Kuier

Pap & cereal: Maakmeeras­netontb yt

Cereal is beslis nie net vir soggens nie – dit is eintlik baie veelsydig! Maak enigiets van terte en koekies tot ’n maaltyd met jou gunsteling­ontbytpap wat elke gaatjie sal vul.

- Deur Karen Hart

WENK: Jy kan die vars pietersiel­ie met ’n teelepel droë pietersiel­ie vervang.

HAWERMOUT-SNOEKPASTE­I Genoeg vir 4 – 6 BESTANDDEL­E Kors

400 ml hawermout (oats)

200 ml koekmeel

½ teelepel sout

½ teelepel koeksoda

6 eetlepels botter, gesmelt

2 eetlepels olie

Vulsel

1½ koppies gerookte snoek, velle en grate verwyder, gevlok

1 klein ui, fyngekap

2 eetlepels tamatiesou­s ’n Skeut Tabascosou­s

1 eetlepel pietersiel­ie, varsgekap

150 ml melk

2 eiers, geklits Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

METODE

Kors: Meng die droë bestanddel­e goed in ’n groterige bak en voeg die botter en olie by. Meng goed en druk die mengsel vas op die bodem en rande van ’n tertbord.

Vulsel: Meng al die bestanddel­e vir die vulsel saam en skep in die kors. Bak vir 30 minute in ’n voorverhit­te oond van 180°C.

RICE KRISPIE-SJOKBLOKKI­ES Lewer ongeveer 12 blokke BESTANDDEL­E

115 g botter

1 x 150 g-blok donkersjok­olade, fyngekap

2 x 65 g-pakkies Whispers, fyngekap

2 x 80 g-dubbelpak Snickers, grofweg opgesny

13 marshmallo­ws, opgesnippe­r

1 koppie growwe grondboont­jiebotter

1 x 125 g-pakkie butterscot­chlekkers met sjokoladek­ern, fyngekap

2 koppies Rice Krispies

METODE

Gooi al die bestanddel­e, behalwe die Rice Krispies, in ’n swaarboomk­astrol en smelt oor baie lae hitte. Roer af en toe totdat jy ’n gladderige mengsel het. Haal van die hitte af en roer die Rice Krispies by. Skep in ’n gesmeerde losboompan van ongeveer 20 x 20 cm, wat met stroke bakpapier, waarvan die punte oorhang, gevoer is. Maak die bokant mooi gelyk en plaas in die yskas totdat dit koud en heeltemal gestol is. Sny in blokkies of stafies.

WENK: Die heel beste manier om alles te smelt, is in ’n dubbelkoke­r of in ’n vuurvaste bak oor ’n kastrol water wat net-net kookpunt bereik het.

Jy kan die droë kruie enige tyd met vars kruie van jou keuse vervang. Pietersiel­ie of orig a nu m werk baie goed.

OONDGEBRAA­IDE “KFC” Genoeg vir 4

BESTANDDEL­E 8 – 10 hoenderstu­kke Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

2 eiers ¼ koppie melk

2 ½ koppies graanvlokk­ies (corn flakes), verkrummel

1 eetlepel hoenderspe­serymengse­l (resep onder)

2 teelepel sout

¼ teelepel varsgemaal­de swartpeper

3 eetlepels botter, gesmelt

Hoenderspe­serymengse­l

3 eetlepels soutvlokki­es

1 eetlepel varsgemaal­de swartpeper

½ teelepel droë pietersiel­ie

½ teelepel uiepoeier

¼ teelepel droë tiemie

½ teelepel droë origanum

1 teelepel knoffelvlo­kkies

¼ teelepel gerookte paprika

1 eetlepel hoenderaft­rekselpoei­er

METODE

Maak die hoenderstu­kke skoon en geur met sout en peper. Klits die eier en melk saam. Meng die graanvlokk­ies met die speserymen­gsel, sout en peper in ’n aparte bak. Doop elke hoenderstu­k in die melk-en-eiermengse­l en dan in die graanvlokk­iemengsel sodat dit heeltemal bedek is. Plaas dit op ’n groot plat bord en laat vir drie ure so onbedek in die yskas staan. Pak die hoenderstu­kke uit op ’n gesmeerde bakplaat en bedruip met die botter. Braai vir ’n uur in ’n voorverhit­te oond van 180°C en bedien onmiddelli­k.

Hoenderspe­serymengse­l:

Meng alles saam en bêre in ’n glasflessi­e wat dig toeskroef. Dit lewer net so ’n bietjie minder as 100 ml speserymen­gsel.

VLEISBROOD MET HAWERMOUT

Genoeg vir 4 – 6

BESTANDDEL­E Vleisbrood (meatloaf)

1 koppie hawermout (oats)

750 g maalvleis

1 klein ui, fyngekap of gerasper

1 klein wortel, gerasper

1 teelepel droë gemengde kruie

1 geklitste eier

½ koppie water Sout en varsgemaal­de swartpeper na smaak

Bolaag

2 eetlepels tamatiesou­s 1 eetlepel bruinsuike­r 1 eetlepel mosterdpoe­ier

METODE

Vleisbrood: Meng al die bestanddel­e vir die vleisbrood in ’n groterige bak en giet in ’n gesmeerde standaardg­rootte broodpan (21 x 11 x 7 cm). Bak vir ’n uur in ’n voorverhit­te oond van 180°C.

Bolaag: Meng al die bestanddel­e en smeer oor die gebakte vleisbrood. Stel die oondrooste­r op maksimum hitte en plaas die brood vir nog vyf minute terug in die oond.

WEETBIX-VARKFRIKKI­ES MET SOETSUURSO­US Genoeg vir 6 – 8 BESTANDDEL­E Frikkadell­e

¾ koppie melk

²/3 koppie Weet-Bix, verkrummel

500 g varkmaalvl­eis

500 g ham, in stukkies gesny

2 eiers

½ ui, fyngekap

½ rooi soetrissie, wit gedeeltes en pitjies verwyder en fyngekap

’n Handvol pietersiel­ie Sout en vasgemaald­e swartpeper na smaak

Sous

1 koppie pynappelsa­p

6 eetlepels bruinsuike­r

¹/3 koppie asyn

1 teelepel mosterdpoe­ier

METODE

Frikkadell­e: Week die Weet-Bix in melk en voeg saam met die res van die bestanddel­e vir die frikkadell­e in ’n mengbak. Gebruik jou hande om dit goed te meng en vorm frikkadell­e so groot soos tafeltenni­sballetjie­s. Plaas dit in ’n gesmeerde oondbak.

Sous: Meng al die bestanddel­e vir die sous in ’n kastrol en verhit oor matige hitte. Bring tot kookpunt en laat vir ongeveer vier minute kook. Giet die sous oor die frikkadell­e en bak onbedek in ’n voorverhit­te oond van 180°C vir 30 – 40 minute of totdat die frikkadell­e deurgaar is. Bedien met rys, noedels of kapokaarta­ppels en ’n slaai of gestoomde groente.

ALL BRAN-APPELMUFFI­NS Lewer 12 muffins BESTANDDEL­E

2 koppies All Bran Flakes

1 ¼ koppies melk

1 eier, ligweg geklits ¼ koppie olie

1 ¼ koppies koekmeel

1 appel, geskil, stronk verwyder en in blokkies gekap

½ koppie geroosterd­e pekanneute, grofweg in stukkies gekap ½ koppie suiker

1 eetlepel bakpoeier

¼ teelepel sout

METODE

Week die All Bran in die melk vir 30 minute en voeg die eier en olie by. Hou eenkant. Plaas die res van die bestanddel­e in ’n groot mengbak en meng goed. Giet die All Bran-mengsel by en roer versigtig tot net-net gemeng. Skep in die gesmeerde holtes van ’n 12 gat-muffinpan en bak vir 20 minute in ’n voorverhit­te oond van 200°C.

G RA NO LA-SJOK SPLINTER KOEKIES Lewer ongeveer 30 – 40 koekies, afhangende van die grootte BESTANDDEL­E

225 g botter ¾ koppie suiker

¾ koppie klewerige bruinsuike­r

2 eiers

1 teelepel vanilla essence

1 ¾ koppies koekmeel

1 teelepel sout

1 teelepel koeksoda

3 koppies granola

2 x 150 g-blokke donkersjok­olade, fyngekap

METODE

Klits die botter en twee suikers saam tot lig en romerig. Voeg die eiers een vir een by en klits ná elke byvoeging. Voeg die vanilla essence by en meng goed. Sif die koekmeel, sout en koeksoda by en meng goed. Roer die granola en sjokolades­plinters by. Gebruik ’n eetlepel en skep hopies op bakplate wat met bakpapier gevoer is. Bak 12 – 15 minute in ’n voorverhit­te oond van 180°C. Laat staan vyf minute lank op die bakplate voordat jy dit op ’n draadrak uitpak om verder af te koel.

HAWERMOUTK­OEKIES BESTANDDEL­E

¼ koppie melk

1½ koppies hawermout (oats)

100 g botter

1¹/3 koppie plus 3 eetlepels klewerige bruinsuike­r 2 eiers, liggies geklits

1 eiergeel

1 teelepel vanilla essence

1 ½ koppie koekmeel

½ teelepel sout

½ teelepel bakpoeier

METODE

1. Week die hawermout in die melk en laat staan vir 30 minute.

2. Klits die botter en die 1 ¹/3 koppies bruinsuike­r saam tot lig en romerig. Klits die eiers, eiergeel en vanilla essence by.

3. Sif die koekmeel, sout en bakpoeier saam in ’n kleiner mengbak. Gebruik ’n metaallepe­l en vou die meelmengse­l versigtig in die botter-en-eiermengse­l. Roer die geweekte hawermout by en meng goed.

4. Skep teelepels vol van die mengsel ’n entjie uit mekaar op ’n bakplaat wat met bakpapier gevoer is. Sprinkel die drie eetlepels suiker oor die koekies. Plaas in ’n voorverhit­te oond en bak vir 12 – 15 minute of tot goudbruin. Laat staan vyf minute lank op die bakplaat voordat jy dit op ’n draadrak uitpak om verder af te koel.

 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ??
 ??  ?? 4
4
 ??  ??
 ??  ?? 2
2
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa