GEMARINEERDE HOENDER
Genoeg vir 4 >>
BESTANDDELE
Hoender
8 hoenderstukke
2 eetlepels suurlemoensap 1 eetlepel gemmer-en-knoffelpasta (sien wenk bo)
1 teelepel sout
1 teelepel rissiepoeier Marinade
1 koppie ongegeurde volroomjogurt
1 teelepel garam masala 100 ml olie
½ teelepel fyn kaneel
½ teelepel rissiepoeier 1 teelepel sout
Olie
2 eetlepels botter, gesmelt 1 eetlepel olie
METODE
Hoender: Plaas die hoenderstukke in ’n vlak glasbak. Meng die suurlemoensap met die gemmer-en-knoffelpasta, sout en rissiepoeier en bedek die hoenderstukke met die mengsel. Laat staan vir 20 minute. Marinade: Meng al die bestanddele vir die marinade. Haal die hoender uit die bak en gooi die vloeistof uit. Plaas hoenderstukke terug in die bak en bedek met marinade. Bedek die bak met kleefplastiek en laat staan vir minstens twee ure. Plaas die hoender op die draadrak van ’n oondroosterpan en rooster in ’n voorverhitte oond van 200°C vir 15 minute. Olie: Meng die botter en olie en bedruip die hoender met ’n bietjie daarvan. Rooster vir 15 minute en bedruip met botter-enolie-mengsel. Herhaal elke 15 minute totdat hoender deurgaar is (ongeveer 45 – 60 minute, afhangende van die grootte van hoenderstukke). Bedien met poppadums, tamatie-en-uie-sambal en jogurt. Garneer met suurlemoenhelftes waarvan die gesnyde kant ’n minuut of twee op ’n riffelpan gerooster is.
WENK Ongegeeurde volroomjogurt is die beste om in die meeste disse te gebruik.