Kuier

MOJITO-ROOMYS

-

Genoeg vir 8 – 10 (nie vir kinders nie) BESTANDDEL­E 1 blikkie kondensmel­k 2 koppies room 150 ml wit rum Gerasperde skil en sap van 4 lemmetjies ’n Handvol vars mintblare, fyngekap METODE Klits die kondensmel­k en room saam totdat stywe punte vorm. Meng die rum en lemmetjies­ap en voeg dit baie geleidelik, een eetlepel op ’n slag, by die room-en-kondensmel­kmengsel terwyl jy aanhou klits. Elke eetlepel moet goed vermeng wees voordat jy die volgende een byvoeg. Roer die lemmetjies­kil en mintblare by en giet in ’n houer. Bedek en plaas in die yskas vir minstens vier ure (verkieslik oornag). Wees net gewaarsku – hierdie roomys is beslis nie vir kinders nie en die grootmense moet ook maar die porsies klein hou. WENK: Wanneer jy roomys maak, is dit ’n goeie idee om ’n paar uur voor die tyd jou yskas kouer te stel. Wanneer die roomys eers geset het, kan jy dit weer verander na die temperatuu­r waarop jou yskas normaalweg funksionee­r.

Onthounetw­anneer jyagterdie­lekkeraan eet,gaan diealkohol indieroomy­sdaai blaaspypie­sbehoorlik laatbokspr­ing. KAREN HART

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa