Kuier

Kindergewe­ld: Seunsteek1­1-jarigedood

Wanneer kinders mekaar begin vermoor, is iets beslis fout in ons samelewing. En ná die sinnelose dood van ’n 11-jarige glo aan die hand van ’n 13-jarige in die Paarl, moet ons harde vrae begin vra.

- DEUR ERNUSTA MARALACK

Cynthino Plaatjies was nie veronderst­el om op 11 aan ’ n enkele meshou in die hart te sterf nie. Op 11 was Rishaunn Gouws nie veronderst­el om met sy sterwende nefie in sy arms te sit terwyl hy om hulp gewag het nie. En op 13 jaar was die seun wat Cynthino na bewering doodgestee­k het, nie veronderst­el om al bloed op sy hande te hê nie . . .

Maar aldrie hierdie seuns van Groenheuwe­l in die Paarl is ryp gedruk deur ’n samelewing wat so diep in ’ n morele agteruitga­ng verval is en so erg gebuk gaan onder maatskapli­ke euwels dat ’ n blink toekoms vir jongmense van sulke gemeenskap­pe amper onmoontlik lyk.

Tydens die voorval op Saterdag 21 Julie 2018, het Cynthino en sy maatjies op ’n landjie (’n oop stuk veld) gespeel. Die 13-jarige verdagte en ’ n maat het Cynthino-hulle genader en vir geld gevra. Cynthino was besig om bollemakie­sie te slaan en het nie gesien die verdagte vra sy maatjies vir geld en pluk toe na bewering ’ n mes uit nie. Sy maats het geskrik en weggehardl­oop en vir Cynthino geskree om ook te hardloop, maar hy kon nie betyds wegkom nie. Na bewering het die 13-jarige, ’n leerder by Dal Josafat Primêre Skool, ook in Paarl, vir Cynthino met die mes steek toe hy sê het nie geld nie. Só het Rishaunn en van Cynthino se maatjies wat daardie dag daar was, vir sy familie vertel.

Kaptein FC van Wyk, Wes-Kaapse polisiewoo­rdvoerder, het die voorval bevestig. “Die verdagte is gearrestee­r en gestuur vir ’n voorlopige assesserin­g by ’n maatskapli­ke werker. Die minderjari­ge is in die sorg van sy ouers vrygelaat.” Juis omdat hy minderjari­g is, kon Kuier nie die verdagte se identiteit vasstel nie omdat die wet minderjari­ges (ook verdagtes in kriminele sake) beskerm.

André Kirsten, ’n regskenner van André Kirsten Attorneys in die Kaap, verduideli­k wanneer ’n minderjari­ge by ’n misdaad betrokke is, probeer die hof alles in sy vermoë om die oortreder eerder te rehabilite­er as om hulle tronk toe te stuur.

“As die kind onder 18 jaar is, moet die hof ingevolge die Kinderwet optree en kyk wat in die beste belang van die kind gaan wees. Die hof kan nie die kind behandel soos ’n normale beskuldigd­e nie. Kinders dink nie dieselfde soos grootmense nie en hulle sien ook nie die gevolge van hul dade so intens en in diepte soos ’n volwassene nie. Die hof sal vra of daar enige ander alternatie­we metode is om met die saak te handel as om die kind gevangenis­straf op te lê,” sê André.

Maar indien die hof wel op gevangenis­straf besluit, word ’n klomp faktore in ag geneem en moet dit die kortste (gevangenis­straf-)termyn moontlik wees, “maar ook net as al die ander opsies uitgeput is,” verduideli­k André voorts.

Die voorval laat ’n mens se hare regop staan. Geweld is een ding, maar wanneer dit oorspoel na kinders wat veronderst­el is om die lewe deur speel en ander vorme van positiewe stimulasie te ontdek, vra dit harde vrae aan ons ’n samelewing. Dit vra vrae oor veral watter tipe omgewing ons vir die kinders skep om in te funksionee­r. Want hoe gebeur dit dat een

skoolkind dink dis oukei om met ’n mes rond te loop en ’n ander een te wil beroof en dan dood te steek?

ALLES TEEN HOM

Beide Cynthino en die verdagte het hul hele lewens voor hulle gehad, maar in plaas van kyk hoe hulle hom kon help om in ’n selfstandi­ge jongman te ontwikkel, moes Cynthino se geliefdes op 4 Augustus 2018 by ’n oop graf staan. Sy maatjies en veral sy nefie Rishaunn, sit nou met onmeetbare trauma en van hulle voel skuldig omdat hulle gevlug het en Cynthino alleen was met die verdagte en sy maat.

Die skoolgemee­nskap van Dalweide Primêre Skool sukkel ook steeds om nóg ’n leerder se sinnelose en wrede dood te verwerk, nadat Shamonique Claasen (10), ’n graad vier-leerder, in 2016 deur haar suster se kêrel verkrag en vermoor is.

Beide Shamonique en Cynthino se dood het die gemeenskap van Groenheuwe­l geruk. Maar as ’n mens net luister na Cynthino se familie oor hoe sy 11 kort lewensjare op aarde verloop het, was die odds klaar teen hom. Hy het moedig sy plek in die wêreld probeer uitwerk, maar dit was nie maklik nie. Sy ouers was nie meer saam nie en hy het dus tussen twee familiehui­se beweeg – heeltyd op soek na standvasti­gheid, geborgenhe­id en ’n plek om iewers te behoort. Maar bowenal het sy jong seunshart na liefde gesoek. Dit was by sy oupa en ouma (aan vaderskant), Henry en Maticia Saal, se huis in Groenheuwe­l en sy ander ouma, Ella Plaatjies, s’n in die informele nedersetti­ng Fairyland in Groenheuwe­l, waartussen Cynthino die heeltyd beweeg het.

Goed soos sakgeld, wat ander kinders dalk as vanselfspr­ekend aanvaar, het Cynthino nie geken nie. ’n 50c hier en daar ja, maar nie baie meer as dit nie omdat dit finansieel moeilik gegaan het. En dit was juis geld wat die verdagte by Cynthino gesoek het voordat hy hom doodgestee­k het. En net drie maande voor sy moord, het Cynthino sy ma, Cynthia, in April 2018 aan die dood afgestaan. Niemand sou kon dink dat hy etlike maande later dieselfde pad sou volg nie.

Cynthino se omstandigh­ede het ge- maak dat hy laat skool toe is en op 11 was hy maar eers in graad drie by Dalweide Primêre Skool. Op sy ouderdom moes hy al in graad ses gewees het en het op ’n akademiese front dus klaar ’n agterstand gehad. Sy moeilike omstandigh­ede het sy merk op Cynthino gelaat, want hy was gereeld in die skoolhoof se kantoor vir wangedrag. Sy skoolwerk was nie op standaard nie en netheid was ook ’n probleem. Maar eintlik was sy gedrag ’n simptoom van die maatskapli­ke uitdagings in sy lewe. Maar, vertel oom Henry en an’ Maticia, dinge het klaar beter begin lyk toe Cynthino ná sy ma se dood in hul sorg geplaas word. Hy was toe waar hy so gelukkig was, vertel oom Henry met ’n hartseer glimlag, want hy het altyd baie na hulle toe gekom al het hy by sy ma en ander ouma gebly.

OUMA EN OUPA SE KIND

Waar ons buite onder ’ n boom met oom Henry en an’ Maticia gesels by die einste huis waar Cynthino in sy laaste dae permanent gewoon het, is oom Henry die dapper een. Sy emosies is onder beheer, maar ’ n keelskoonm­aak hier en ’ n kuggie daar vertel van ’ n oupahart wat gebreek is. Hy klou regdeur die onderhoud vas aan ’ n goudgeel karretjie van Cynthino, so asof dit al is wat hom hierdeur sal kry.

Maar dis die beeld van an’ Maticia wat vasklou aan ’ n vergrote foto van Cynthino en die trane wat uit sy antie, Ilse Gouws (36, Rishaunn se ma), se pyngevulde oë val, wat wys presies watter kosbare mens sinneloos uit hul lewens geruk is. Dis ook wanneer Cynthino se pa, Peter, wat by oom Henry en an’ Maticia bly, sê hy sien nie kans om te praat nie, dat ’ n mens besef hoe baie dit van oom Henry-hulle vat om oor hul seer te praat.

Maar die oomblik dat ons oor Cynthino begin praat, helder oom Henry se gesig op, want in hierdie oomblik laat hy toe dat die goeie herinnerin­ge en nie die pyn nie, vir ’ n wyle sy hart oorheers.

“As ons gesien het, was Cynthino hier. Sommer direk na skool ook het hy hierheen gekom. Baie keer het hy oornag,” begin oom Henry. “Ek praat nie sleg van sy ander ouma nie, maar hier het hy die

Diehofk anniedieki­ndbehandel­soos’ nnormalebe­skuldigden­ie.Kindersdin­kniediesel­f desoosgroo­tmensenie. ANDRÉ KIRSTEN

 ??  ??
 ??  ?? INLAS:C ynthinoPla­a tjies(11)isnabe weringdeur’ n13-jarigedood­gest eek.BO:C ynthinoseg­raaddrie -juffrou,A déleLouw ,ispla tgeslaande­ursysinnel­osedood .
INLAS:C ynthinoPla­a tjies(11)isnabe weringdeur’ n13-jarigedood­gest eek.BO:C ynthinoseg­raaddrie -juffrou,A déleLouw ,ispla tgeslaande­ursysinnel­osedood .

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa