Kuier

TAMATIE-EN-KAASROULAD­E

-

Genoeg vir 6 BESTANDDEL­E Roulade 4 eetlepels botter 4 eetlepels koekmeel 150 ml room 2 eiers, geskei 1 x 140 g-blikkie tamatiepas­ta ’n Knippie neutmuskaa­t (nutmeg) Sout en varsgemaal­de swartpeper Vulsel 1 x 250 g-houer gladde maaskaas 1 eetlepel suurroom ’n Handvol pietersiel­ie, varsgekap METODE Roulade: Smelt die botter in ’n kastrol oor lae hitte en roer die koekmeel- blom daarin totdat jy ’n gladde mengsel het. Roer die room by om ’n witsous te maak. Haal van die stoofplaat af. Klits die eiergele effens en roer saam met die tamatiepas­ta by die witsous. Geur met sout en peper en neutmuskaa­t. Klits die eierwitte, maar nie te styf nie en vou by die witsousmen­gsel in. Voer ’n bakplaat (40 x 30 cm) met bakpapier en smeer die papier goed met botter. Skep die mengsel daarop uit, versprei eweredig en maak glad met ’n platlemmes. Plaas in ’n voorverhit­te oond van 190°C en bak vir 25 minute.

Vulsel: Meng die maaskaas, suurroom en pietersiel­ie en geur met sout en peper. Hou eenkant. Plaas ’n klam vadoek op ’n plat werksopper­vlak en keer die roulade daarop uit. Haal die bakpapier versigtig af. Smeer die vulsel oor die roulade, maar laat ’n bietjie ruimte al met die rande langs sodat die mengsel nie uitpeul wanneer jy dit rol nie. Gebruik die vadoek en rol die roulade in die lengte langs. Plaas die rol versigtig op ’n stuk foelie wat met oliesproei gespuit is en maak dit goed toe. Plaas dit in die yskas vir minstens 6 uur, verkieslik oornag. Haal dit net voor opdiening uit die yskas, verwyder die foelie en plaas dit op ’n mooi langwerpig­e bord. Sny in mooi skywe en bedien saam met ’n lekker varsgebakt­e brood en kraakvars slaai. WENK: Jy kan die tamatiepas­ta met tamatiepur­ee vervang.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa