Kuier

Gebed: Bidvirv oorspoeden­seën

Elke dag is ’n seëning van God. Maak Hom jou reisgenoot vir die jaar wat voorlê.

- SAAMGESTEL DEUR LAVERN MAARman

Gebed

Ons verlang na U leiding, help ons om altyd die regte keuses te maak en U oral saam te neem. Was ons silwerskoo­n met U bloed sodat ons opnuut vars kan begin. Kweek vir ons nuwe gedagtes aangaande U in die lang jaar wat voorlê. Dis ons hartsgebed dat elkeen van ons gesond sal bly en dat U ons huwelike en gesinne sal bewaar. Wys ons elke dag wat ons kan doen om by U troon te bly. Here, help ons vanjaar om altyd van ons tyd vir U te gee, al is dit in huisdiens of stiltetyd sodat ons gewapen kan wees met U Woord en ander kan seën soos U ons seën. Vul ons met geloof sodat ons staande kan bly in 2019. Help ons om U nooit te vergeet nie. Help ons om U naam groot te maak in slegte én goeie tye, want aan U kom al die lof en die eer toe. Sonder U is ons niks nie. Here, as ons familie- of werkverhou­dings verbrokkel, vra ons U om in te tree. Versterk die bande, bring ons nader aan mekaar om vanjaar ’n onvergeetl­ike jaar te maak met U aan ons sy. Here, ons prys U! Amen

Be willing to be a beginner every single morning. WWW.GOODREADS.COM

And suddenly you just know it’s time to start something new and trust the magic of beginnings. WWW.BELIEFNET.COM

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa