer as ’ n 1 000 mense elke dag nie, maar sy was en versorg klein kinders – baie wat MIVpositie­f is – en sy versorg en was oumense wat nie meer vir hulself kan sorg nie. “Ons gee waar daar nood is, maak nie saak waar nie,” vertel Magda sag.

Haar storie het begin toe haar eie gesin gesukkel het. Sy het maar haar trots in haar sak gesteek en van deur tot deur geklop vir ’ n werk in ruil vir kos, hout en klere. Dit het haar laat besef hoe baie mense in dieselfde bootjie as sy is – wat ook sukkel met depressie en werklooshe­id, armoede en honger. Sy kon nie anders as om hulle te begin help met die bietjie wat sy gehad het nie. “Die nood is verskrikli­k erg. Dis hartverske­urend om te sien waardeur party mense gaan,” prewel ’n emosionele Magda. Dit breek haar hart as sy die hordes ma’s, babas in die arms, in die kosry sien staan, gevolg deur die werklose mans. “Ons dink altyd dis mense wat nie wíl werk nie wat so in ’n ry kom staan, maar baie keer word hierdie mense heeltemal gestroop van baie goed wat ons nie verstaan nie,” verduideli­k sy.

SORG VIR ALMAL

Magda staan elke oggend douvoordag op om die kospotte aan die gang te kry in haar kombuis. “Wat ook al die Here voorsien het vir die dag. Ons maak dit so lekker as wat ons kan, want dis baie keer die enigste maaltyd van die dag,” glimlag sy. Hulle kry soms kos wat verby die vervaldatu­m is, maar steeds eetbaar, by supermarkt­e. Suksesverh­ale, om te sien hoe mense se lewens verander, is wat haar inspireer. Sy voel as jy jouself in iemand anders se skoene sit, sal jy hulle nie sommer kan oordeel nie. Magda vertel laggend haar kinders kla soms as hulle iemand in die straat sien met húl klere aan wat sy gegee het, maar as sy iemand sien wat meer nodig het as sy, dan gee sy.

Deesdae kry sy hulp uit alle oorde, maar aan die begin het sy vir haar vriende en bure gevra om te gee wat hulle kan – ’n stukkie brood hier, ’n halwe sakkie meel daar. Dan moes sy loop om hout te gaan soek en self gesleep het om die potjie p aan die kook te hou. “Niks gebeur sonder sacrifice nie, maar dis die moeite werd om alles in te sit. Ek sien nie net God se hand nie, ek sien Sy hart,” vertel sy. Sy gee haar lewe omdat sy weet wat dit is om in die put van swaarkry te wees, sonder enige hoop. Magda self oorleef op ’ n grant, maar niks hou haar terug om die wêreld ’ n beter plek te maak nie.

Nóg ’ n kampvegter is Joanie Fredericks (49) van Tafelsig in Mitchells Plain buite Kaapstad. Sy baklei vurig om alle vorme van geweld teen vroue en kinders, veral seksuele geweld, uit te wis. Sy is gereeld te sien met ’ n plakkaat buite die hof om te veg vir dié wat nie meer kan nie en wanneer jy met haar praat, kan jy nie help om die oorlog saam met haar te wil veg nie.

Van kleins af wou Joanie die wêreld ’n beter plek maak. “My pa het my ma mishandel en ek het altyd gesê dat ek dit eendag gaan stopsit,” onthou sy. Op ses jaar oud het sy besluit om ’n menseregte­prokureur te word wat vir vroueregte veg. “Die lewe het nie só uitgewerk nie,” glimlag sy. “Maar, as ek ’ n fancy prokureur geword het, sou ek tien teen een nooit geword het wie ek vandag is nie – iemand wat in die middel van alles is, wat mense kan help soos en wanneer hulle dit nodig het, waar ook al en wanneer ook al.” Dit motiveer haar dat sy die geleenthei­d het om ’ n klein rol te speel in

Ek doen wat ek doen omdat ek werklik glo in die groter goedheid van die mensdom. JOANIE FREDERICKS

ander mense se lewens, veral in dié van mishandeld­e vroue en kinders.

“Dit verhelder my hele lewe en inspireer my om aan te gaan as ek ’ n rol kan speel in ’ n vrou se lewe wat eens mishandel was, so bang vir die lewe en onseker van haarself; ’n vrou vasgevang in ’ n siklus van geweld sonder enige hoop, wat weer die krag kry om op te staan en aan te gaan, en ’ n punt bereik waar sy besef sy het ’ n keuse om haar omstandigh­ede te verlaat.”

Joanie vertel sy het een oggend opgestaan en kon dit net nie meer hanteer om in ’ n gemeenskap te bly waar werklooshe­id, armoede, alkohol- en dwelmmisbr­uik, huishoudel­ike en seksuele geweld amper alledaags geword het nie. Sy het besef as sy in ’ n beter wêreld wil bly, sý sal moet inspring om die positiewe veranderin­ge te bring. Oor die jare was sy betrokke by talle gemeenskap­sprojekte, maar die afgelope jaar is daar ’ n projek wat baie naby aan haar hart lê.

“Dit het duidelik geword dat, om ’ n daadwerkli­ke verskil in vroue, families en gemeenskap­pe se lewens te maak, sosiale upliftment en ekonomiese bemagtigin­g hand aan hand moet gaan,” verduideli­k sy. Juis daarom het sy die gratis leerderlis­ensieklass­e en ’ n bekostigba­re bestuursle­sse-projek begin, genaamd Ladies Own Transport Services, waarvoor sy onlangs genoeg geld ingesamel het om ’n motor te koop. Sy glo hierdie model kan geleenthed­e en bemagtigin­g skep vir vroue regoor die land. “’n Bestuursli­sensie baan die weg vir soveel geleenthed­e, bemagtigin­g, onafhankli­kheid, beter werksgelee­nthede – soms die verskil tussen lewe en dood.” Dis nie moeilik vir Joanie se passie om vlam te vat nie – sy hoef net iemand in nood te sien, dan kan sy nie haarself stop om te help nie. “Ek doen wat ek doen omdat ek werklik glo in die groter goedheid van die mensdom.”

RED DIE PA’S EN SEUNS

Tragedie is geneig om die meeste mense in stukke te breek, maar Avril Andrews (55) van Hanover Park op die Kaapse vlakte het haar seun, Alcardo (toe 27), se dood gebruik om ander te help. Wanneer jy haar ontmoet, kom jy dadelik agter sy is ’n sterk vrou wat nie nonsens vat nie, maar hoe meer jy met haar gesels, hoe meer sien jy die diepte van haar hart. Hoewel sy aanvanklik by ’n bank gewerk het, het sy in 2013 ’n biltongwin­kel tuis begin sodat sy meer op haar gemeenskap­swerk kon fokus en steeds die pot aan die kook kon hou.

“Ons mense voel so hulpeloos, partykeer het hulle baie nodig, maar ander keer net ’n drukkie, iemand wat omgee. Ons is saam in hierdie ding,” vertel sy. Sy voel die wêreld se probleme is soos ’n olifant – ’n mens eet dit stukkie vir stukkie, een op ’n slag. Avril se geloof en haar ge- sin hou haar staande in donker tye.

Haar organisasi­e, die Alcardo Andrews Foundation (AAF), is gestig nadat Alcardo vermoor is nadat hy geweier het om ’ n bendelid te word in Oktober 2015. Hy is vermoor deur seuns wat voor Avril grootgewor­d het. Voor dit was sy altyd betrokke in die gemeenskap, maar Alcardo het haar geïnspiree­r om meer te doen.

Sy ondersteun onder andere ander ma’s wat kinders deur geweld en bendes verloor het. Verder fokus hulle op kinders en jeug, veral seuns. Die organisasi­e help ook mans om beter pa’s te wees (dit was veral Alcardo se passie). Avril vertel in die jaar voor sy dood het Alcardo vir haar gesê daar is jong seuns wat swaarkry en honger ly en baie keer nie ’n ander keuse het as om deel te word van bendes nie. Alcardo het haar gesmeek om ’ n program te begin om pa’s te ondersteun en seuns van die strate af te kry. Alcardo het vir Avril touwys gemaak oor die behoeftes en hoe die onderwêrel­d werk. Ná sy dood werk Avril nog harder om Alcardo se droom te bewaarheid. Hoewel sy Alcardo se moordenaar­s vergewe het, veg sy steeds onverpoos vir geregtighe­id en veranderin­g.

“In ’n mate verstaan ek hoekom hulle dit gedoen het deur my geloof en dit wat Alcardo vir my geleer het. Sy hart was op die regte plek. Dít gee my vrede,” verduideli­k sy.

 ??  ??
 ??  ?? VAN LINKS NA REGS: Magda Meyer, Avril Andrews en Joanie Fredericks veg hand en tand vir hul gemeenskap­pe se welstand.
VAN LINKS NA REGS: Magda Meyer, Avril Andrews en Joanie Fredericks veg hand en tand vir hul gemeenskap­pe se welstand.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa