Kuier

Jou Kind en Skool: Kykhoewerk­jouliggaam

Jou liggaam het allerhande stelsels en organe wat verseker dat jy kan emosies ervaar, beweeg, kos eet, ontslae raak van afval en woes baklei teen alles wat jou wil siek maak.

- Deur Shirmoney Rhode

Jou liggaam is wonderlik en elke deel en funksie daarvan is belangrik. Weet jy wat die belangriks­te organe en liggaamste­lsels is? Kom ons kyk na hoe jou liggaam werk en hoe jy daarvoor moet sorg.

Jou liggaam het vyf basiese dele. Dis jou kop, nek, bolyf, arms en bene. Elke deel is belangrik, maar jou kop, nek en bolyf is die belangriks­te vir oorlewing. Jy kan sonder arms en bene lewe, maar nie sonder die ander dele nie. Jou liggaam behoort aan jou en niemand anders nie. Daarom is dit belangrik om te weet dat niemand anders sonder jou toestemmin­g aan jou liggaam mag vat nie. Sê nee as jy nie ’n soentjie of drukkie van iemand wil hê nie, maak nie saak of dit familie, vriende of vreemdelin­ge is nie.

Kry die name van vyf grootmense wat jy kan vertrou, soos jou ma, pa, ouma, oupa, juffrou of jou ouer suster of broer. As iemand, selfs al is dit iemand wat jy ken, jou liggaam op enige manier seermaak of aan jou vat, moet jy met een van die vyf grootmense daaroor praat.

Jou privaat dele is die dele onder jou onderklere. Niemand mag ooit aan jou private dele vat nie. Niemand mag vir jou foto’s van private dele wys nie en ook nie hul eie nie. Niemand mag foto’s neem van joune nie.

As iemand iets slegs aan jou liggaam doen en sê jy moet dit geheim hou, moet jy ’n grootmens vertel. Jy hoef nie skuldig te voel nie. Dis nie jou skuld nie en jy sal nie in die moeilikhei­d beland nie.

As jy bang of onveilig voel, al sê iemand ook dis nie nodig om bang te wees nie, moet jy so hard as wat jy kan skree of probeer wegkom.

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa