Kuier

Tienervel: Goeiesorgv­irelkevelt­ipe

Soos tieners se hormoonvla­kke wipplank ry, ly hul vel ook. Hier is hulp vir elke veltipe.

- deur kyra loubser

KEN JOU VELTIPE

Kies die regte produkte om jou vel te versorg, maar eers moet jy weet watter veltipe jy het om te weet wat om te kies en wat om te vermy.

OLIERIG EN DROOG (KOMBINASIE)

Jou T-zone (jou voorkop, neus en ken) het groot porieë en is olierig. Die res van jou gesig is normaal tot droog. Vermy mineraalol­ie en petroleumj­ellie op die olierige dele en chemikalie­ë op die droë dele. Gebruik produkte wat sê dis vir ’n kombinasie van die twee velsoorte.

OLIERIG

Jou vel blink baie. Jy het groot porieë en het puisies en blackheads op jou voorkop, neus, ken, bors en rug. Vermy produkte met geure, chemikalie­ë, mineraalol­ie en petroleumj­ellie. Dit kan veroorsaak dat meer sebum (vetterige afskeiding) gemaak word. Kyk vir produkte met salicylic acid, glycolic acid, beta-hydroxy acid en benzoyl peroxide.

SENSITIEF

Jou vel kan van effens rooi wees, ’n gevoel van styfheid het of allergiese reaksies toon wat vlokkies veroorsaak. Gebruik ’n cleanser sonder seep en moisturise­r met bestanddel­e soos mineraalol­ie, petroleumj­ellie, silikon en gliserien.

NORMAAL

Jou vel is matte met fyn porieë. Dit blink selde met ’n puisie elke nou en dan, maar dis normaal wanneer jy ’n tiener is. Gebruik produkte met bestanddel­e wat jou vel sal voed en nie irriteer nie. Kyk uit vir produkte met antioksida­nte, hyaluronic acid, zinc oxide en titanium dioxide.

 ??  ??
 ??  ?? 1. African Extract 3-in-1, R64,95. 2. T-Zone, R69,95. 3. SKNLogic Clarify, R140. 4. Celltone facewash, R149,95.5. Gold Coast Charcoal seep, R69,96. Beskikbaar by Clicks, Dis-Chem en apteke. Gebruik ’n clarifying behandelin­g vir inflammasi­e en om meer breakouts te verhoed.
1. African Extract 3-in-1, R64,95. 2. T-Zone, R69,95. 3. SKNLogic Clarify, R140. 4. Celltone facewash, R149,95.5. Gold Coast Charcoal seep, R69,96. Beskikbaar by Clicks, Dis-Chem en apteke. Gebruik ’n clarifying behandelin­g vir inflammasi­e en om meer breakouts te verhoed.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa