BLOUKAAS-ENJOGURTSLAAI
Genoeg vir 4 – 6
BESTANDDELE
½ koppie okkerneute (walnuts) 2 eetlepels suiker
1½ teelepels botter
1 kropslaai, buitenste, losser blare verwyder en in wiggies gesny 1 koppie romerige jogurt (enige soort)
¼ koppie mayonnaise
100 g-wiggie romerige bloukaas, verkrummel
2 teelepels witwynasyn ¼ teelepel sout
1 eetlepel grasuie (chives), gesnipper
’n Skeut Worcestershiresous ’n Skeut Tabascosous
METODE
Plaas die okkerneute, suiker en botter in ’n swaarboompan. Braai dit oor matige hitte vir ongeveer vyf minute. Wanneer jy daarmee klaar is, moet al die suiker gesmelt wees en ’n stroop saam met die botter vorm. Roer die mengsel gereeld om te sorg dat dit nie aanbrand nie en dat al die neute met die suiker-en-botterstroop bedek word. Keer die neute bedek in die stroop uit op ’n bakplaat wat heeltemal met bakpapier bedek is. Sorg ook dat al die neute los van mekaar lê sodat hulle nie aan mekaar kleef wanneer die stroop koud en hard word nie. Laat dit heeltemal koud word. Rangskik nou die kropslaaiwiggies op ’n plat bord. Meng die jogurt, mayonnaise, bloukaas, asyn, sout, Worcestershire- en Tabascosous in ’n middelslagmengbakkie en skep oor die wiggies. Sprinkel die gesnipperde grasuie bo-oor. Kap die neute grofweg en sprinkel bo-oor. Bedien onmiddellik.