Kuier

Groot verlies

-

wanneer jy hulle vir iemand gee nie. Nee, my kind was mal vir mense. Van geboorte af was hy ’n mense-mens.” Sy onthou hoe Kirvan se graad R-onderwyser al daai tyd vir haar gesê het dat haar kind hoogtes in die lewe gaan bereik.“Hy was ’n slim kind, hardwerken­d. Hy moes altyd uitstaan bo die ander, harder werk as die ander. En daai tyd sou ons nooit eens kon raai wat hy in sy lewe sal bereik nie, maar dit is al daai tyd oor sy lewe uitgespree­k. My kind was destined vir greatness.” Charlotte onthou die dag voor haar kind se dood asof dit gister was.“Ek het nog daardie Vrydagaand sy foto’s afgestof en dit in nuwe frames in die voorkamer gesit. Ek was baie trots op my kind en alles wat hy in sy lewe vermag het en ek het altyd seker gemaak dat hy dit weet. Ek het hom ook altyd daaraan herinner dat ek hom onder die bloed van die Here toetrek. Hy was in sy kamer besig en ’n vriend van hom het hom daar kom roep.”

Volgens Charlotte is haar kind toe daar weg.“Ek het nog gesê:‘Wees nou versigtig en loop veilig’, en dit was die laaste wat ek my kind lewend gesien het. Toe ek hom weer sien, was hy dood.”

Omstreeks 12:30 daardie nag het Charlotte ’n oproep ontvang.“Die vriend het my gebel en gesê Kirvan is gesteek en hy het aan sy wonde beswyk. Ek kon dit nie glo nie en het net daar op my knieë geval en gebid. Dit is al wat ek kon doen. My hart is so seer. . .”Charlotte kan die trane nie meer keer nie.

Oor die 14-jarige wat na bewering vir haar kind se dood verantwoor­delik is, het Charlotte die volgende te sê:“Sy het glo ’n week voor sy hom gesteek het, ook moeilikhei­d kom soek en toe kom sy terug en maak my kind seer. Ek is kwaad omdat ek iemand verloor het wat so baie vir my en baie ander beteken het, maar ek kan haar nie op die hart dra nie. Ek kan haar nie haat nie. Waardeur moes daai kind ook nie in die lewe gaan om só iets op 14-jarige ouderdom te doen nie. Dit is dan nog net ’n kind, sy het haar hele lewe voor haar. Ek het haar vergewe en ek bid vir haar. Elke dag.”

Belinda Jackson, die vrou wat Kirvan se talent raakgesien het toe hy nog op laerskool was, sê Suid-Afrika het ’n groot gees verloor. Sy het Kirvan ontmoet toe die Field Band in Macassar begin en hy as jong seun daar kom aansluit het. Hy wou toe die tromme slaan. Sy lag voor sy vertel dat hy nie die tromstokke reg kon vashou nie.

“Daar is toe besluit om hom as een van die voorlopers te gebruik. Dit is dáár waar sy talent raakgesien is,” vertel sy.

Volgens haar het sy elke keer emosioneel geraak wanneer sy Kirvan sien dans het.“Daar was net iets aan hom en die manier hoe hy beweeg het. Hy het jou bekoor en jy kon met elke dansbewegi­ng en passie sien dat hy besig is om ’n storie te vertel. Hy het altyd harder gewerk as die ander kinders. Hy wou meer doen en meer vermag, maar dit is hom nou nie meer beskore nie. Dit is ’n groot verlies vir die kunste, maar sy memory sal vir ewig voortleef in ons harte.”

Een van Kirvan se beste vriende, Tatijana Lopez, sê Kirvan se dood is nie net ’n skok en verlies vir die kunstegeme­enskap nie, maar ’n ook groot een vir die LGBTQI+gemeenskap.“Hy was unapologet­ically homself. En hy het nie geveg vir sy regte nie, hy het geveg vir die regte van soveel ander. Hy was ’n baanbreker en hy het nooit toegelaat dat sy omstandigh­ede of enige iets hom onderkry nie.”

Tatijana vertel Kirvan wou altyd sy skills en passie met ander deel.“Dit is hoekom hy so baie vir ons gemeenskap van Macassar gedoen het. Hy het dansklasse aangebied in die skoolsaal en het kinders aangespoor om beter te wees en beter te doen. Dit is wat dit so hartseer maak – hy het so baie teruggeplo­eg en daar is nie ’n mens wat daarteen kan stry nie.”

Dr. Marlene le Roux, uitvoerend­e hoof van Artscape, sê:“Kirvan was trots oor waar hy vandaan gekom het en het teen alle adversitie­s baklei om sy drome na te streef. Hy het aktief gewerk om die lewens van jong mense in Macassar te verbeter. Hy was ook ’n aktivis teen homofobie. Hy gaan verskrikli­k gemis word en sy heengaan is ’n ware verlies vir die kreatiewe en kunstebedr­yf in Suid-Afrika.”

Maar dis Charlotte, wat met ’n gat in haar moederhart, bedroef dog trots opmerk haar kind het altyd gesê hy gaan haar eendag trots maak en dit het hy beslis gedoen.“Hy het dinge vermag waarvan baie mense net kan droom. Hy het mylpale vir ons as familie behaal en ek sou die oomblikke met daai kind van my vir niks verruil nie. Ek hoor nog partykeer sy stem en daai hoë Engels wat hy gepraat het. Die vermisting is groot en dit is met ’n swaar hart wat ek my kind ter ruste gelê het, maar ter wille van hom, moet ek sterk staan en ook dié storm trotseer . . .”

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa