Kuier

Bly dankbaar

-

Maar dit was gou oor.”

Sy beskryf hierdie gevoel as:“Wow, I conquered!”en sê sy het“só empowered gevoel”.

Karin probeer altyd vasklou aan hoekom sy dit doen en vir wie.

Die blydskap en emosies in haar stem sit vlak wanneer sy vertel nadat sy in Februarie haar eerste kaalkopfot­o op Facebook geplaas het, het haar ma kort daarna ook haar hare afgeskeer, ’n foto geneem en dit haar profielfot­o op WhatsApp gemaak.

Dit was vir Karin ’n groot oomblik, want toe het sy besef sy het haar ma geïnspiree­r om hierdie dapper stap te neem. Dit het als die moeite werd gemaak . . .

“Ek is so bly dat my ma hierdie pad saam met my stap. Party mense is so naar met hul lelike comments, maar dan is daar vroue wat vir my dankie sê (omdat hulle ook sukkel met hul hare). Dit is nie ’n maklike proses om jouself lief te hê nie, maar omring jouself met positiewe mense,”sê Karin.

Sy het ook iets te sê vir mense wat ander graag kritiseer:“Niemand is perfek nie. Ek strewe ook nie na perfeksie nie. Die Here het my só geskape. Weet net jy is nie te goed om sleg te wees of te sleg om goed te wees nie. As jy net lelike goed vir ander te sê het, vra die Here om jou te help vrede vind in jouself. Niemand kan só donker wees nie . . .”

Karin gaan egter nie voorgee sy voel elke dag positief nie. Sy sê sy is ook maar net mens en sukkel sommige dae om met al die emosies van haar ongediagno­seerde kondisie te deal.

“Ek het dit (die kondisie) te lank laat aangaan. Dit affekteer my gesondheid. Om nie ’n diagnose te het nie en die onsekerhei­d wat daarmee gepaardgaa­n, is nie lekker nie. Ek het klein kinders en wil weet wat met my gesondheid aangaan,”voeg sy bekommerd by.

Maar net omdat sy met hierdie kondisie saam moet leef en finansieel deur ’n moeilike tyd gaan, gaan Karin nie daarvan weerhou word om dankbaar te wees vir die seëninge wat sy wel het nie.

Karin kan die glimlag nie keer en is kinderlik opgewonde wanneer sy vertel dat sy onlangs haar eerste oorspronkl­ike liedjie“Live out Loud”geskryf en uitgereik het. In haar musiekloop­baan wat oor 15 jaar strek, is dit die eerste keer dat sy so iets gedoen het en sy bedank lockdown hiervoor!

“Lockdown se mooi is dat ek nou dieper in my craft kan delf,”vertel Karin.

Sy sê voorts die inspirasie vir die liedjie spruit uit die vlaag van kinder- en vrouemoord­e waarmee die Kaapse Vlakte veral so geteister word. Sy herroep ’n insident verlede jaar waarin haar oudste seun, Cameron, van die klas af by hul kerk huis toe gestap het. Drie jong mans het hom langs die pad raakgeloop en een van hulle het sy T-hemp opgelig en vir Cameron gewys hy het ’n gun. Een van die mans het vir Cameron gevra wat hy in sy hoodie se sak het waarna Cameron sy Bybel uitgehaal het. Dit was al wat hy op hom gehad het.

“Toe Cameron die Bybel wys, toe los hulle hom uit. Die Here was met my kind daai dag, want net die volgende dag sien ek op Facebook Tazne van Wyk (8) se body is gevind. Ek het gebreek, want dit kon my kind gewees het. Ek het so magteloos gevoel en gedink wat kan ék doen?”

En dis hierna dat Karin met ’n producer wat sy ken begin werk het aan“Live out Loud”, of #LOL, soos sy daarna verwys.

“Dit gaan nie net oor kindermoor­de nie, maar ook oor mans en vroue wat in abusive verhouding­s is; vir mense wat in armoede is en mense wat deur of in Covidsitua­sies is. Musiek is so belangrik in ons samelewing, want dit bring healing,”voeg Karin passievol by.

Haar song praat ook met haar in hierdie moeilike tye wat syself deurmaak, sê Karin. Net soos soveel ander mense daarbuite sukkel Karin om kop bo water te hou – sy moes haar kar al verkoop en haar huur raak agter omdat sy nie kan perform in lockdown nie. Hieroor is sy baie bekommerd,“want as ek die huis verloor, waarheen gaan ek en my kinders? Hul pa is werkloos.”

Dan breek ’n glimlag weer deur wanneer sy dankbaar byvoeg:“Maar ek is geseënd dat daar engele is wat my gehelp het met ’n sent of twee en Angelo help net so baie. Ek is dankbaar vir die Here vir iets soos lockdown wat my remind aan my roots. Ek is nie grootgemaa­k met weelde nie en ek val in hierdie tye terug op wat ek geleer het.”

Karin het al geleer die lewe is nie net maanskyn en rose nie en daar is altyd ’n fight om te fight, soos wat sy nou dié ongediagno­seerde kondisie beveg. En tot sy uitgevind het wat fout is met haar, gaan sy ook dié hoofstuk in haar lewe gebruik om veral vroue te inspireer en te bemagtig.

 ??  ?? REGS: Só lyk Karin met een van haar pruike.
REGS: Só lyk Karin met een van haar pruike.
 ??  ??

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa