Kuier

FACEBOOK

Het enige van jou kollegas gewoontes wat jou irriteer?

-

Dié wat sonder kos werk toe kom en dink jou kosblik het hul name op. ANTHEA SALUM

Nee glad nie. Maar dan, ons is nie ’n groot groep dat daar baie kantoorpol­itiek kan wees nie. DENISE EDWARDS

Ja, en dit irriteer my grensloos! Neusblaas wat klink soos ’n trekker en ek meen terwyl jy sien mense eet en dis open plan-kantore. Ek het al dikwels gevoel om haar te sê die badkamers is daar, dan hoef jy mos nie verskoning te vra nie. ANN JACKSON

Ek is die kollega wat almal irriteer. Ek praat verskrikli­k baie en lag soos ’n hiëna. En my mondjie is uiters vuil. Hulle kry net rus vir hul ore as my pa sy bloed kom trek, want dan sit ek daar soos ’n prinsessie wat glo in Vader Krismis. ADELE RAYBIN

Neuskrappe­ry en koffie-slurpery en oopmond kou. ETIENNE BEUKES

Ja, ek het al gesien hoe van my oudkollega­s hul tande skoonmaak met die tandestokk­ie wat jy kry met jou takeaway en dit aflek − dan probeer ek vinnig wegkyk – ongelukkig nie vinnig genoeg nie. RHONES L MEINTJIES

Moenie eens praat van die skindery nie. CYNTHIA PRINCE

Wortelvret­ers. JAN MORGENROOD

Oor die algemeen irriteer mense jou wat jy so baie sien. BERYL BOOI

Dit het my al oorgekom. Daai persoon wat jy inbring, raak jou grootste enemy en wil nooit hê jy moet haar of hom die regte pad wys nie. AMANDA FRY

Ooh nee, nooit weer nie. Ek sal nie. Daai persoon is ondankbaar en later word ek toe die slegte mens. Dit was ’n groot klap in my gesig. CECILLIA BESSIES

As iets verkeerd gaan, word dit jou probleem. HELEN POTTS-WALBRUG

Nee, die persoon se job satisfacti­on bly dan jou verantwoor­delikheid! Omdat jy gelukkig is by jou werk, beteken dit nie hulle gaan ook só voel nie. MAC PETERSEN

Natuurlik sal ek. Ek werk vir ’n wonderlike maatskappy. Hulle bied so baie dinge aan; hang net van jouself af wat jy daarvan maak. ROZLIN PIZER

As hy of sy die druk kan hanteer ja, want ek is die shop steward by die werk en die baas raas net op my kop. Dis die “work leader” se plig om te kyk dat die verhouding tussen werker en werkgewer 100% mooi verloop. STEPHEN PIERRE

 ??  ?? Sal jy iemand aanbeveel om by jou maatskappy te werk?
Sal jy iemand aanbeveel om by jou maatskappy te werk?

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa