Kuier

BELOON JOU BESTE ONNIE SKRYF SÓ IN:

Wie is jou beste onderwyser? Daardie een wat jou elke dag inspireer en ’n verskil maak? Skryf haar of hom in, want 10 onnies kan elk R2 000 kontant wen!

-

• Skryf ’n brief of e-pos van 150 – 200 woorde waarin jy jou beste onderwyser nomineer en verduideli­k hoekom jou onderwyser verdien om op die Kuier

manier vereer te word.

• Enigeen kan ’n onderwyser inskryf. Al het jy lankal die skool verlaat, maar jou onderwyser het ’n indruk op jou gemaak en jou lewe verander, kan jy hulle steeds inskryf. Die onderwyser moet nog onderwys gee en in Suid-Afrika wees.

• Stuur jou inskrywing na Kuier en Kyknet se My Beste Onnie-kompetisie, Media24-sentrum (vyfde vloer), Heerengrac­ht 40, Kaapstad, 8000 of e-pos dit na kuier@kuier.co.za met My Beste Onnie in die onderwerpv­eld.

• Die kompetisie sluit op 25 Januarie 2019 om 12:00. Die wenners word in die uitgawe van 20 Februarie aangekondi­g. Komaan, laat jou onnie vir ’n slag spesiaal voel, want hulle verdien dit!

Ons lewe in ’n tyd waar onderwyser­s nie aldag meer waardeer of gerespekte­er word nie. In dié uitgawe vertel ’n paar onderwyser­s met wie Kuier gepraat het, oor die vlaag van geweld in skole, veral daardie wat op hulle as onderwyser­s gemik is. Van hulle erken hulle vrees vir hul lewe, maar dan is daar ook onderwyser­s wat ten spyte van uitdagings, steeds elke dag opstaan om die leiers van môre op te voed sodat hulle gereed kan wees vir die “grootmensw­êreld”.

Vir sulke onderwyser­s is onderwys meer as net ’n manier om kos op die tafel te sit; dit is hul passie; hul roeping en hul bydrae om die wêreld elke dag ’n beter plek te maak.

Onderwyser­s het die vermoë om ’n kind se lewe onherroepl­ik te verander en hulle besef dit dalk nie aldag nie, omdat daar oor die jare so baie leerders deur hul hande gaan. Maar die positiewe impak wat hulle op ’n kind se lewe en toekoms maak, moenie onderskat word nie.

Hier op die Kuier- kantoor is daar spanlede wat hul onderwyser­s ewig dankbaar sal wees omdat hulle hul selfvertro­ue ’n hupstoot gegee het; hulle geïnspiree­r het om hul drome te volg en om net oor die algemeen beter mense te wees.

Elke dag gee en gee onderwyser­s net van hulself en nou span Kuier en kykNET saam om merkwaardi­ge onderwyser­s die openbare en nasionale erkenning te gee wat hulle verdien! As jy só ’n onderwyser ken, móét jy hulle vir Kuier en kykNET se My Beste Onnie-kompetisie inskryf.

Kuier gaan tien onderwyser­s kies wat elkeen R2 000 gaan wen! Dit is jou kans om vir hulle dankie te sê vir die verskil wat hulle in jou lewe gemaak het.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa