’Regte’ Arendsvlei: Skoolagterdiet elenovela!
Die skool waar Arendsvlei geskiet word, is gereeld op TV en in flieks, maar hulle stel steeds hul leerders eerste.
Van Maandae tot Woensdae ruk die ding by Hoërskool Arendsvlei wanneer mense om 20:00 inskakel vir Arendsvlei, kykNET&kie (DStv-kanaal 145) se eerste telenovela. Kykers skuif ywerig voor die kassie in om te kyk wat volgende met die onderwysers, ouers en leerders van dié fiktiewe skool gaan gebeur. Maar wat kykers dalk nie besef nie, is dat Arendsvlei by ’n regte skool geskiet word. En vir die leerders en personeel van Axios School of Skills naby Blue Downs in die Kaap, is dit baie opwindend om hul skool op TV te sien.
GEREELD OP SKERM
Die skool was ook al in verskeie flieks gebruik. Die skoolhoof, Lewellyn Köhler, erken dit is lekker wanneer die skool as location vir produksies gebruik word, maar hy kyk nie altyd die programme of flieks om te sien hoe die skool daarin lyk nie.
Axios School of Skills is al sedert 2015 in verskeie oorsese rolprente gebruik en word ook deesdae vir baie plaaslike produksies soos Sara se Geheim, Fynskrif en
Die Boekklub gebruik. Lewellyn begin lekker lag wanneer hy vertel ouers is dikwels verward wanneer hulle die skool besoek vir vergaderings, want die produksiespan verander selfs die skool se naam op die gebou wanneer dit Hoërskool Arendsvlei word.
“Vir die ouers is dit nog baie confusing. Sommige ouers sal skool toe kom en wanneer hulle die naam van die skool sien, sal hulle vir ’ n oomblik wonder wat aangaan en of die skool nou geskuif het en of hulle by die regte plek is as dit ’n nuwe ouer is,” sê hy terwyl hy lag.
“Maar dan verduidelik ons die situasie en dan lag hulle soms self. Dit pla ons glad nie wanneer mense die skool vir ’ n produksie gebruik nie,
want ons het ’n hele aparte gedeelte vir hulle geskep. As hulle meer van die skool nodig het, skiet hulle gewoonlik oor vakansies of oor naweke wanneer die personeel en kinders nie hier is nie.”
GEE LEERDERS ’N KANS
Voordat dit in 2010 as ’ n vaardigheidskool oopgemaak is, was die gebou ’ n aanpassingskool vir “stout” kinders en minderjarige oortreders. Die gebou staan al sedert die 1950’s op die perseel, maar is in die 1990’s gesluit omdat dit nie in ’ n goeie toestand was nie en omdat die regering toe verbeteringskole begin toemaak het.
In 2002 is dit as die Faure School of Skills heropen en op daardie stadium was dit een van net vier sulke skole in die Wes-Kaap. Die naam is in 2013 na Axios verander om weg te kom van die slegte reputasie van Faure wat dikwels met geweld geassosieer was. Axios in Grieks beteken “waardig” en dit is hoe hulle die kinders en skool wil ervaar.
Volgens Lewellyn, wat met seuns in die verbeteringskool gewerk het voordat hy by Axios as onderhoof in 2012 aangesluit het, is ’ n vaardigheidskool ’ n alternatiewe opsie vir kinders wat akademies nie sterk is nie. Maar nie alle leerders word by die skool aanvaar nie. ’n Skool kan slegs vir plek aansoek doen as ’ n leerder reeds twee keer op laerskool gedruip het en geïdentifiseer is as iemand wat akademies nie goed vorder nie. Daar is tans 28 vaardigheidskole in die Wes-Kaap, maar Lewellyn sê dis steeds nie genoeg vir al die aansoeke wat hulle ontvang nie.
“Ons ontvang elke jaar 300 aansoeke, waarvan ons slegs 120 kan aanvaar. Weens die toerusting en goed wat ons gebruik, kan ons nie groot klasse akkommodeer nie en dus kan ons net 400 kinders in die skool het. Die program strek oor o vier jaar met 100 kinders in elke jaar.
“Ons fokus nie baie op akademie nie, maar m ons doen steeds die basiese taal en wiskunde w met leerders. As dit nie vir skole soos ons was nie, sal baie van dié kinders d verlore gaan. Hulle sou net by die huis h sit of iewers moes gaan werk. Ons gee g hulle die kans om vaardighede op te t bou wat beslis vir hulle ’ n beter kans k gaan gee om ná skool ’ n werk te kan k kry. En omdat hulle die praktiese vaardighede het, tel dit beter in hul guns as iemand wat net matriek het.” Die fokus is 50% op akademie en 50% op prakties. Leerders is dus een week heel week in die verskillende werkswinkels en die volgende week in die klaskamer. In hul eerste jaar by die skool leer hulle ’n bietjie van alles, voordat hulle in jaar twee tot vier spesialiseer. Daar word onder meer werkswinkels in sweisery, werktuigkunde, hare en naels en upholstery aangebied.
HULLE IS SPESIAAL
Lewellyn sê hy het nooit die begeerte gehad om by ’n “gewone” skool onderrig te gee nie. Hy het nog altyd ’n groot passie gehad vir kinders wat mense dink niks gaan bereik nie. Hy sê daar is niks lekkerder vir hom as wanneer jy ’n kind kry wat niemand in geglo het nie en ook nie meer in homself geglo het nie, wat ná skool ’n sukses van sy lewe maak. Selfs die verandering wat hy in die kind se vertroue en persoonlikheid beleef, is vir Lewellyn spesiaal.
“Daar is net iets spesiaal in die kinders en al wat hulle nodig het, is daardie ekstra aandag en motivering. Maar dit wys jou ook weereens hoe belangrik sulke skole is, want elke kind is anders en nie almal is akademies goed nie. ’n Skool soos Axios gee vir kinders ’n tweede kans op sukses.”
Maar om so ’n skool aan die gang te hou en om seker te maak die kinders werk altyd op die nuutse toerusting, moet die skool ekstra fondse kry. Lewellyn sê die befondsing van die onderwysdepartement maak nie altyd voorsiening vir ekstra goed nie en is baie beperk, maar sedert hulle met die filmbedryf begin saamwerk het, was dit ’n goeie manier vir hulle om ekstra geld te maak.
Met die ekstra geld wat hulle al sedert 2015 ingesamel het, kon hulle twee nuwe bussies vir die skool koop, ’n kamer vir onderwysers bou, die kinders help met vervoer- en uniformonkoste en leerders by die skool voer.
“Sonder die ekstra fondse sou dit nie moontlik wees nie. Dit werk baie goed vir ons en dis regtig nie ’n probleem vir die leerders nie. Hulle (produksiespanne) pla ons glad nie en ons sien hulle baie min. Ons doen ons ding en die filmmense doen hulle ding,” sê hy.
“Deesdae kry die kinders ook die geleentheid om in Arendsvlei ondervinding te kry. Hulle gebruik tans 70 van ons leerders as ekstras en vier van hulle het klein rolle in die telenovela. Dit is baie opwindend vir hulle en hulle besef ook nou dat die vermaakbedryf nie net glitz en glamour is nie, maar harde werk,” vertel hy.
Lewellyn sê hy is dankbaar dat die skool steeds ’n gunsteling onder die vermaakmense is en hy sien uit na baie meer interessante projekte om die skool van krag tot krag te neem.