Kuier

HALLO MY KUIER MENSE,

-

Die pandemie begin nou regtig sy tol eis en die gevalle en sterftes bly net styg. Die Kaap kry swaar en kenners waarsku die ergste kom binne die volgende twee weke, maar ons bly biddend vir almal wat deur die virus geraak word en dankbaar vir diegene op die frontlines wat ons deurdra.

Covid-19 maak ’n mens beangs, maar die jongste vlaag van geweld teen vroue en kinders maak jou befoeterd! Ons bid ook dat iets daadwerkli­ks uiteindeli­k gedoen gaan word om hierdie misdade vir altyd uit ons gemeenskap­pe te roei.

Baie dankie aan Karin Kortjé wat Kuier gekies het om vir die eerste keer op ’n tydskrifvo­orblad met haar kaalgeskee­rde kop te verskyn sodat ander wat ook met hul hare sukkel, kan sien hulle het niks om voor skaam te wees nie en dat hare inderdaad nie die vrou maak nie.

In hierdie uitgawe takel ons ook die sensitiewe kwessie van rassisme. Dit gaan dalk sommige ontstel, maar as ons wil vordering maak, moet almal sonder vrees hul mening kan lug – al stem ons nie saam nie.

Al het die corona-virus ons lewens heeltemal omvergegoo­i, gee dit ons ook die geleenthei­d om nuwe dinge te probeer, so kom sluit asseblief by die span aan vir een van ons online events. Dis gratis (jy moet net genoeg data het) en dis ons manier om steeds in lockdown met ons lesers te kuier. Maak ook seker jy kry jou KarooCombo, want jy en jou mense gaan jul lippe aflek vir daai resepte! Tot volgende keer,

 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa