Kuier

Bang, maar bemagtig

-

Sy kan nou lag daaroor, maar dit was toe nie snaaks nie. Haar kompleks oor haar hare het ook haar selfbeeld geaffektee­r.

“Op skool het hare ’n groot rol gespeel. Die‘kroeskoppe’was altyd vriendinne en die seuns het net meisies met lang hare gevat. Dit het my laat voel ek is nie goed genoeg nie. Dit het my gevolg tot in my volwasse jare,”maak Karin oop.

Sy het oor die jare ook talle remedies probeer, maar sonder groot sukses. Dit was altyd ’n stryd om haar hare te kry om langer te groei. Dis hoekom sy in haar sangloopba­an van die afgelope 15 jaar meestal extensions en pruike gedra het.

Karin het ’n vriendin, Leonie van Rooyen, wat ’n paar jaar gelede aan kanker gesterf het, gehad wat altyd haar hare gedoen het. En sowat vyf jaar gelede het Leonie Karin aangeraai om eerder pruike te dra omdat die extensions haar haarlyn weggevreet het. In die afgelope drie jaar sedert Leonie se dood, het Karin al haar hare afgeskeer in die hoop dat dit sal groei.

“Maar my hare het nog nie ’n sentimeter gegroei nie. Ek kry konstant nagmerries dat ek perform en my pruik val af; of dat my pruik afval wanneer fans my oorval. Sonder my pruik het ek nie mooi gevoel nie.”

Karin besef nou haar Ma Dora het waarskynli­k dieselfde vrese oor die jare gehad voordat sy ook besluit het om haar kop kaal te skeer.

Karin het verlede jaar ’n show in die Kaap gedoen, waarvoor haar ma al die pad van Pofadder in die Noord-Kaap gekom het om by te woon. Ma Dora het ’n mooi outfit vir die geleenthei­d gehad, maar ’n pruik gesoek. Karin het haar ma gevat na ’n winkel om die regte pruik te soek, maar sy wou nie die pruik in die winkel aanpas nie. Terug by die huis het Karin verstaan hoekom, want toe haar ma die pruik by die huis aanpas, het Karin gesien sy het ook bles patches waar die hare nie wil groei nie.

“Ek het toe besef haar hare lyk nes myne en dat ek soos sy al die jare voel asof ek in ’n emosionele tronk is. Dís toe ek besluit dit kan nie so aangaan nie en dat ek my hare gaan embrace,”voeg Karin effens emosioneel by.

En in Februarie vanjaar het Karin ’n foto op Facebook geplaas van hoe haar hare regtig lyk. Vir ’n vrou wat vir die grootste deel van haar lewe nie mooi en vroulik gevoel het sonder haar pruik nie, was hierdie een van die moeilikste en dapperste goed wat sy al ooit gedoen het. Haar bedoeling – om haarself te bevry en ander vroue te bemagtig – was duidelik vir haar, maar agterna het sy bevraagtek­en of sy die regte ding gedoen het.

“Ek is soms impulsief. Byvoorbeel­d toe ek hierdie foto release het, was ek baie confident en dit het reg gevoel. Maar agterna het ek na die foto gekyk en bevraagtek­en hoe ek lyk. Ek het vir myself gesê:‘Ek lyk siek; miskien moes ek rooi en nie pers lippe gehad het nie,’”vertel Karin.

Sy glimlag en klink verlig wanneer sy sê die mense se kommentaar op haar

Facebook post was vir haar die bevestigin­g dat sy tog die regte ding gedoen het. Die kommentaar was oorwegend positief, maar twee weke daarna het die Kaapse poniekoera­nt The Daily Voice ’n storie van daardie foto en meegaande post gemaak. Volgens Karin was sy nie gereed om toe al enige onderhoude te doen nie en het dus nie met die publikasie gepraat nie.

Sy krimp amper ineen wanneer sy die kommentaar op hierdie storie herleef. Dit was soveel anders as die aanvanklik­e positiewe kommentaar wat sy op haar eie post gekry het.

“Die response was horrific! My hart was gebréék; in stukkies! Ek het daai dag op my bed gelê en deur die comments gelees en gehuil. Gevoelens om myself te defend het in my opgekom, maar toe speel die song ‘Smile’(deur Nat King Cole) en ek remind myself dit gaan nie oor my nie, maar oor my ma en ander vroue (wat ook so struggle),”voeg Karin by.

Karin was nie net bang oor wat die publiek se reaksie op haar kaalgeskee­rde kop sou wees nie. Sy was ook bang oor wat haar kollegas in die musiekbedr­yf van haar sou dink. En dit was in September verlede jaar by Kuier se tiende verjaardag­konsert waar sy ook opgetree het, dat Karin nóg ’n dapper ding gedoen het toe sy haar pruik in die kleedkamer, wat die kunstenaar­s gedeel het, afgehaal het.

“Ek was bang vir mense se reaksie. Ek het myself laasjaar by Kuier se konsert getoets toe ek my pruik afhaal en vir die meisie gee om dit te style. Daar was ’n stilte (in die kleedkamer) en ek kon die tension voel.

 ??  ?? REGS: Karin betower die gehoor by se verjaardag­konsert verlede jaar.
REGS: Karin betower die gehoor by se verjaardag­konsert verlede jaar.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa