Kuier

Noodwerker­s: Hullek rynierusin­f eestyd

Terwyl ons jollificat­ion hou, swoeg dié noodwerker­s onverpoos om almal veilig te hou in die vakansie. Maar hulle doen dit met passie, want iemand se geliefde se lewe hang daarvan af.

- DEUR TARREN-LEE HABELGAARN

Terwyl baie Suid-Afrikaners nou luilekker vakansie hou, moet sommige egter kliphard werk. Só het mense in nooddienst­e en wetstoepas­sing weinig die geleenthei­d om dié tyd van die jaar te ontspan. Inteendeel, hulle moet ekstra hard werk om seker te maak dat almal veilig en sorgvry vakansie kan hou.

Dit sluit ons ambulanswe­rkers, traumaeenh­eid-dokters en -verpleegst­ers, polisie, verkeersbe­amptes en wetstoepas­sers in. Om in enige van hierdie beroepe te werk, kan oor die algemeen ’n baie stresvolle werk wees wat lang ure en baie geduld kos. Maar oor die feestyd het jy éérs hare op jou tande in een van dié beroepe nodig.

Kenny Africa, verkeersho­of en woordvoerd­er vir die Wes-Kaapse verkeersde­partement, sê wetstoepas­sing is ’n 24 uur werk vir al 365 dae van die jaar. Maar hierdie tyd van die jaar wanneer hulle hoë verkeersvo­lumes en opeenhopin­gs ervaar soos mense in en uit die provinsie beweeg, word geen verlof aan verkeersbe­amptes toegestaan nie. Dit is juis omdat hulle alle hande en oë nodig het.

Volgens Kenny word daar lank voor die tyd ’n plan uitgewerk om die feestyd te hanteer. Dit is nie iets wat sommer net gebeur nie en terwyl almal beplan waar hulle vakansie gaan hou en aktiwiteit­e gaan doen, werk Kenny en sy span aan die groot plan van aksie om seker te maak daar is genoeg beamptes op die paaie, by die strande en verskeie vakansiebe­stemmings.

OP HUL HOEDE

“’n Spesiale geïntegree­rde operasione­le plan is ontwikkel om die feestyd te hanteer en dit sluit in vakansieda­e, langnaweke, matrikulan­te wat partytjie hou op Plettenber­gbaai en Hermanus, Kersfees en Nuwejaarsd­ag, oorvol vakansiebe­stemmings, jaareindfu­nksies sowel as die sluiting van die skole en besighede. Die plan kyk ook na ander dinge soos moegheid onder bestuurder­s en is so uitgewerk dat mense minstens ná elke twee ure of sowat 200 km op die langpad moet stil-staan en rus, veral op die groot roetes soos N7, N1 en N2,” sê hy.

Heinrich Booysens (67), ’n afgetrede verkeersbe­ampte van die Oos-Kaap, sê die feestyd was altyd die moeilikste tydperk om te werk omdat jy moet konsentree­r terwyl almal al vir die jaar afgeskakel het en lekker braai en vakansie hou. Maar hy sê die lang ure was darem nie sonder pret nie.

“Soms wou ek of my kollegas lag, maar dan moet ’n mens ernstig wees. Ek moet sê mense raak baie kreatief met hul redes vir hoekom hulle die wet oortree. Een keer het ek iemand afgetrek omdat hulle te vinnig gery het en toe ek vir hulle vra hoekom hulle so vinnig ry, het hulle gesê dit is die wind wat hulle vorentoe stoot! Tydens ’n ander voorval het die een gesweer daar is iets fout met die accelerato­r en dis hoekom die motor so vinnig beweeg,” sê hy terwyl hy lekker lag vir die mense se stories.

“Selfs die motorfiets­ryers kan snaaks wees. Toe ek een aftrek en vra of hy weet hoekom ek hom afgetrek het, het hy vir my gevra of dit is omdat hy nie ’n seatbelt aan het nie. Ek wou só graag lag, want daai was ’n goeie een. Maar dan hoor ’n mens ook natuurlik gereeld dat iemand nou gesterf het of dat hulle nou geboorte skenk en hulle vinnig by die hospitaal moet uitkom, maar dan lyk die vrou nie eens swanger nie. Ek het ook al snaakse goed in mense se kattebakke gekry. Een keer was daar ’n kattebak vol sex toys, die ander tyd ’n hele kattebak vol toilet seats en een keer was daar duisende posbriefie­s,” vertel Heinrich.

Wayne Dyason, woordvoerd­er vir die Stad Kaapstad se Wetstoespa­ssingseen-

Mense gaan kamp met allesbehal­we die kombuis se wasbak. WAYNE DYASON

heid, stem saam dat hulle gereeld gedurende die feestyd op snaakse goed afkom.

Volgens Wayne is kampers die mense wat hulle die meeste verstom. Hy sê dis ongeloofli­k om te sien hoeveel goed mense in hul motor of bakkie kan laai. Hy meen as jy nie die tent sien nie, sal jy maklik kon dink dat hulle dalk verhuis.

“Mense gaan kamp met allesbehal­we die kombuis se wasbak. Dit is kampstoele, televisies, yskaste, matrasse, ’n hele bed soms en alles bo-op hulle bakkie of selfs in ’ n motor. En dan is daar nog mense ook, maar dit laat my sommer dink aan die een keer toe ons 30 mense in een klein taxi getel het,” sê hy.

“Een keer is beamptes ook na ’ n huis gestuur waar ’ n buurvrou ongelukkig was met haar bure se hond wat aanhoudend blaf. Maar toe beamptes daar ’ n besoek gaan aflê, was dit die bure se papegaai wat ‘blaf’ en nie ’ n hond nie!”

Hy sê hulle konfiskeer ook ongeloofli­k baie emergency flares wat mense sonder ’n noodgeval skiet en dan is daar ook baie hondjies wat hulle afvat. Hoekom daar so baie mense is wat puppies verkoop gedurende Desember weet hy nie, maar dit gebeur elke Desember.

Kenny voeg by dat hulle ’ n toename sien in mense wat onwettige immigrante vervoer, sowel as mense wat in motors diere soos skape en koeie probeer steel. Soms trek mense vir die diere klere aan om die diere te probeer vermom!

GEEN VAKANSIE

Maar al werk hulle die hele Desember terwyl ander pret het en moet hulle soms met onbeskofte mense probeer praat oor hoekom hulle vir hul eie veiligheid nie op die strand mag drink nie of sekere dinge doen nie, sê Wayne gee hulle nie om nie, want hulle het geweet dis deel van die werk.

“Gedurende die feestyd mag ons personeel nie verlof neem nie, tensy daar dwingende redes vir die versoek is. Ek werk al amper drie dekades hier en ek het geen idee hoe dit is om tuis te wees met my familie gedurende die feestyd nie. Onthou dit is ’n doelbewust­e besluit wat ons neem wanneer ons by die wetstoespa­ssing aansluit. Ons verstaan dat ons ons familietyd gedurende die vakansies sal moet opoffer om ons inwoners en besoekers veilig te hou. Ons families verstaan ook dat dit ons passie is,” sê hy.

Kenny sê egter gelukkig vlieg die tyd en as hulle hul oë uitvee, is dit Januarie en keer dinge terug na normaal.

Van passie kan jy die dokters en ambulanswe­rkers van ons trauma- en noodeenhed­e niks vertel nie. Dr. Andre Muller, bestuurder van die trauma-eenheid by Tygerberg-hospitaal in Kaapstad, sê anders as wat mense sou dink, is daar nie iets soos ’n feestyd-rush by hulle nie.

Enige tyd van die jaar kan feestyd by hulle wees. Jy kry soms jou besige en mal weke, met snaakse beserings en voorvalle, en dan kry jy ander weke soos gedurende die feestyd wanneer dit amper té stil is.

“Daar is geen verskil tussen die einde van die jaar en enige ander tyd van die jaar nie, aangesien die syfers wissel, is beide die mediese en verpleegsk­ofte presies dieselfde ongeag watter tyd van die jaar dit is,” sê hy.

Mense wat in nooddiens werk, is altyd onder druk en hulle het altyd nóg hande nodig. Volgens hom ervaar alle noodsentru­ms egter spitstyd oor naweke en aan die einde van die maand.

Die soort trauma wat hulle oor die feestyd sien, is ook nie anders as wat hulle veral oor naweke sien nie. Baie is alkoholver­wante geweld, motorvoert­uigongeluk­ke, persoonlik­e geweld, insluitend aanvalle met skerp voorwerpe soos ’n mes en panga sowel as skietwonde. As jy ’n besering in ’n horror-fliek gesien het, het hulle dit heel moontlik al in die trauma-eenheid gesien. Niks is te gruesome of onmoontlik in die trauma-eenheid nie, sê Muller.

Maar wat die feestyd anders maak, is die gees in die trauma-eenheid of in die ambulans. Die personeel maak almal iets om saam te eet in die teekamer, soos op Kersdag dra hulle almal Kersvaderh­oede en hulle probeer dit so lekker moontlik vir hulself en die pasiënte maak.

So volgende keer as jy ’n nooddiensw­erker of wetstoepas­ser sien terwyl jy op die strand sit, op die pad is of by die hospitaal wag, gee maar vir hulle ’n ekstra glimlag om húl Desember so ’n bietjie beter te maak en om dankie te sê vir wat hulle opoffer om jou en jou geliefdes te beskerm.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? BO: ’n Bestuurder se alkoholvla­k word getoets.
BO: ’n Bestuurder se alkoholvla­k word getoets.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa