Kuier

SJOK-ROOMYSKOEK

Genoeg vir 12

-

BESTANDDEL­E

2 koppies sjokolader­oomys 275 ml room 275 ml Nutella 2 eierwitte, styfgeklit­s ’n Paar Whispers-sjokolade balletjies vir versiering Sjokolade vir versiering, fyngeraspe­r Ekstra room vir versiering, styfgeklit­s

METODE

Klits die roomys om dit effens sagter te maak. Skep die roomys in ’n gesmeerde 15 cm-losboomkoe­kpan waarvan die bodem met bakpapier of kleefplast­iek gevoer is. Maak seker die roomys vul elke hoek en maak dit glad bo-op met ’n platlemmes. Bedek die pan met kleefplast­iek en plaas in die yskas vir twee ure. Klits die room. Vou die Nutella in die room. Meng goed en vou die Nutella-roommengse­l by die styfgeklit­ste eierwitte in. Skep dié mengsel bo-op die fermgevrie­sde roomyslaag en maak gelyk. Bedek met kleefplast­iek en plaas terug in die yskas. Vries vir vier ure (verkieslik oornag). Maak die“koek” versigtig los uit die koekpan en plaas op ’n bord. Versier met Whispers, gerasperde sjokolade en ekstra room soos verkies. Bedien onmiddelli­k.

WENK: Plaas eers die koekpan vir minstens een uur in die yskas voordat jy die roomyslaag in die yskoue koekpan skep.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa