Kuier

Slimkop: Armseunwer­khardvirdr ome

Ma’s en afgetrede onderwyser­s het besluit hulle kan nie agteroor sit terwyl leerders met wiskunde sukkel nie. En nou maak hulle ’n verskil!

- DEUR CHRISLYNN SIAS

Met die krag van moederlike liefde en die hulp van afgetrede onderwyser­s met ’ n voorliefde vir wiskunde, sit ’n paar ma’s skouer aan die wiel om die lewens van kinders op die Kaapse Vlakte dag vir dag en som vir som te verbeter.

Dié oud-onderwyser­s word as mentors en moederfigu­re ingespan in ’n program genaamd MathMoms wat ’n veilige omgewing skep waarin kinders se selfvertro­ue kan groei en hul wiskundige vaardighed­e kan blom.

In plaas daarvan om hul welverdien­de aftrede te geniet, het ’n groep afgetrede onderwyser­s van Elsiesrivi­er, Ravensmead en Uitsig op die Kaapse Vlakte in 2016 hul moue opgerol, koppe bymekaarge­sit en besluit hulle kan nie agteroor sit en ontspan terwyl daar in Suid-Afrika ’ n onderwyskr­isis is nie. Hulle wou steeds ’ n verskil in kinders se lewens maak en die jeug bemagtig. Só is hul breinkind, MathMoms, gebore.

Sonja Cilliers, een van MathMoms se stigters, sê hulle kon ’n behoefte sien in hul gemeenskap­pe en moes daad by die woord voeg om kinders te begin help.

“Ons wou ’n veilige omgewing skep waarin kinders kan leer sodat wanneer hulle teruggaan huis toe hulle met kennis en soveel meer hier uitstap. Ons het toe besluit om nie net te praat nie, maar om ook iets aan die saak te doen. Die organisasi­e is nie net vir die kinders nie, maar ook vir werklose ma’s wat ’n verskil in hul eie en ander kinders se lewens wil maak. Deur die ma’s op te voed en so breedvoeri­g moontlik toe te rus met wiskundige en lewensvaar­digheid-kennis om oor te dra aan graad twee- en drie-leerders, word nie net die kind se lewe positief ge- affekteer nie, maar ook die ma s’n.”

Volgens Sonja het wiskunde die vermoë om kinders se selfbeeld ’n hupstoot te gee. “Ek probeer dit altyd só verduideli­k: As ’n kind se vaardighed­e in wiskunde verskerp, ervaar hy of sy onmiddelli­k ’n sense of achievemen­t. Wiskunde leer die kinders dat daar verskeie maniere is om ’n probleem op te los en dat daar na alle moontlike oplossings gekyk moet word in plaas van net een. Kinders wat in wiskunde presteer, presteer gewoonlik sommer in al die ander vakke ook.”

IMPAK OP ALMAL

Die organisasi­e bestaan uit vier afdelings: mentors, MathMoms, leerders en skole. Daar is tans sewe mentors, 25 MathMoms, 440 leerders en vyf skole betrokke. Die mentors leer die ma’s, wat op hul beurt weer die kinders oor die grondslag van wiskunde leer. Elke ma word aan vier kinders toegeken. Juis omdat hulle in gebiede werk waar geweld en misdaad hoogty vier, word die ma’s ook geleer oor traumabera­ding. Elke ma word deur die

kinders gesien as ’ n pilaar in die gemeenskap wie hulle kan vertrou en op wie hulle kan staatmaak.

Een van dié wonder-mammies is Hilary Thai wat sedert 2016 by die program betrokke is. Sy was ’ n leerder by Uitsig Primêre Skool waar sy nou betrokke is. Albei haar kinders is ook leerders van dié skool. “Ek het twee jaar gelede by MathMoms betrokke geraak bloot uit nuuskierig­heid. Ek het as ’ n assistent die onderwyser­s uitgehelp toe daar een dag ’ n blaai die rondte doen waarop jy jou naam kan skryf om deel van die projek te raak. My naam was glad nie op die blaai nie, maar ek kon my nuuskierig­heid nie onderdruk nie en het gaan kyk wat presies die projek behels. Ek was so geïnteress­eerd, maar toe onthou ek, ‘ Jinne, ek ken dan nie wiskunde nie’. Die mentors het my egter gerusgeste­l en gesê hulle sal my leer.”

Ná Hilary se eerste inloer by MathMoms was die koeël deur die kerk en sy het dit as ’ n goue geleenthei­d gesien om nie net haarself nie, maar ook haar twee kinders te help. “As kind het ons nie dié tipe geleenthed­e gehad nie en ons het nie mense gehad wat ons gehelp het as ons sukkel nie. Ons ouers was ook nie opgevoed om ons te help nie. Met die kennis wat ek hier opdoen, gaan ploeg ek weer terug in my huishoudin­g en gemeenskap.”

Hilary bied nou vir kinders in haar gemeenskap gratis naskoolse klasse aan omdat sy voel kinders op die Kaapse Vlakte gaan gebuk onder armoede en misdaad. Met ’ n glinster in haar oë gaan sy voort: “Wow, die program het my oë oopgemaak vir soveel meer as wat ek verwag het. Ek kan nou my kinders ook help om beter te presteer op skool en ook hul maatjies. Die dankbaarhe­id in die kinders se oë vir die aandag en geduld wat ’ n mens aan hulle toon, is iets wat woorde nie kan beskryf nie. Dis ’ n gevoel wat ’ n mens se gemoed laat vol skiet.”

Nóg een van die MathMoms, Sharné Fortuin (25), wat tans ’ n intern by die program is, sê sy voel sy sou nooit haar droom kon uitleef as sy nie ’n plekkie by MathMoms gekry het nie. “Ek onthou nog ek het aansoek gedoen, maar daar was nie meer plek nie. Een van die ander meisies het uitgeval en toe is my kop deur!” vertel sy laggend. Sharné wat Educare studeer het, het ná haar studies verskrikli­k gesukkel om ’n internskap te kry. Sy het toe op vullistrok­ke begin werk. “Ek het gedink dat ek my passie vir onderwys verloor het omdat daar nie vir my ’n geleenthei­d was nie. My plan was om by die vullistrok­ke aan te bly omdat ek ten minste miskien daar ’n permanente pos sou kry. My passie vir kinders en hul opvoeding het opnuut opgevlam toe ek by die program aangesluit het. Daar is iets magical aan die feit dat jy ’n kind kan leer lees en tel. Jy sien hoe die kind se selfvertro­ue groei namate die kind meer kennis opdoen.”

HOOP VIR TOEKOMS

By een van die klaskamers by Norwood Primêre Skool in Elsiesrivi­er is MathMom Shireen Kriel (38) besig met ’n les. Met die intrapslag by die klaskamer is die kinders entoesiast­ies besig om blinddoeke op te sit. Shireen of Juffrou Kriel, soos hulle haar noem, is besig om die kinders “feel and count” te leer. Die kinders volg gehoorsaam en ywerig die les. Elke dan en wan breek daar ’ n laggie uit. Aan die manier waarop Shireen met die kinders werk, kan ’ n mens onmiddelli­k sien sy het ’n sagte plek vir dié jong span. Dis Shireen se tweede jaar by MathMoms. “Voor ek aangesluit het, was ek werkloos. My selfbeeld was baie laag en ek het nie baie drome gehad vir my toekoms nie. Ek was baie teruggetro­kke,” vertel Shireen. Sedert sy betrokke geraak het, het haar lewe drasties verander. “Daar is nou soveel meer geleenthed­e en ek het nou baie vertroue in myself. Waar ek nooit voorheen voor mense kon praat nie, gee die glimlaggie­s op die kinders se gesiggies my nou die moed om uit te staan en my drome na te jaag.” Shireen self is ’ n ma van twee kinders en is tans besig om ’ n graad in onderwys te voltooi. “Die liefde wat ek vir die kinders het en vir wat ek doen, sit elke dag ’n glimlag op my gesig. Ek het weer lus vir die lewe. Was dit nie vir MathMoms nie sou ek nie my drome gevolg het nie en maklik steeds by die huis gesit het.” Wat is volgende vir MathMoms? Met ’n glimlag wat maklik haar oë bereik, antwoord Sonja doelgerig: “Leerder vir leerder, skool vir skool, gemeenskap vir gemeenskap gaan ons wiskunde-uitslae in ons skole verbeter wat aanleiding sal gee tot ’ n verbeterde ekonomie.” Beter as dít kon ons dit nie stel nie!

Leerder vir leerder, skool vir skool, gemeenskap vir gemeenskap gaan ons wiskunde-uitslae in ons skole verbeter. SONJA CILLIERS

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? REGS: Mentor Barbara le Roux bied lesse aan vir die MathMoms wat hulle dan weer aan die leerders oordra.
REGS: Mentor Barbara le Roux bied lesse aan vir die MathMoms wat hulle dan weer aan die leerders oordra.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa