Kuier

Probleem oral

-

In ’n onlangse toespraak het pres. Cyril Ramaphosa GBV beskryf as Suid-Afrika se tweede pandemie – een wat net so ernstig is as Covid-19.“Oor die laaste paar weke is talle vroue en kinders vermoor. Hul moordenaar­s het gedink hulle kan hulle vir ewig stilmaak. Maar ons sal hulle nie vergeet nie en ons sal vir hulle praat, waar hulle nie meer kan nie,”het hy gesê.

Volgens Ramaphosa kan albei pandemies oorkom word, mits almal saamwerk en mense verantwoor­delikheid neem vir hul eie optrede en as ons vir mekaar omgee. Hy het verder gesê as ’n man is hy in afgryse oor die oorlog teen die vroue en kinders van ons land.

Sy woorde bring egter min troos vir Martin Kortjie, pa van Altecia (27) en oupa van Raynecia (7).

Netwerk24 berig Altecia Kortjie en haar dogter, Raynecia, van Belhar in die Kaap was vir drie dae in Junie vermis voordat hul lyke gevind is. Albei is doodgestee­k en was vermoedeli­k voor hul dood gemartel. Raynecia se pa, Ryan Smith (28), is in verband met die moorde in hegtenis geneem.

Martin en Dorena, Altecia se ouers, is steeds platgeslaa­n, in skok en in hartseer gedompel en die dood van hul kinders voel steeds onwerklik.

“Raynecia was so te sê ons kind. Sy het grootgewor­d hier by ons. Altecia was so ’n goeie, vriendelik­e, stil kind. Niks rondloperi­g of wat nie. Hulle was al twee so vol lewe. Altecia het hard gewerk (by die I&J-visfabriek in Woodstock), getrou elke Sondag kerk toe gegaan en sy was ’n goeie ma vir haar kinders. Almal was so lief vir haar. Sy het baie vriendinne gehad. Sy wou nog so baie goed doen. Ek is juis nou besig om die obituary te skryf, maar ek het nie die woorde nie. Ons het nou nie dié ding verwag nie,”vertel Martin met ’n stem vol trane.

Dorena vertel sy het altyd vir Altecia gewaarsku teen Ryan, want hy was abusive.

“Ek het vir haar gesê:‘Maak oop jou oë. Hierdie is nie ’n man vir jou nie.’As sy maar net gehardloop het . . .”prewel sy mismoedig. Dorena voel Ryan het Altecia se kop deurmekaar gemaak.“Sy het begin om ’n interdik teen hom te kry, maar sy het dit nie voltooi nie, want sy was te bang. Daar lê sy nou vandag onder die grond.”

Dorena se emosies is tans ’n warboel, maar oor een ding is sy seker.“Ek dink nie eens ek sal hom (Ryan) in sy gesig kan kyk nie. Hulle moet hom forever toesluit en die sleutel weggooi, soos hy gedoen het met my kinders.”En nou is die Kortjie-huis stil. Hartseer. Gevul met verlange, trane en verlore drome . . .

Nóg ’n vrouemoord wat die hele land geruk het, was dié van Tshegofats­o Pule (28) van Soweto, Gauteng verlede maand. Sy was agt maande swanger. Haar lyk is gevind waar dit aan ’n boom in Lakeside, Roodepoort gehang het. Sy is ook gesteek. Muzikayise Malephane (31) is in verband met haar moord gearrestee­r. Luidens berigte het die verdagte skuld beken en is die moord glo beplan saam met iemand wat Tshegofats­o geken het. Daar was nóg spekulasie­s op sosiale media dat die man van wie Tshegofats­o swanger was, se vrou agter alles sit, maar die polisie het nie die berigte bevestig nie en gesê die ondersoek duur voort.

In Mosselbaai het die 26-jarige Naledi Phangindaw­o, ’n jong ma, ook verlede maand haar lewe verloor nadat haar eks, Mlondolozi Ntlangulel­a (34), haar met ’n byl aangeval het. Hy het homself later aan die polisie oorhandig.

In nog ’n skokkende voorval het Raphael Martin (53), ’n bestuurder by Stad Kaapstad, in die hof verskyn op aanklagte van verkragtin­g. Hy word daarvan be-skuldig dat hy ’n 13-jarige meisie van 10 af seksueel aanrand, berig The Daily Voice.

In Kimberley is ’n man in hegtenis geneem nadat hy na bewering sy vierjarige seun verkrag het, berig TimesLive.

Daria Williams (28) van Melton Rose in Kaapstad sê die versmorend­e vrees of sy dalk volgende gaan wees om haar lewe weens GBV te verloor, is groter as dié van Covid-19.“Dis verstommen­d dat ons nou nie net teen een pandemie veg nie, maar ook teen een waarteen ons al vir so lank veg – geweld teenoor vroue en kinders.”

Sy sê dit blyk asof die swaarste strop om ’n vrou se nek haar geslag is.“Mens is en voel nêrens veilig nie. Jy staan elke oggend op met die gedagte dat dit jou laaste kan wees omdat ons in ’n wêreld leef wat geen respek het vir vroue nie. Om ’n vrou te wees in ’n land soos Suid-Afrika is soos ’n doodsvonni­s. Hoeveel vroue nóg en wat kan ’n mens nóg doen om jouself te beskerm?”wou sy ontsteld weet.

Dis egter nie net in Suid-Afrika waar geweld teen vroue tydens lockdown as ’n groeiende krisis uitgewys word nie.

In ’n onlangse studie deur die Verenigde Nasies se organisasi­e vir vroue (UN Women) getiteld Covid-19 and Ending Violence Against Women and Girls, is bevind dat 243 miljoen vroue en meisiekind­ers wêreldwyd tussen die ouderdomme van 15 en 49 die afgelope 12 maande ’n slagoffer van seksuele of fisieke geweld aan die hand van hul intieme maat was.

Meer as die helfte van die wêreld was teen April in lockdown. En hierdie studie voorspel dat bogenoemde statistiek­e verder tydens die Covid-19-pandemie sal styg.

In Frankryk byvoorbeel­d het sake van huishoudel­ike geweld met 30% toegeneem sedert dié land se lockdown. Hulplyne in Cyprus en Singapoer het ook toenames in oproepe aangeteken op tussen 30% en 33% onderskeid­elik.

Hierdie syfers is vreesaanja­end, maar nóg meer skokkend is dat minder as

 ??  ?? HOOFFOTO: Die gemeenskap betoog by die hof dat Altecia Kortjie en haar dogter, Raynecia, se vermeende moordenaar nie borgtog kry nie. BO: Altecia se ouers, Martin en Dorena.
HOOFFOTO: Die gemeenskap betoog by die hof dat Altecia Kortjie en haar dogter, Raynecia, se vermeende moordenaar nie borgtog kry nie. BO: Altecia se ouers, Martin en Dorena.

Newspapers in Afrikaans

Newspapers from South Africa