Kuier

HOE MOET JY VIR JOU LIGGAAM SORG?

-

Hou jou liggaam skoon

Was ten minste een keer per dag jou liggaam en maak seker dat jy op elke plek was, selfs in jou ore en jou naeltjie. • Borsel twee keer ’n dag jou tande en moenie van jou tong vergeet nie. • Knip gereeld jou vinger- en toonnaels. • Trek elke dag skoon onderklere aan en trek jou skoolklere uit ná skool sodat dit lug kan kry en vars is vir die volgende dag. • Was ten minste een keer per week jou hare. • Hou jou skoene skoon deur dit te was en te polish as dit nodig is. Jou voete het baie sweetklier­e en dis waarom dit maklik sweet.

Voed jou liggaam

• Eet ten minste drie maaltye per dag. Vrugte en groente bevat baie vitamiene wat jou liggaam sterk en gesond hou. • Drink minstens agt glase water elke dag. • Oefen elke dag vir minstens ’n halfuur, al loop jy net ’n bietjie op jul skoolgrond of skop ’n bal met vriende.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa