Kuier

Skoonheid: DieGlamGur­ugeeg rimeringra­ad

Hannon Bothma beantwoord ons brandende grimeringv­rae.

- saamgestel deur lavern maarman

V: WATTER SKAKERINGS IS IN DIE MODE VIR SOMER? A: Pers en pruim oogskadu soos die HANNON Day to Night Eyeshadow (R230) en bloedrooi lipstiffie soos die HANNON Eternal Red (R175). V: HOE SKEP EK DIE PERFEKTE LOOK MET GRIMERING VIR ’N AANDJIE UIT? A: Maak jou oë die fokus deur rokerige en donker oogskadu te dra met swart eyeliner en maskara en wend ’n baie ligte en neutrale kleur lip gloss aan. V: IN WATTER VOLGORDE WEND EK GRIMERING AAN? A: Onderlaag, doen jou wenkbroue, oogskadu, eyeliner, maskara, blosser, lipliner en lipstiffie.

V: EYESHADOW IS MOOI, MAAR DIT FADE SOMS. HOE MAAK EK DAT DIT HEELAAND HOU?

A: Wend jou onderlaag oor jou ooglede sodat dit die kleurpigme­nt stewiger kan vashou of spuit ’n sealer aan soos die HANNON Moisture Seal (R168) oor jou oogskadu.

V: HOE BESKERM EK MY GRIMERING?

A: Jy moenie ’n aktiewe aand uit aandurf as jy nie ’n sealer, HANNON Moisture Seal (R168), oor jou grimering gespuit het nie. V: AS EK SILWER OOGSKADU KIES, WATTER LIPSTIFFIE SAL MOOI DAARBY PAS? A: Silwer kan jou bleek laat lyk, so ’n baie donker lipstiffie sal die beste werk. V: WAT IS METALLIC GRIMERING EN WERK DIT VIR DIE AAND? A: Metallic grimering soos die HAN

NON Smokey Duo Eye Shadow (R168) lyk soos blinkende metaal. Dit werk vir die aand omdat dit blink en ’n fantasieel­ement het wat nie gepas is vir die dag nie.

V: PAS METALLIC GRIMERING BY ENIGE VELKLEUR?

A: Ligte velkleure werk goed met brons en roosgoud terwyl donkerder velkleure weer beter werk met goud-, silwer- en pewterskak­erings (loodkleur).

V: HOE MAAK IEMAND MET ’N DONKER VEL, (AMPER SJOKOLADEK­LEUR) OM HAAR WANGBENE TE LAAT BLINK IN DIE AAND?

A: Jy kan ’n highlighte­r (’n poeier- of roomblosse­r) direk op jou wangbene aanwend en dan die gekleurde blosser onder jou wangbene. Nog ’n maklike manier is om eenvoudig ’n druppeltji­e tissue oil of selfs baba-olie met jou vingers op jou wangbene aan te wend waar jy die glans wil hê. V: WAT KAN EK GEBRUIK OM SOMMER MY GRIMERING OP PAD HUIS TOE AF TE HAAL? A: Make-up wipes wat alreeds klam is, is ’n doeltreffe­nde manier om jou grimering af te haal op pad huis toe vanaf jou partytjie. Dit sal jou vel egter goed doen om steeds jou gesig behoorlik te reinig met ’n cleanser wanneer jy by die huis kom.

V: HOE MAAK JY ’N SMOKEY EYE?

A: Die oogskadu se intensitei­t gaan geleidelik van baie donker by die wimpers na al hoe ligter. Meng die kleure sodat dit nie soos ’n harde eyeliner-streep lyk nie, maar gebruik ’n eyeliner as jy wil en smudge die lyn effens. Die HANNON Black Gel Pencil (R145) werk baie goed. V: IS DAAR ’N CONCEALER VIR ELKE VELKLEUR? A: Daar is concealer vir elke velkleur, maar die beste een is ’n onderlaag wat olievry is, want ’n olievrye onderlaag kan jy tot teenaan jou onderste ooglid aanwend om byvoorbeel­d donker kringe te verbloem.

V: WAT IS DIE DOEL VAN CONTOURING?

A: Deur donker areas of lyne te skep, sal jy holtes vorm en waar jy ligte areas skep sal jy die gedeeltes laat uitstaan. Jy kerf basies nuwe features met die kontraster­ende kleure.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa