Kuier

FruitLips: Vroue maak geld met konfyt

Dié drie vroue skep werk en maak geld uit hul gedeelde liefde vir konfyt! Deur chrislynn sias

-

Om konfyt te kook is ’n gedeelde liefde oor baie kultuurgre­nse heen – baie se oumas of ma’s het dit gedoen of hulle geleer om dit te doen. En toe drie vroue uit verskillen­de generasies in 2014 die vrugteverv­aardigings­maatskappy FruitLips stig, sou hulle nooit kon raai dat hul produkte eendag in Woolworths, een van Suid-Afrika se grootste supermarkt­e, verkoop sou word nie.

Inteendeel al wat dié drie wou doen, was om die werklooshe­id in hul omgewing hok te slaan en ook ’n doel te vind vir vrugteprod­ukte wat te lelik was om uit te voer.

FruitLips, wat geleë is in Piket-Bo-Berg in die Wes-Kaap op die plaas Achtervlei, is ’n vrugteverv­aardigings­maatskappy wat konfyt, marmelade, chutney, souse en ingelegde vrugte aan kleinhande­laars en supermarkt­e verskaf. Die besigheid het sedert 2014 gegroei en dié drie vroue

meen solank die konfyt aanhou kook, sal hulle aanhou groei!

Aan die begin het hulle 9 000 potjies konfyt per maand gemaak en verkoop, deesdae produseer hulle tussen 20 000 en 30 000 produkte en verskaf dit aan Woolworths, restaurant­e en kleinhande­laars.

Deidré Eigelaar (54), Elouise Josephs (40) en Leibré Jacobs (27) vertel hulle het ’n geleenthei­d in die mark gesien en besluit om ’n eeue oue tradisie voort te sit en te omskep in ’n besigheid. Deidré en Leibré is ma en dogter. Deidré vertel:“My ma en ouma het gekook sowel as Elouise en Leibré s’n. Dit is iets wat al vir jare aankom en begin is deur die vroue wat voor ons tyd daar was. Hier op Piketberg is ’n oorvloed van vrugte en wat gewoonlik oorbly as die span klaar dik geëet was, was gekook en gebottelee­r. Selfs groente was ingelê in asyn om dit te preserveer. En dit is waaruit FruitLips gebore is – tradisie.”

doen dit saam

Elk van die vroue bring hul eie spice na die tafel en die drie is dit eens dat dit juis daarom is dat die besigheid so ’n sukses is. Elouise is die“jam magician”– sy kom op met idees vir verskeie jam en is grotendeel­s betrokke by die maak daarvan.

Leibré is die kreatiewe een en doen bemarking. Deidré is die besigheids­kop en die“vredemaker”. Die drie lag hartlik voor hulle vertel dat hulle soms koppe stamp.

“Ons het verskillen­de persoonlik­hede en elkeen bring haar eie smaak na die besigheid, maar ons respek vir mekaar en dit wat ons doen, is wat ons as familie en besigheid bind. Ek en Elouise is soos susters en dan is my ma die vredemaker as ons soms vassit. Maar dít is juis dit wat dit vir my so spesiaal maak – ons hoef nie altyd saam te stem nie, maar dit wat ons uitgee, is altyd die beste,”sê Leibré.

Hulle vertel deur die jare en storms het hulle al geleer om mekaar se buie te hanteer en as ’n span saam te werk. Dis Elouise wat nou op haar beurt vertel dat hulle geleer het om op hul goeie punte te fokus en uit die ander een se departemen­t te bly.

“As ek ’n nuwe resep wil probeer, dan gaan ek hom probeer. As ek eers daar klaar is en die produk proe soos ek gedink het hy sal proe, moet dit gebottelee­r word. Daarvandaa­n moet Leibré oorvat – hoe sy hom wil prys en bemark is haar afdeling, dis waarin sy goed is. Dis iets wat ’n mens oor die jare leer. Laat dan die volgende een toe om te doen waarin hulle goed is en dan sal jy nie verkeerd kan gaan nie.”

Elouise sê Fruitlips wil vir so lank moontlik mensgerig wees en nie masjienged­rewe nie.“Soos die besigheid al groter raak, sal ons vanselfspr­ekend meer moet modernisee­r en ’n groter fabriek en masjiene moet kry, maar dié een bly. Daar is nie ’n manier dat ons hiervandaa­n gaan skuif nie – dis ons tuiste. Alles word tans hier met die hand gedoen. Van die pluk van die vrugte, tot die kook van die konfyt, dan die bottelerin­g en ook die plak van die etiket op die houers. Elkeen het sy werk vir hom uitgesit.”

Volgens Elouise moet elke produk ook spreek van die liefde en die werk wat hulle op die plaas doen.“As iemand daai produk optel en op hul brood smeer, moet hulle die liefde proe wat daarin ingegaan het en daarom ons slogan‘spread the love.’”

skep werk

FruitLips verskaf werk aan 17 mense in aftyd (wanneer daar minder bestelling­s is) en 28 werkers in seisoen (wanneer daar ’n toename in bestelling­s is). En hoewel hulle nou in ’n beter plek is as vyf jaar gelede, meen hulle daar lê nog ’n lang pad vir hulle voor.

“Ons grootste probleem is steeds geld!” sê hulle gelyktydig. Hulle bars dan weer uit van die lag voor Leibré sê hulle beplan om op die langtermyn nog ’n tak en fabriek elders oop te maak wat groter is as die een wat hulle tans het.“Maar al maak watter groot fabriek ook waar oop, soos Elouise vroeër gesê het, dit is ons huis en sal altyd die hoofkantoo­r bly waar ons drie gevestig sal wees. Ons is nou wel handgedrew­e ja, maar produseer tans 20 000 – 30 000 produkte per maand en die hoofdoel is om ongeveer 60 000 produkte per maand te produseer en daarvoor sal ons ’n groter fabriek en masjinerie nodig kry. Die produkte wat egter in dié fabriek gemaak word, sal altyd met die hand wees.”

Met Kuier se besoek aan FruitLips was Elouise, Deidre en Leibré besig met die werkers in die fabriek. Elouise vertel dit is omdat hulle soos een groot familie operate dat hulle so lekker saamwerk.“Nee kyk, daar is haakplekke, maar die meeste van die tyd verloop dinge seepglad, elkeen moet net sy of haar deel doen.”Elke dan en wan klink daar ’n gelag op en dan werk die span maar weer doelgerig voort.“Ons jongste werkers is 19, hulle het verlede jaar matrikulee­r en dit is wat ons aan die jongspan wil bied – ’n geleenthei­d om nie net hulself nie, maar ook hul omstandigh­ede te verbeter.”

FruitLips is ook ekologies. Hulle herwin water en die kruie- en groentetui­ne word dan daarmee besproei. Vrugteafva­l word ook gebruik om erdwurm-uittreksel te skep wat as ’n minerale-versterker vir grond gebruik word.“Ons maatskappy is soos ons produk – omgewingsv­riendelik en no added preservati­ves!”lag Deidré.

Dan voeg Elouise gemaak ernstig by: “Ons sê gewoonlik‘we’re making ugly beautiful’met die jam-kokery en ingelegde vrugte, want ons vat die lelike produk en omskep dit in iets mooi. Nou dit is wat ons hier doen. Ons probeer dinge so organies moontlik doen en ons mors nie.”

Dit is Leibré wat nou byvoeg dat sy oor die jare geleer het dat ’n mens moet stick to what you know.“Jy moet ’n werk doen waarin jy goed is en nie waarvan jy hou nie. Ek het nooit die gesegde verstaan nie, maar met FruitLips het dit vir my begin sin maak. Dit was nooit die plan om ’n vrugteverw­erkingsbes­igheid te begin nie, maar ons is nie vir een dag spyt nie. Hier verskaf ons aan jong mense werk en begin iets wat oorgedra kan word aan ons kinders en hulle weer aan hul kinders. Dit is ’n legacy wat nog vir jare aan dié wat ná ons kom moet werk verskaf. En dít is die fondasie waarop FruitLips gebou is.”

 ??  ?? HOOFFOTO (VAN LINKS): Deidré Eigelaar, Leibré Jacobs en Elouise Josephs is die eienaars van FruitLips.
HOOFFOTO (VAN LINKS): Deidré Eigelaar, Leibré Jacobs en Elouise Josephs is die eienaars van FruitLips.
 ??  ?? BO: Leibré en Elouise wys van hul produkte.
BO: Leibré en Elouise wys van hul produkte.
 ??  ??
 ??  ?? VAN LINKS: Werkers in die fabriek waar alles met die hand gedoen word.
VAN LINKS: Werkers in die fabriek waar alles met die hand gedoen word.
 ??  ??
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa